FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Baran

Suzette Kotzé
verbatim@intekom.co.za

Farsi met Engelse onderskrifte
Spelers: Zahra Bahrami, Hossein Abedini, Mohammad Amir Naji, Abbas Rahimi
Draaiboek en regie: Majid Majidi

Een van die mees besondere films van 1999 was die Irannese Children of Heaven, oor die boetie en sussie wat ’n paar skoene moes deel sodat sy ook kon skool toe gaan. Regisseur Majid Majidi het dit in 2000 opgevolg met Colour of Paradise, die verhaal van ’n blinde seuntjie wat verwerp word deur sy pa en uiteindelik verdrink weens sy pa se nalatigheid - vir my ’n amper onhoudbare hartseer film. Baran, Majidi se nuutste, lê iewers tussen dié twee pole.

Die film speel grootliks op ’n bouperseel in Teheran af, en net soos met Children of Heaven plaas die regisseur die kyker midde-in die lewe van arm werkersklasmense en hul worstelstryd om liggaam en siel aanmekaar te hou. Die bouer, Memar (Mohammad Amir Naji), gebruik onwettig ’n aantal Afgaanse werkers en toe een van hulle sy been breek, stuur hy sy tengerige tienerseun, Rahmat, om sy plek in te neem, want die moederlose gesin van vyf kinders het geen ander inkomste nie. Op die bouperseel kraai Latif (Hossein Abedini), ’n sewentienjarige kapokhaantjie wat die teemaker en algemene bode is, koning. Hy is jonk en heethoofdig en maak moeilikheid net waar hy gaan met sy grappe en poetse op die ander werkers.

Dit word gou duidelik dat Rahmat te swak is om die swaar sakke sement te dra wat sy werk is, en die goedhartige Memar laat hom plekke ruil met Latif. Rahmat se heerlike tee is ’n welkome afwisseling van Latif se “skottelgoedwater”, en sommer gou het die kombuis en die werkers se aansitmiddagete ook ’n gedaanteverwisseling ondergaan. Almal is tevrede, behalwe natuurlik Latif, wat wraak sweer oor hy nou as gevolg van ’n Afgaanse immigrant harde arbeid moet doen.

Hy begin om Rahmat te treiter en die lewe vir hom so onaangenaam moontlik te maak, tot hy eendag tot sy skok uitvind Rahmat is ’n meisie, Baran (Zahra Bahrami)! Toe hy boonop by ’n ander Afgaanse werker, Soltan (Abbas Rahimi), hoor wat Baran se huislike omstandighede is, swaai sy gevoelens om na bewondering en respek. Maar nog voor hy eens met haar kan probeer gesels, word daar weer ’n blitsinspeksie by die bouperseel uitgevoer en al die Afgaanse werkers moet vlug. Latif begin ’n desperate soektog na Baran, maar sy het soos ’n groot speld verdwyn.

Om dié gebeure weef Majidi ’n bittersoet liefdesverhaal waarin ’n onverantwoordelike jongeling vir die eerste keer opoffering leer ken en daardeur geïnisieer word in ’n groter menslikheid. Latif se ontwakende seksuele gevoelens (vergelyk die knap openingstoneel) word op ’n besondere manier getransformeer tot iets groters.

Dit is duidelik dat Majidi met hierdie film ’n belangrike boodskap wou oordra oor die lot van Afgaanse immigrantewerkers, op dieselfde manier wat Bahman Ghobadi, ook ’n Irannese regisseur, die eksploitaise van die Koerde onder die aandag gebring het met A time for drunken horses (1999). Die tradisionele gelukkige einde het Baran dus nie, maar ’n mens voel jy het met dié film ver deur landskappe van die siel gereis, en net ’n ragfyne hunkering bly oor.

Wat opval van Majidi se werk is die outentieke, grinterige atmosfeer en die manier waarop hy sonder sentimentaliteit die menslikheid in selfs die mees deprimerende omstandighede kan ontgin, onder meer met besondere beligting en kamerawerk. Daarin lê die warm hart van sy films, en daardie onnoembare “iets” wat so totaal kortkom by ’n gepoleerde - en uiteindelik onbevredigende - produk soos Whale Rider.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.