FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

The Blair witch project

Coenraad Walters

Met: Heather Donahue, Joshua Leonard en Michael C. Williams
Regie: Daniel Myrick en Eduardo SŠnchez

Enigiets wat ’n mens sÍ oor The Blair witch project is ’n poging om jou vrees weg te praat. Om hierin te slaag, bespreek jy filmtegniek, intertekste, die feit dat die storie eintlik handel oor hoe ’n mens se verbeelding jou op hol jaag, selfs die gekrediteerde medewerkers. Maar dit doen jy om jou eie vrees weg te steek!

Die verhaal is eenvoudig genoeg, en word eintlik op die rolprentplakkaat opgesom: in Oktober 1994 het drie rolprentstudente ’n naweek in ’n woud in Maryland deurgebring om materiaal te skiet vir ’n dokumentÍr oor die sogenaamde Blair witch, wat volgens oorlewering in die woud gebly het. Heather Donahue was die regisseur en het die span se aktiwiteit met ’n videokamera vasgelÍ vir ’n soort “The making of The Blair witch project”. Josh, die kameraman, en Michael, die klankman, het die naweek in die woud onder haar leiding aangepak. Al drie verdwyn spoorloos.

’n Jaar later word hul rolprentmateriaal (“footage”) gevind. En dŪt is wat aan ons gebied word: hul rolprentmateriaal. Die illusie van werklikheid word versterk met die feit dat dit wat ons op skerm sien, alles deur die drie “akteurs” geskiet word en dat karakters en akteurs dieselfde name het. Uit tydskrifartikels oor die prent weet ’n mens die drie is die woud ingestuur met die nodige toerusting, en ’n basiese buitelyn van die verhaal, en die opdrag dat hulle hul eie situasies moes improviseer. Sekere dinge is deur die regisseurs aan hulle gedoen sonder dat hulle dit vooraf geweet het, soos die geluide in die nag.

Dit alles kan ’n mens weet voor jy die fliek binnegaan. En steeds word jy die skrik op die lyf geja. Nie soveel as prente wat gesofistikeerde kamera- en redigeerwerk gebruik, asook spesiale effekte, klankbaanmusiek en grusame grimering nie. Maar jy is tog beangs weens die uiters oortuigende spel van die “studente”. Dit laat jou dink dat dit maar net hulle verbeelding is wat hulle bang maak, en derhalwe is jy ook net bang weens jou eie verbeelding. Dan besef jy dat daar sekere tasbare voorwerpe in die rolprent opduik op onverklaarbare wyse, dinge wat beslis nie uit enigeen se verbeelding spruit nie.

Jy kan nie mooi seker wees wat die een bloederige ding in die hele prent is nie: die handkamera se beweging sentreer daarop, maar fokus nie mooi nie - die kameravrou het immers haarself pas buite weste geskrik! Nee, die kamerawerk het my nie seesiek gehad nie, want ek het reeds Lars von Trier se Breaking the waves oorleef. Die kamerawerk met die video- en die 16 mm-kamera maak juis die hele situasie meer werklik: die lighartige vakansievideostukkies aan die begin (die sagte malvalekkers; die hare op Michael se bors) gaan stelselmatig oor in skote van mense wat besig is om ineen te stort. Is dit geloofwaardig dat hulle met kameras voor die oŽ rondloop wanneer hulle vir hul lewens vrees? Miskien nie, maar daar word genoeg gemaak van Heather se obsessie om alles op film vas te lÍ om ’n mens minstens amper te oortuig.

Die interaksie van die drie karakters en die manier waarop hulle mekaar se angs versterk is baie geloofwaardig. ’n Mens wonder voortdurend wat jy sou doen onder dieselfde omstandighede. En daar is nie (soos in gewone rillers) kameramanne wat hulle kan help nie: hulle is dan self die kameramanne!

Die ontwikkeling van die verhoudings tussen die karakters (prettige saamwerk; woede weens die verdwalery; die manier waarop hulle beurte maak om sterk en rasioneel te wees sodat een van die ander vir ’n rukkie kan uit-“freak”) herinner aan die Nobel-pryswenner Sir William Golding se roman Lord of the flies, waarin ’n groep seuns tydens ’n oorlog op ’n eiland gestrand word en hulself aan die lewe moet hou. Die spanninge en vindingrykheid stroop die oppervlakte van beskaafdheid af en omvorm die seuns in ritualistiese barbare wat onder meer aan ’n geheimsinnige verskynsel op die eiland (in werklikheid die verrottende lyk van ’n valskermsoldaat wat in die hoŽ bome verstrengel geraak het) magiese eienskappe toedig. (Diť roman is reeds twee maal verfilm.)

Op soortgelyke wyse is dit vir die drie “studente” in die woud moeilik om saam te werk om hul probleem (hulle is verdwaal) op te los. Soos die probleem verdiep (die bedreigende geluide, en Josh se verdwyning) word dit moeiliker vir hulle om rasioneel op te tree en word hulle gereduseer tot wesens wat op instinktiewe vlak reageer op die prikkels van die omgewing. Of soms die gebrek daaraan: die dele wat vanuit die tent afgeneem word wanneer hulle die nagtelike geluide begin hoor, is leŽ swart doeke en dis veel meer angsaanjaend as byvoorbeeld Godzilla se enorme poot wat vertrap en vernietig. Die kyker interpreteer alles net soos die studente: die bedreiging kan bloot die heks wees!

Eindelik het ’n mens ’n idee van hoe Hansie en Grietjie in die woud moes gevoel het. Of is dit moeiliker om kinders so bang te laat word as die veel meer gekompliseerde studente? Nog een van die diepsinnige sielkundige vrae wat deur die prent veroorsaak word en waaraan ’n mens aandag gee om aan jou vrees te ontsnap.

Hierdie bedrieglik eenvoudige rolprent is een van 1999 se topverdieners in die VSA ($140 miljoen!), en een van die rolprente wat die grootste wins getoon het in die geskiedenis omdat die onkoste so laag was. Hiermee moet ’n mens die vervaardigers gelukwens. Daarenteen is dit jammer dat die geloofwaardige werklikheidsillusie ondermyn word deur die geld-uit-klippe-pers-bedryf. Die “companion cd” (daar is geen klankbaan nie!) bevat ook visuele snitte wat nie in die rolprent te sien is nie, en deur die internet is verdere snitte te sien. Die rolprentkoei moet sweetÖ

Dis interessant om The Blair witch project te vergelyk met die beginsels van Dogme 95, die Deense vereniging wat “sekere neigings” in moderne rolprentkuns wil teenwerk. The celebration, ’n Deense prent wat eersdaags begin draai, is die eerste prent wat in Suid-Afrika as ’n Dogme 95-prent bemark word. Daarom die inligting oor Dogme 95 in die jongste uitgawe van Film finesse asook in dagblaaie.

The Blair witch project lyk soos ’n Dogme 95-film, want: dit is verfilm waar die “verhaal” afspeel; geen rekwisiete of verhoogstelle is gebruik nie; klank en beeld is (skynbaar) gesamentlik vasgelÍ; musiek wat nie natuurlik voorkom waar die film geskiet word nie, is nie gebruik nie (waarom erken The Blair witch project dan ’n musiekkonsultant - slegs vir die begin- en slottitels?!?); die kameras is in die hand gehou; die film is (meesal) in kleur en maak nie gebruik van onnatuurlike beligting nie (behalwe die flitse - wat nie so sterk is as diť in The X-files nie!); daar is geen verplasings in tyd en ruimte nie.

Tog word sekere vereistes van Dogme 95 verbreek: ons het te doen met ’n genrefilm, naamlik ’n riller (hoewel die grense daarvan op hoogs oorspronklike wyse versit word); 35 mm-film word nie gebruik nie; die regisseurs word vermeld. (Vreemd dat ’n mens tog die regisseurs van Dogme 95-prente se name oral in reklamemateriaal aantref!)

’n Mens het dus beslis met ’n uiters interessante rolprent te doen in The Blair witch project. Dit is sekerlik nie almal se soort fliek nie: dit maak ’n mens deeglik bang; die kamerawerk is rukkerig en ongewoon; die draaiboek is geÔmproviseerd en daar hang nog baie vrae oor die gebeure in die lug wanneer die prent ophou. Maar vir ernstige fliekvlooie en mense op soek na ’n unieke ervaring is dit iets om nie te mis nie.

As jy nie omgee om bang gemaak te word en uitgevang te word dat jy daaroor rasionaliseer nie, moenie wag vir die video nie: dit sal feitlik alle impak vernietig. Gaan beleef The Blair witch project op die groot skerm.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.