FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The broken hearts club: a romantic comedy (2000)

Coenraad Walters

Met: Timothy Olyphant (Dennis); Zach Braff (Benji); Dean Cain (Cole); Andrew Keegan (Kevin); Nia Long (Leslie); John Mahoney (Jack); Mary McCormack (Anne)
Draaiboek en regie: Greg Berlanti
Verdere vertonings tydens die fees: Maandag 12/2 (22:00); Sondag 18/2 (20:00)

Positiewe uitspraak: ’n Ontspannende stuk spookasem wat ’n mens sommer net kan geniet. Die verhaal draai om ’n groep gay vriende in Los Angeles in hul twintigerjare — om meer hieroor te sê is oorbodig. Die prent is knap gemaak met ’n vlot draaiboek, ’n span goeie spelers en hoë produksiewaardes. Dis interessant om John Mahoney van Frasier-faam in ’n gay rol te sien. Die jong manne is (byna) almal aansienlik en / of oulik: selfs die een met die swak selfbeeld lyk soos die liefdeskind van Tom Hanks en Andrew Shue (hy het darem genoeg selfvertroue om uiteindelik in te stem om sperm te skenk aan sy lesbiese suster en haar vriendin ...). So veilig, dit kan omtrent nie aanstoot gee nie — miskien nie ’n fliek vir jou ouma nie, maar bes moontlik veilig vir jou ma. Die emosies word aan verskillende kante van die spektrum geprikkel, en die gebruik van woordeboekinskrywings laat ’n mens eintlik daarna uitsien dat Berlanti ’n volledige gay woordeboek moet opstel!

Negatiewe uitspraak: In ’n restauranttoneel lys een van die karakters al die gay stereotipes wat in rolprente te sien is en hy wens iemand wil ’n fliek maak oor mense soos hulle. Wel, skattie, word wakker en ruik die gegeurde kerse:

  • ’n ouer wyser gay mentor (en raai wat gebeur met hom?);
  • ’n hartelose hartebreker wie se hart gebreek word;
  • ’n sinikus wat meer soek as oppervlakkige en kortstondige verhoudings;
  • ’n “newbie” — iemand wat pas uit die kas geklim het en beslis gaan seerkry as deel van die leerproses;
  • iemand wat aan sy liefdesneus (oeps... wel) in dwelmmisbruik ingesleep word (en raai wat gebeur met hom?!);
  • die paartjie wat eers agterna besef hoe lief hulle mekaar het;
  • gay terapie in ’n haarsalon (en by ’n terapeut);
  • die nodige kaleidoskopiese ontwikkeling van verhoudings en vriendskappe;
  • moet ek nog voortgaan?!

Slotsom: al verskuif dit geen enkele grens nie, is dit skadeloos. As jy dit nodig het, sal dit heerlik wees. Tot jy uit die fliek uitstap en weer die werklikheid betree. As Victor Malherbe se Blomme vir Leon ooit verfilm word, hoop ek dat die eindproduk minstens tegnies so goed sal wees as dié een.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.