FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Believer

Suzette Kotzé

Spelers: Ryan Gosling, Summer Phoenix, Glenn Fitzgerald, Billy Zane
Regisseur: Henry Bean
Vertoontyd: Vanaf 16 Augustus

Die opkoms van Neo-Nazisme is vir die laaste dekade al ’n bekende én ontstellende verskynsel in Westerse samelewings. The Believer, geïnspireer deur ’n werklike insident, gee fliekkykers die geleentheid om in die donker hart hiervan te sien.

Danny Balint (Ryan Gosling), ’n jong New Yorker van Duitse afkoms, is ’n geharde Jodehater, daarvan getuig sy kaalgeskeerde kop, die reuse swastika op sy T-hemp en die tatoeëermerk op sy bo-arm. Hy en sy vriende patrolleer saans die strate en as hulle nie moeilikheid op die lyf loop nie, sorg hulle dat daar iewers ’n harde bakleiery ontstaan. Hulle verlustig hulle in haatspraak en vuiste wat klap, en of die gebreekte, bebloede ledemate iemand anders s’n of hul eie is, maak nie veel saak nie. Die aanklagkantoor en polisieselle se binnekante ken hulle.

Danny kry die besonderhede van ’n Fascistiese groep op die internet en hulle gaan na een van die byeenkomste in die huis van Curtis Zim (Billy Zane). Danny trek gou die aandag van die vroulike leier, asook dié van haar dogter. Sy welsprekendheid en radikale voorstelle om hoëprofiel-Jode helder oordag op straat te begin vermoor, lei daartoe dat Zim-hulle Danny ’n posisie in die binnekring aanbied. ’n Joernalis wat ook die vergaderings bywoon, konfronteer Danny egter met sy diepste en donkerste geheim: Danny is self ’n Jood. Trouens, hy kan steeds nie ontsnap aan die herinneringe aan die talle argumente wat hy jare gelede in die sinagoge met die rabbi gevoer het toe hy shul bygewoon het nie.

As vonnis na nóg ’n bakleiery moet Danny en sy vriende na Joodse oorlewendes van die Nazi-kampe luister, en een ou man se verhaal bring ’n feitlik onsigbare keerpunt by Danny. Ná hulle ’n bom in ’n sinagoge geplant het en hy een van die boekrolle van die Torah huis toe neem, word die stryd wat hy tot op hierdie punt uiterlik gevoer het, ’n innerlike stryd. Na buite sit hy sy selfopgelegde taak as Jode-vernietiger voort, in sy binnekamer keer hy terug na die Torah — ’n verskeurdheid wat opbou tot ’n verwoestende en tegelykertyd verlossende einde.

Die verhaal wat hom mettertyd ontvou, is dié van die mens se oeroue stryd met God, en van die stryd tussen liefde en haat, en die paradoksale waarheid dat liefde en haat dikwels twee kante van dieselfde munt is. ’n Mens kom geleidelik agter dat Danny se Jodehaat heel letterlik eintlik selfhaat is.

The Believer bied ’n ysingwekkende verkenning van vooroordeel en rassegeweld. Dit maak geen toegewings aan die kyker nie, maar beskik oor ’n interne logika wat net die hoogste lof verdien — dit is dan inderdaad ook bekroon met die Groot Jurieprys by verlede jaar se Sundance-filmfees. Die film word gedra deur die onverbeterlike toneelspel van Ryan Gosling — met sy stereotipe Duitse voorkoms, koue blou oë en dreigende lyftaal ís hy van die eerste toneel af eenvoudig die gewelddadige, gevoellose, haatgevulde skinhead. Dis die tipe vertolking wat ’n mens min sien, in die tipe rol wat jy nog minder sien. Dis ’n dapper regisseur, en ’n uitsonderlike film. Wees daarop voorbereid dat dit in geen opsig ’n maklike fliek is om te kyk nie, maar as nog ’n bydrae tot die groot drama van menswees is dit ’n onontbeerlike film. ’n Moet vir ernstige fliekkykers.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.