FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Children of the Century / Les Enfants du Siècle

Suzette Kotzé

Frans met Engelse onderskrifte
Regisseur: Diane Kurys
Spelers: Juliette Binoche, Benoit Magimel, Stefano Dionisi

Daar is ’n gesegde wat lui dat daar maar net tien verhale in die wêreld is — al die stories wat vertel word, is slegs variasies op dié tien basiese temas.

As mens The Children of the Century hiervolgens sou ontleed, kan jy sê dat dit die verhaal oor die groot, onsterflike, passievolle liefde is — daardie een wat, so sê party, net een keer in ’n leeftyd kom.

Dié verhaal oor die twee Franse skrywers George Sand (die skrywersnaam van die barones Aurore Dupin) en Alfred de Musset speel af in die vroeë 1800’s. Die Franse Rewolusie is afgeloop, die glorie van die Napoleontiese oorloë is verby. Die tydsgees onder die skrywers en kunstenaars (soos verwoord deur De Musset in die openingstoneel) is een van dekadensie en lewensmoegheid — daar het vir die “kinders van die nuwe eeu” niks oorgebly om te verower of te behaal nie. Die jong mans dra swart klere, sê hy, maar die jong vroue dra wit soos bruide.

Tekenend van die hoop wat deur dié wit klere gesuggereer word, is dat daar ’n nuwe era vir vroue aangebreek het, en daarvan was George Sand ’n voorloper. As skrywer het sy haar onbevrees uitgespreek teen die heersende verhouding tussen man en vrou waar die vrou onderdruk word in die huwelik met beskuldigings van frigiditeit terwyl die man vlugtige seksuele eskapades met prostitute najaag. Haar boeke en uitsprake veroorsaak hewige debatte onder die Paryse hoëlui, net soos haar lewenstyl — sy het haar gewelddadige en dranksugtige man op die platteland agtergelaat en met haar twee jong kinders stad toe gekom waar sy ’n kring boheme om haar vergader het en alle konvensies uitdaag, soos om mansklere te dra en te rook in die openbaar.

In hierdie omstandighede ontmoet sy en De Musset, en hy is die een wat die werklike passie in haar laat ontbrand wat geeneen van haar vele vorige minnaars kon regkry nie. Hy is jonger as sy, baie aantreklik en ’n talentvolle dramaturg en digter, maar hy verkwis sy energie in dobbelspeletjies, fuifpartye en bordele.

Hulle begin saam werk aan ’n toneelstuk wat oorspronklik haar idee was, en dis ook die begin van hulle stormagtige verhouding. Terwyl George ’n harde werker is wat voortdurend onder druk van haar uitgewer is om nuwe werk te lewer, is De Musset onverantwoordelik en sonder fokus, ’n man wat woes rondgeslinger word deur sy botsende gemoedstemminge, wat vererger word deur sy verslawing aan opium — die tipe persoon wat, so vermoed die kyker al van vroeg af, op die rand van ’n afgrond leef en onafwendbaar op ’n vroeë dood afstuur.

Die grootste deel van die film beeld hul gekwelde verhouding uit. Hulle verlaat mekaar telkens, om dan weer te versoen, maar dis ’n geval van “ek kan nie sonder jou wees nie, maar ek kan ook nie by jou wees nie”. Wat uiteindelik bly staan, so sê Sand in die slottoneel, is die wete dat hulle vir mekaar daardie een groot liefde was. (Uit ’n sielkundige oogpunt kan ’n mens bevraagteken hoeveel van dit wat as die veel geroemde “liefde” beskryf word maar net neuroses en projeksies van onvolkome persoonlikhede was, maar dis nou weer ’n heel ander onderwerp.)

Die film is boeiend, hoewel miskien ’n bietjie lank, en Juliette Binoche en Benoit Magimel lewer skitterende vertolkings as die gekwelde en temperamentele kunstenaarsgeeste. Daar is min aktrises wat by Binoche kan kom wat karakterrolle betref, en Magimel is ysingwekkend as ’n man wat op die mespunt van waansin leef (in voorkoms sowel as spel herinner hy verbasend baie aan Sean Penn).

The Children of the Century word spesifiek aanbeveel vir kykers wat belang stel in skrywers en kunstenaarskap, asook hulle wat ’n voorliefde het vir karaktergedrewe films in die stylvolle Franse idioom.

Suzette Kotzé
Vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.