FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

O Brother, where art thou?

Suzette Kotzť

Spelers: George Clooney, John Turturro, Tim Blake Nelson, Holly Hunter, John Goodman
Regisseur: Joel Coen
Vervaardiger: Ethan Coen

Die Amerikaners kan hulself gelukkig ag dat hulle die Coen-broers, Joel en Ethan, in hul filmwÍreld het (dit lyk helaas nie of hulle dit waardeer nie, geoordeel aan die inkelte Oscar-benoeming vir die Coens vir beste aangepaste draaiboek).

Aan die ander kant, O Brother, where art thou? is nie hoofstroomvermaak nie, maar dat dit hoogs vermaaklik is, dis vir seker.

Diť quest-verhaal, volgens ’n inskripsie aan die begin gebaseer op die groot Griekse skrywer Homerus se epiese Odusseia, speel af in die 1930’s in Mississippi — Depressietyd. Ulysses Everett McGill (George Clooney) is ’n tronkvoŽl in kettings en moet noodgedwonge saam met die onderskeidelik dom en diffikult Delmar (Tim Blake Nelson) en Pete (John Turturro) ontsnap, want hulle is saam vasgeketting. Diť twee is darem nie ongeneŽ nie, want Everett belowe hulle ’n deel van sy skat wat hulle moet gaan uitgrawe — die rede hoekom hy in die tronk beland het, sien.

Wat volg, is ’n epiese swerftog van langer as ’n jaar waarin hulle allerhande vreemde karakters teŽkom en in allerhande snaakse situasies beland (as jy dieOdusseia ken, sal jy karakters soos die blinde siener Teiresias, die eenoog-sikloop en die verleidelike sirenes herken; indien nie, maak dit glad nie saak nie, jy sal dit net soveel geniet).

En in die wonderlike Coen-tradisie van die absurde is ’n deurlopende draad in diť swerftog Everett se verknogtheid aan sy spesifieke haarjel, Dapper Dan, tog te mooi verpak in ’n rooi blikkie. Jy sal dit nie glo nie, maar Everett se lewe hang omtrent af van sy Dapper Dan (“I’m a Dapper Dan man!” sÍ hy vererg aan ’n winkelier iewers in die boendoe toe diť hom per ongeluk Fop-haarjel aanbied), en die hele verhaal staan, en val uiteindelik, by die Dapper Dan, moontlik ’n tong-in-die-kies-verwysing na hoe ’n ware man van die 1930’s homself gedefinieer het.

So stuk-stuk ontvou Everett se storie: die vrou en ses kinders wat hy by die huis het, en die feit dat sy hom afgeskryf het en op die punt staan om weer te trou (iewers het daar ’n sewende kinnertjie bygekom  Ö); die ware rede waarom hy in die tronk beland het; die hele kwessie van die ontwykende skat. Tussendeur is daar winste en verliese en heelwat pret en plesier op die maat van bluegrass- en countrymusiek. Die verhaal verloop episodies, maar uiteindelik word al die drade tog netjies bymekaargetrek, met die moeiteloosheid wat die merk is van meesters van hul kuns.

Die kinematografie van O Brother, where art thou? is werklik uitsonderlik. Dis plek-plek gestileerd en prentjiemooi, en saam met die outentieke Suide-aksente en tipes dra dit by tot die ouwÍreldse sjarme van die fliek. Maar moenie dink dis alles net onskuldig en naÔef nie — so onder die bedrieglike eenvoud word daar skerp en raak kommentaar gelewer op rasseverhoudinge, godsdiens en veral die jakkalsdraaie waarvoor politici tog so lief is.

Wat die spelers betref: George Clooney is net eenvoudig onvergelyklik as die skerpsinnige Everett met die ydel streep, en John Turturro en Tim Blake Nelson verdien omtrent Oscars daarvoor dat hulle dit kon regkry om deurlopend so agterlik en dom te lyk. Holly Hunter is net reg as die wispelturige Penny wat Everett laat bontspring, terwyl John Goodman as die Bybelverkoopsman Big Dan Teague sorg vir van die beste lagbuie.

Nie dat dit die soort fliek is wat jy skaterend deursit nie. Jou lag is meer ’n verwonderde grinnik oor ’n weird and wonderful tale wat hom voor jou oŽ ontvou, en baie van die snaaksighede tref mens eintlik eers nadat jy die fliek gesien het.

Die Coen-broers het minstens ’n Oscar-benoeming verdien vir die briljante manier waarop hulle ’n stukkie Amerikaanse geskiedenis gaan hervertolk het — as daar maar iewers ’n Suid-Afrikaanse filmmaker is wat dieselfde wil doen! Dink net wat mens nie alles kan maak met boeremusiek, volkspele, koeksisters en Brylcreem nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.