FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The cider house rules (1999)


Coenraad Walters

Met: Tobey Maguire, Charlize Theron, Michael Caine, Paul Rudd
Draaiboek: John Irving
Regie: Lasse HalstrŲm

Hoe van pas dat John Irving die stasiemeester speel in The cider house rules. As skrywer van die roman waarop die prent gebaseer is, en as Oscar bekroonde draaiboekskrywer, kon hy die lewensreise van die karakters bepaal. Die stasiemeester is ook funksioneel betrokke om hierdie eeue-oue metafoor van selfontdekking, reis, glad te laat verloop.

St Clouds is ’n piepklein stasietjie en die enigste passasiers wat daar afklim, wil die weeshuis daar naby besoek. Gewoonlik om ’n kind te kom kies om aan te neem, maar soms ook om dr Wilbur Larch (Caine) te besoek. Hierdie dokter oortree die wet deur aborsies op aanvraag uit te voer.

Een van die weeskinders, Homer Wells (Maguire), word nooit finaal aangeneem nie, ten spyte van twee pogings. Soos hy ouer word, begin dr Larch hom leer hoe om met die vroue te werk, en op ’n informele wyse word hy ’n uitstekende ginekoloog. (Natuurlik sal geen Amerikaanse instansie hom vir sy ervaring krediteer nie, maar binne die nuwe Suid-Afrikaanse Kwalifikasieraamwerk sal sy indiensopleiding vir hom tel!)

Op ’n dag kry hy die geleentheid om die kinderhuis te verlaat en hy gryp dit met albei hande aan. Dr Larch en die ander kinders is baie ontsteld, maar hulle moet aanvaar dat Homer sy lewe op sy eie manier moet verken en deurreis. Wally (Rudd) en Candy (Theron) wat hom daar wegneem, speel ’n belangrike rol in die ontdekkingstog wat hy onderneem. Op Wally se ouers se plaas val Homer in by die groep migrerende appelplukkers — hulle is baie bewus van die geskiedenis wat gemaak: ’n blanke jongeling wat by die groep swartes woon en leer! Dit is pikante kommentaar op die Amerikaanse samelewing tydens die veertigerjare.

Ten slotte vind Homer sy werklike plek in die lewe. Natuurlik — romans en flieks werk mos maar so!

Homer se reis is nooit ’n neerdrukkende ervaring vir die kyker nie. Die insig waarmee Irving boeiende romans oor honderde bladsye heen opbou, het tog behoue gebly in hierdie verkorting wat wel op eie bene kan staan en deurgaans oortuigend gemotiveerd is. Die belangrikste tema is die manier waarop reŽls gebuig word om mense te pas. Die appelplukkers oortree die een reŽl na die ander in die “cider house” waarin hulle woon, maar nie omdat hulle moedswillig is nie: hulle kan die reŽls gewoon nie lees nie! Homer leer ook dat die waarheidsreŽl dikwels gebuig of geÔgnoreer (moet) word ter wille van mense se gevoelens. En soms moet ’n mens jou eie beginsels kompromitteer om ’n medemens te help.

Die draaiboek word met deernis vertolk deur die regisseur, Lasse HalstrŲm, by ons bekend vir What’s eating Gilbert Grape (1993) en My life as a dog (1985) [asook ABBA: the movie (1977), maar dit verswyg ’n mens liewer]. Hy ontlok warm, menslike vertolkings van die span akteurs. Tobey Maguire raak nou al hoe meer bekend vir die rol van die mooiseun wat dinge so reg doen (vergelyk Pleasantville) en hy pas baie goed in die rol van Homer. Charlize Theron se status in Hollywood is besig om by die dag te styg, lyk dit hier in haar land van herkoms, en gemeet aan hierdie vertoning is dit niks minder as reg nie!

Toe Michael Caine die Oscar as Beste Byspeler ontvang het, het hy daarop gewys dat daar deesdae nie meer gesÍ word: “And the winner is Ö” nie, maar “And the Oscar goes toÖ” Dat so ’n groot man nou so nederig kan wees. Tog voel ’n mens dat nie een van die akteurs die skerm aan die brand speel nie, maar almal (ook die tegniese span) lewer knap werk.

Ander kykers het The cider house rules ervaar as ’n groot tranetrekker — jy kan maar sit en huil oor alles waaroor jy die afgelope maande wou huil, en mense sal dink dis die storie. Ek het dit nie so ervaar nie — daar is genoeg subtiele humor tussen die erns deur om die reis lig en gerieflik te maak vir die kyker. The cider house rules is kwaliteit vermaak vir kykers wat daarvan hou om oor lewensvraagstukkie na te dink, maar nie noodwendig daaroor wil wroeg nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.