FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Cooler

Steyn du Toit

Regisseur: Wayne Kramer
Spelers: William H Macy — Bernie Lootz
          Alec Baldwin — Shelly Kaplow
         Maria Bello — Natalie Belisario

Bernie Loots is ’n opgefokte mens. Sy kat het weggeloop, sy plante gaan (willekeurig) dood, en die melk is altyd op teen die tyd wat hy dit in sy koffie wil gooi. Al hierdie dinge aanvaar hy skynbaar gelate. As hy enigsins emosies kon ervaar, sou mens dalk kon sê dat hy kronies depressief was. Maar hy is nie. Hy bestáán slegs - nóg lewend, nóg dood. Ek was mal oor hom.

Bernie (Macy) werk vir die Shangri-La, ’n ouskoolse casino — kolossaal en waardig te midde van die plastiekspeelplekke in Las Vegas. Sy werk is om van wenners verloorders te maak — deur hulle te omvou met sy teenwoordigheid. Hy is ’n afkoeler, iemand wat met ’n blote aanraak potensiële geluk uit ’n dobbelaar kan uitsuig en hom binne sekondes in ’n huilende hopie op die vloer kan verander. Sy baas is Shelly Kaplow (Baldwin), die casino se bestuurder en ook verantwoordelik vir die vergruising van Bernie se knie met ’n gholfstok ’n paar jaar vantevore.

Daar is geen afwisseling in Bernie se dae nie — dis slegs die vervlegting van roetine. Hy staan op, hy gaan werk toe. Hy gaan huis toe, hy gaan bed toe. Hy staan op. Wanneer iets buitengewoon wel met hom gebeur, geskied dit volgens ander mense se wil, nie syne nie. Wanneer Natalie (Bello), ’n grondvlak-kelnerin, een aand vir Bernie begin ogies maak, weet ons dus dat dit te goed is om waar te wees. Hoekom presies hy haar vir koffie, en dan na sy woonstel neem, is nie presies seker nie. Om dalk om aan homself, of eerder aan die res van die wêreld, te bevestig dat hy wel nog ’n mens is?

Wat egter ’n poging was om die koeler vir goeie werk te beloon, raak egter blitsvinnig ’n kopseer vir die casino. Want sien — en dit is waar die casino (lees Shelly) sy hand oorspeel het — Bernie en Natalie raak verlief op mekaar. Dit maak Bernie gelukkig. En gelukkige koelers is net eenvoudig nie so effektief soos hulle ongelukkige kollegas nie. Om die waarheid te sê, die resultate wat hulle kan oplewer, mag dalk net die teenoorgestelde wees as waarvoor hulle betaal word.

Daar is baie ander temas ook in hierdie film: veranderende tye en die onvermoë om daarby aan te pas, mislukte loopbane, en afwesige ouerskap wat tot emosionele afpersing lei. Ek het egter gefokus op die tema waarmee ek vertroud is. Soos met die twee hoofkarakters in Monster, raak Bernie en Natalie verlief op mekaar omdat niemand anders ooit sal nie. Hulle is twee erg opgefokte mense. Maar soos ’n goeie vriend altyd vir my sê, dit is net opgefokte mense wat die lewe die moeite werd maak.



LitNet: 17 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.