FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Capote

Suzette Kotzé-Myburgh

Spelers: Philip Seymour Hoffman, Christine Keener, Clifton Collins, Chris Cooper, Bruce Greenwood
Regisseur: Bennett Miller

Hierdie fliek het my laat dink aan 'n gesprek met Dalene Matthee, wat 'n amateur-handpalmleser was: dat die lyn op die hand wat 'n lewe aandui as 'n dief of skelm, dieselfde lyn is wat 'n lewe as skrywer aandui. Anders gestel: die skelm en die skrywer gebruik dieselfde kreatiewe energie, hulle wend dit net verskillend aan. Capote skakel op 'n besonderse manier met Dalene se staaltjie.

Dié biofilm handel oor die skrywer Truman Capote (1924-1984), wat aan die einde van die film beskryf word as Amerika se beroemdste skrywer (vir my altyd 'n aanvegbare tipe etiket). Met die verskyning van Breakfast at Tiffany's in 1958 was Capote (gespeel deur Philip Seymour Hoffman) reeds gevestig as skrywer, en hy word deur die loop van die film telkens gewys as die middelpunt van 'n literêre kring, holding forth te midde van sy bewonderaars oor een of ander onderwerp.

In November 1959 trek 'n nuusberig oor die moord op vier lede van die Clutters-gesin in 'n boeregemeenskap in Kansas sy aandag. Hy oorreed New Yorker Magazine om hom daarheen te stuur om 'n diepte-artikel te skryf. Capote wil dié tragiese gebeure gebruik om 'n konsep te toets waarmee hy al lank loop: die "non-fiction novel". Hy word vergesel van 'n ou vriendin, die skrywer Nelle Harper Lee (Catherine Keener).

Soos 'n bloedhond begin hy speur om al die moontlike inligting oor die moorde te bekom; leuens en manipulasie is van sy tegnieke. Capote is 'n onwaarskynlike charmeur - nie besonder aantreklik nie, met 'n hoë, temerige manier van praat en allerhande geaffekteerde maniertjies, maar tog is daar iéts aan hom wat mense oorrompel. Totdat hy dit uiteindelik regkry om een van die moordenaars, Perry Smith (Clifton Collins), persoonlik te ontmoet.

Die man trek Truman soos 'n magneet, en soos hy mettertyd Perry se vertroue wen, verkry hy in gesprekke inligting vir sy boek. Truman sorg dat die twee moordenaars ander regsverteenwoordigers kry om uitstel van die voltrekking van hul doodsvonnis te bewerkstellig - omdat hy nog tyd nodig het vir verdere navorsing. Hy bestee vier jaar van sy lewe daaraan, maar Perry weier deurentyd om hom te vertel wat werklik die nag van die moorde gebeur het, en sonder hierdie inligting kan hy nie sy boek voltooi nie.

Die film bou laag vir laag 'n beeld op van Truman as 'n begaafde maar uiters komplekse man. Gevorm deur sy eie kinderjare van swaarkry en verwerping, vind hy in Perry 'n soort alter ego of die verteenwoordiging van sy eie donker kant (die Jungiaanse "shadow"). Soos hy dit aan Harper Lee stel: hy voel dat hy en Perry lank gelede geliefde broers was, en toe het hy by die voordeur uitgestap en Perry by die agterdeur.

Lee, wat in dieselfde tyd roem behaal het met haar Pulitzer-pryswenner To kill a mockingbird, is 'n besonder boeiende figuur in die film: soos sy met haar roman as die gewete van Amerika gefunksioneer het, tree sy regdeur die fliek ook op as Truman ('n nogal ironiese naam binne die konteks) se gewete - sy is die een wat hom telkens wys op sy egosentrisme en die manier waarop hy Perry gebruik vir sy eie doel. Capote se geliefde, die aspirantskrywer Jack Dunphy (Bruce Greenwood), is ook 'n veel meer simpatieke karakter as Capote self.

Sy boek oor die Clutter-moordenaars, In cold blood, bring uiteindelik vir hom ongekende roem (en seker ook aansienlike rykdom), maar tog kon hy nooit ontsnap aan die demone van sy alter ego nie: hy sterf as 60-jarige alkoholverslaafde.

Capote is 'n treffende film, en hierdie aanprysing berus baie sterk op die uitstekende toneelspel van Philip Seymour Hoffman, 'n akteur wat nog nooit opgehou het om my te beïndruk nie sedert ek hom die eerste maal as die verwende skoolseun met die rooiblonde hare in Scent of a woman (1992) gesien het.

Tog vermoed ek dat hierdie fliek in relatief min kykers se smaak en/of belangstellingsveld sal val. Vir enigeen wat te doen het met skryf, skrywers en boeke is dit egter hoog aan te beveel, hierdie verhaal oor die kunstenaar as krimineel.



LitNet: 24 Januarie 2006

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.