FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

City of God (Cidade de Deus)

Andrť Crous
cinephile2@yahoo.com

Hierdie film word op 29 Augustus 2003 vrygestel.

Ek is nie teleurgestel nie. Maande se afwagting en die film stel my nie teleur nie. Met die film se passie en brute krag maak ek onmiddellik die stelling: hierdie is die beste film van die jaar.

Jare lank het ek op Gangs of New York gewag, en Scorsese het teleurgestel met ’n troebelrige storie oor die ontstaan van die Groot Appel. Goeie regie, swak draaiboek. Sedert Gangs het ek gewag op City of God, wat die Amerikaanse filmresensent Roger Ebert (die enigste Amerikaner wie se resensies ek die moeite doen om te lees) se nommer 2-film vir laas jaar was. Albei films gaan oor bendes, albei skilder hul stories met bebloede kwaste, maar wat kwaliteit betref, is hulle ligjare verwyder.

City of God is ’n meesterstuk. Gelyktydig is dit die beste film, regie (gesamentlik behartig deur Fernando Meirelles en Katia Lund), draaiboek, toneelspel en redigering van die jaar. Dit is ook uiters gewelddadig — waarskynlik nie sedert die oor-afsny-toneel in Reservoir Dogs het ons soveel bloed op die skerm gesien nie.

Verskeie resensente vergelyk hierdie film met 2001 se Amores Perros (uit Mexiko), 1990 se GoodFellas (Scorsese se gestileerde bendefilm), en Pulp Fiction. Al drie hierdie films word hoog aangeskryf in filmkringe, weens hul spel met die narratief en veral weens die hoeveelheid bloed wat vloei. City of God oortref al drie in terme van storie, in terme van karakters, in terme van sy sukses om ons by so ’n bloedige storie te betrek, en in terme van sy vermoŽ om ’n film wat bykans heeltemal hand-held afgeneem is, nie soos ’n Dogme-film te laat voel nie.

Die hand-held kamera wys deurentyd dit wat betrekking op die storie het, en daar is nooit leŽ ruimte nie. Ons is volkome betrokke by die storie en daar is nie ’n oomblik vir stilstaan nie.

City of God speel af in Rio de Janeiro, BrasiliŽ, en die titel verwys na die armste gedeelte van die stad, waar diegene woon wat nie meer kan bekostig om in die ander plakkerskampe (favelas) te bly nie.

Die hoofkarakter is Rocket, een van die seuns wat in hierdie favela grootword. Sy ouer broer, Goose, is deel van die berugte Tender Trio-bende, maar diť sÍ vir Rocket dat hy nie dieselfde pad moet kies nie. Een van Rocket se vriende, Lil’ Dice, dink egter dit is vreeslik cool om met gewere rond te speel en wurm homself tot in ’n posisie binne die bende.

Die tyd stap aan en jare later het Lil’ Dice die groot bendeleier Lil’ Zť geword, wat die grootste gedeelte van die favela beheer — soos ’n mafiabaas. Mag en geld is al waaroor hy omgee. Hy maai enigeen af wat nie sy opinies deel nie — ’n Brasiliaanse Mugabe.

Rocket probeer hard om nie by hierdie besigheid betrokke te raak nie, maar geld groei nie op sy rug nie en hy sien dat daar geld is in die verskaffing van dwelms aan sy vriende. Hy wys hulle egter meer as net dwelms, en terwyl hy ’n geheim ronddra, stel hy hulle bloot aan ’n wÍreld waar Lil’ Zť nie in beheer is nie.

Die twee regisseurs wys jou die aksies, laat jou toe om jou eie vreeslike afleidings te maak, en wys jou dan die selfs erger, meer vreesaanjaende werklikheid van die situasie.

Hier word geweld nooit as komedie aangebied nie. Dit onderskei die film dadelik van Tarantino. Die film is in ’n mate verwant aan Scorsese se GoodFellas, met die hoofkarakter se voice-over, die lengte van die verhaaltyd (etlike jare) en die struktuur van die narratief, maar selfs nie eers Scorsese meng bloed en emosie so goed soos hierdie film nie.

’n Gros karakters word binne die twee uur voorgestel en ons leer almal se name, ambisies, drome, vrese en motiverings ken, sonder om stil te staan sodat alles netjies verduidelik kan word. Die draaiboek is ’n volledige kunswerk op sy eie.

In ’n jaar waar slegs Almodůvar sover ’n impak vanuit die buiteland op die filmmark gemaak het, laat hierdie film my weer moed skep.

City of God is ’n tour de force van ’n geniale span filmmakers en akteurs; dit bereik intellektuele hoogtes en emosionele dieptes soos min flieks al ooit reggekry het.

Die beste film van die jaar.

Gebaseer op ’n ware verhaal — bly sit vir die eindkrediete, asseblief.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.