FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Bridge (Un pont entre deux rives)

Suzette Kotzé

Frans met Engelse onderskrifte
Regisseur: Gérard Depardieu en Fred Aubertin
Spelers: Gérard Depardieu, Carole Bouquet, Charles Berling

Tradisioneel word ’n brug gesien as iets wat dinge met mekaar verbind, wat dinge bymekaarbring. In hierdie film bring die brug egter skeiding.

Mina (Carole Bouquet) is ’n huisvrou in ’n klein Franse dorpie. Op die oog af is sy en George (Gérard Depardieu) al vyftien jaar lank gelukkig getroud. Die lewe saam met hulle tienerseun Tommy verloop gelykmatig en sonder voorval — tot George se klein bouonderneming vou en hy werkloos is.

Die film open waar Mina en Tommy uit die namiddagfliek kom. Mina loop nie ’n fliek mis nie, maar George deel blykbaar nie haar belangstelling nie. Claire, die ryk vrou van ’n nabygeleë herehuis wat saam met haar dogter Lisbeth kom fliek het, vra Mina of sy vir haar wil kom werk. Mina sê sy moet eers vir George vra, maar dis duidelik dat sy klaar besluit het — sy wíl gaan werk, die eerste aanduiding daarvan dat daar tog by haar ’n rusteloosheid met haar lewe is. Die ander aanduiding is dat sy so dikwels as wat sy kan ontsnap na die dorp se flieksaal waar sy haar inleef in ander, vreemde wêrelde wat ver verwyder is van haar kleindorpse bestaan.

George kry intussen werk by ’n groot brugbouprojek, maar dis so ver van hulle huis af dat hy in die week saam met die ander werkers in barakke moet oorbly en net naweke huis toe kan gaan.

Toe Mina en Tommy die volgende keer gaan fliek, kom sy te lande langs ’n donker vreemdeling. Maar toe albei trane wegvee aan die einde van die film, smee dit ’n band tussen hulle. Die vreemdeling op die dorp is Matthias (Charles Berling), die ingenieur van die brugbouprojek, en hy nooi ma en seun vir ’n drankie by die klub langsaan. Matthias vra Mina om te dans, en dis die begin van die einde van George en Mina se geluk. Mina en Matthias sien mekaar weer by Claire se huis waar hy een van die welgestelde gaste is en sy die aandete bedien, en kort voor lank het hulle ’n vurige verhouding.

Van hier af ontvou die verhaal op dieselfde ingehoue, afgemete manier as wat dit begin het. Tommy, wat van die eerste oomblik af agterdogtig was oor Matthias, weet gou wat aangaan maar hy bly stil — en die kyker sit en wag om te sien wanneer en hoe George gaan uitvind. Wat volg, is die oeroue verhaal van verraad en verlies, en hoe dit elkeen van die betrokke partye raak.

In die filmwêreld is daar niemand wat menslike hartseer so stylvol kan uitbeeld soos die Franse nie, en The Bridge is weer ’n tipiese voorbeeld hiervan. Die konflik in die film wentel om die twee karakters George en Mina. Hy is die pragmatiese harde werker wat net so aards is soos sy groentetuin, wat met dieselfde nugtere maar innige liefde sy vrou en sy tamatieplante vertroetel. Sy is stiller, meer ingetoë, oënskynlik tevrede met haar lewe, maar die ware Mina word eintlik eers sigbaar as sy in die rolprentteater sit of as die dansmusiek aangeskakel word — dan kom ’n ander vrou te voorskyn. Dis twee mense wat stilweg vreemdelinge vir mekaar geword het en wat in werklikheid wêrelde van mekaar verwyder is, tog is die afloop nooit voorspelbaar nie en bly die kyker tot teen die einde onseker oor watter keuse Mina gaan maak.

The Bridge is ’n fyn uitbeelding van die talle nuanses en kompleksiteite van menslike verhoudings, die skrynendheid daarvan (foutloos vertolk deur die verskillende akteurs, veral Bouquet en Depardieu, wat met hierdie film ook sy debuut as regisseur maak). Dis ’n film wat ’n mens bybly, maar nie een wat jou wind uitslaan nie.

  • Suzette Kotzé is ’n vryskut-skrywer en uitgewer

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.