FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Broken Wings (K'Nafayim Shvurot)

Suzette Myburgh

Hebreeus met Engelse onderskrifte
Spelers: Orli Silbersatz-Banai, Maya Maron, Nitai Gaviratz, Vladimir Friedman, Elaina en Daniel Magon
Draaiboek en regie: Nir Bergman
Vertoontyd: Vanaf 20 Augustus.

Dis liefde, so sê die liedjie, wat die aarde laat draai. Maar het jy dit, hetsy in 'n verhouding of 'n gesin, hou jy die mes lemkant vas. Want saam met die liefde kom altyd die moontlikheid van verlies.

Hierdie aangrypende, eintlik hartverskeurende, Israeliese film handel oor verlies. 'n Doodgewone gesin van 'n pa, ma en vier kinders word emosioneel uitmekaargeruk toe die pa onverwags sterf. Terwyl Dafna (Orli Silbersatz-Banai), die ma, drie maande lank in die bed gelê en treur het, het die verantwoordelikheid vir die huishouding, en veral vir die jongste boetie en sussie, hoofsaaklik neergekom op die sewentienjarige Maya (Maya Maron). Die film open met 'n skrynend mooie liedjie wat sy vir haar pa geskryf het en wat sy voorberei om saam met haar groep by 'n buitelugoptrede te sing. 'n Platevervaardiger kom luister; dit kan hulle deurbraak wees. Dan bel haar ma: sy moet vir 'n noodgeval hospitaal toe waar sy as kraamsuster werk en Maya moet na die kleintjies kom omsien. Ten spyte van haar trane en woede moet sy die optrede opoffer.

Maya kry ook geen hulp van Yair (Nitai Gaviratz), haar tweelingbroer, nie. In sý poging om sy pa se dood te verwerk, loop hy in 'n muiskostuum rond en deel traktaatjies uit wat sê dat die mens niks is nie en ons bestaan 'n illusie (en daarom maak die dood nie saak nie). Hy weier om terug te gaan skool toe en verswaar net die las van die reeds oorwerkte Dafna, wat met dubbelskofte alleen die mas probeer opkom as broodwinner.

Maar die noodlot gooi nog 'n wrede draai en toe die moontlikheid van 'n tweede verlies die gesin tref, word dit die katalisator om hulle die verflenterde stukke van hul lewe bymekaar te laat trek. Mettertyd ontstaan spranke van hoop, maar dit strek regisseur Nir Bergman tot eer dat maklike oplossings nie op die verhaal afgedwing word nie. Die karakters moet sélf tot aanvaarding en versoening kom.

Die akteurs lewer een en almal sterk spel, maar dis veral Orli Silbersatz-Banai as die spartelende ma wat 'n mens bybly.

As 'n debuut is hierdie film indrukwekkend, en sy bekronings in Israel en by die Berlynse en Tokiose filmfeeste is geen verrassing nie. Die tema, intrige en karakters word met 'n vaste hand hanteer en die aanslag is onsentimenteel, wat die impak verhoog. 'n Mens is al so gewoond dat Israel uit 'n (omstrede) ideologiese of godsdienstige hoek belig word, maar hier word net die uiters menslike verhaal van 'n sukkelende gesin in 'n oorvol woonstelletjie in Haifa vertel. Dit kan die lot wees van mense enige plek op aarde; dit kan jou eie lot wees - juis daarom dat dit so diep tref.



LitNet: 27 Augustus 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.