FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Centre Stage

Suzette Kotzť

Regisseur: Nicholas Hytner
Spelers: Amanda Schull, ZoŽ Saldana, Susan May Pratt, Peter Gallagher, Ethan Stiefel, Sascha Radetsky, Ilia Kulik

Die afgelope paar jaar kon fliekkykers hulle verlustig in ’n hele paar goeie dansfilms. Daar was die pragtige Japannese Shall we dance?, Tango deur die gevierde Spaanse regisseur Carlos Saura, Dance with me met Vanessa Williams, Chayanne en Jane Krakowski van Ally McBeal-faam — en moenie die manne van The Full Monty vergeet nie.

VroeŽr was daar Flashdance, Dirty Dancing, Strictly Ballroom en natuurlik Fame, Alan Parker se treffer van 1980. Centre Stage volg basies dieselfde resep as Fame, met ’n paar veranderinge wat tekenend is van die tye (byvoorbeeld, die gay karakter het nie meer ’n wroeging daaroor nie, hy is net eenvoudig wie hy is — onder meer ’n onbeskaamde Oprah aanhanger).

Die fliek open, net soos Fame, met die beste van die beste dansstudente wat oudisies aflÍ by die prestigeryke American Ballet Academy. Jodie Sawyer (Amanda Schull) is die mooi blondine wie se droom dit is om ’n bekende danser te word, en Eva (ZoŽ Saldana) is die swart meisie met die meeste danstalent onder die nuwelinge, maar haar rebelse houding sorg dat sy gedurig in die moeilikheid is by die streng dansmeesters. Hulle is kamermaats, en die groepie word voltooi deur Maureen (Susan May Pratt), die ster onder die finalejaarstudente en reeds vanaf haar negende jaar by die Akademie. Sy is selfgesentreer, uiters ambisieus, die blouoog van die instrukteurs en voorspelbaar ongewild by haar medestudente. Jodie en Eva maak sommer op die eerste dag vriende met die kamermaats Charlie, Sam en Sergei, en die vyf vorm mettertyd ’n hegte groepie.

Die hoof van die Akademie is Jonathan (Peter Gallagher, wat perfek is in die rol van die aantreklike, arrogante oudballetster), en die skandaal op almal se lippe is dat hy die hoof manlike danser se hand in die as geslaan het by die vroulike hoofdanser en toe met haar getrou het. Cooper, die manlike danser, is egter terug van Europa, en Jonathan moet hom verdra, want behalwe dat hy ’n uitstaande danser is, is hy ook ’n baie belowende jong choreograaf.

Die verhaal bou op tot die groot galakonsert aan die einde van die jaar wanneer ’n klassieke ballet deur Jonathan en ’n eksperimentele werk deur Cooper op die planke gebring gaan word. Dis die geleentheid waar al die balletgeselskappe die nuwe talent kom uitkyk, en as ’n danser nŠ daardie aand nie ’n kontrak het nie, kan hy of sy maar vergeet van ’n lewe onder die kolligte. Die mees gesogte posisies is natuurlik diť in Jonathan se eie geselskap — watter ses studente (drie mans, drie meisies) uit al die klasse gaan dit maak?

Natuurlik is daar ook liefdesintriges, met die jong choreograaf wat die mooi blondine raaksien terwyl getroue vriend Charlie ook ’n ogie op haar het, en yskoue Maureen wie se hart verower word deur ’n mediese student, tot misnoeŽ van haar selfs meer ambisieuse ma.

Die gala-aand lewer asemrowende danstonele en ’n hele paar verrassings op, en ja, ons hoofkarakters kry elkeen hul plekkie in die son.

Die film beeld die mededingende wÍreld van professionele dans en die ontsettend hoŽ eise wat dit fisiek en geestelik aan die dansers stel knap en oortuigend uit. Die gewone probleme van die balletwÍreld (dansers wat aan anoreksie en bulimie ly, ouers wat hul kinders dryf om hul eie ambisie te verwesenlik, die opoffering om die hoogste sport te bereik wat geen plek laat vir enigiets anders nie) kom aan die bod, met ’n baie aktuele kwessie wat bygewerk word: die pogings om hierdie sogenaamd elitistiese kunsvorm meer toeganklik vir die massa te maak. Sonder om die klassieke af te skeep (Jonathan se ballet vir die gala-aand is volledig in die klassieke styl) word die nuwe bygewerk: Cooper se nuwe werk is ’n opwindende mengsel van klassiek en kontemporÍr, met ’n groot klap salsa en selfs Michael Jackson daarby.

Centre Stage is geen groot film nie, maar die jong gesigte en lywe is mooi, die toneelspel is bevredigend en die danstonele is puik. So as jy ’n dansliefhebber is, gaan en geniet dit!

  • Suzette Kotzť is ’n vryskut-skrywer, vertaler en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.