FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

In the Bedroom

deur André Crous

cinephile2@yahoo.com

Daar is ’n baie dun storielyn, maar die emosies en dit wat wél en dit wat nié gesê word nie, maak die fliek wat dit is: absoluut briljant. Toe American Beauty twee jaar gelede verskyn het, is dit veral in Amerika — en in Suid-Afrika ook — met lof ontvang omdat dit die gemeenskap toon soos dit werklik is, sonder al die pretensie en skynheiligheid.

Die storie van In the bedroom stel ons voor aan twee karakters, Ruth (Sissy Spacek) en Matt (Tom Wilkinson), die ouers van Frank (Nick Stahl). Frank is verlief op — en sy toekomsplanne kan moontlik belemmer word deur hierdie verhouding met — Natalie (Marisa Tomei), ’n ma van twee jong seuntjies wat besig is om te skei van haar abusive man. Die fliek se skokkende katalitiese gebeurtenis, waarom die hele storie draai, vind reg aan die begin plaas, maar tog bly die ouers stil en dwaal deur woordelose tonele vir ’n beduidende deel daarna. Hierdie dele van die fliek, en die aksies van die twee karakters, is ontstellend en die kyker wil hulle net regskud en vra om tekens van lewe te toon.

Ons ken die cliché van die klank van stilte, en hierdie fliek maak dit die fokus van die huishoudelike smart, sonder om ooit die aandag van die kyker te verloor. Hierdie twee mense leef onder jare se opgestoorde swye, te bang vir mekaar, vir hulself, vir die waarheid, om hul probleme te konfronteer. Albei sien ’n gedeelte van die werklikheid, die waarheid, maar dit vat albei om die volle verhaal te verstaan en vrede daarmee te maak.

Die storie is dus ook grotendeels een wat met die konfrontasie van die verlede te make het. Ons kan nie vorentoe beweeg as ons steeds aan die verlede vasklou nie.

Wanneer die karakters uiteindelik begin optree, en dít begin doen wat hulle wil, en hulle nie meer bang is nie, is al hul optredes steeds geloofwaardig en hulle doen wat hulle self wil hê. Gelukkig is hierdie dinge ook dít wat óns vir hulle wil hê.

Sissy Spacek is wonderlik; haar en Halle Berry (Monster’s Ball) se toneelspel is kop aan kop. Nick Stahl — iemand wat ek nie uit enige vorige fliek onthou nie — kwyt hom ook heel gemaklik van sy taak in ’n rol wat maklik in afgesaagde rebellie kon verval het.

Dit bring my by nog ’n punt.

Die dialoog is geskryf asof ons klaar weet wat volgende gaan gebeur, en ’n karakter (gewoonlik Frank) sê soms iets soos, “Are we really going to have that talk now?” Die film respekteer die kyker en kies gelukkig opwindende, verrassende situasies in plaas van dooie, “realistiese” situasies. Dit is wonderlik om só ’n fliek te sien. Natuurlik is dit ook juis een van die dinge wat net ’n fliek kan doen, en waarom flieks die manier is om ’n storie te vertel.

Die fliek het my só verskriklik aangegryp omdat Ruth en Matt mense is wat ek in my lewe ken. Hulle is weerspieëlings van my werklikheid, en vanuit my subjektiewe oogpunt kan ek nie anders as om die fliek hiervoor te prys nie. Dit is lanklaas dat ’n fliek só ’n indruk op my gemaak het.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.