FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Baise-moi

+ (2002)

Coenraad Walters

Met: Raffaëla Anderson; Karen Lancaume
Draaiboek: Coralie
Regie: Coralie en Virginie Despentes

Die Frans van die titel het in vroeër eeue “soen my” beteken; tans is dié frase se betekenis ten spyte van herhaalde gebruik steeds ’n taboe in ordentlike geselskap. Hierdie fliek behoort ook te wees.

Dit sou moontlik gewees het, maar danksy koerantberigte weet ons dat die vrystelling daarvan hier te lande veroorsaak is deur ’n misverstand in die Direktoraat vir Publikasies.

Met pornosterre in die hoofrolle is hierdie verhaal, wat iets herinner aan Thelma and Louise, ’n stuk swak smaak waaroor ’n mens maar net jou kop kan skud. Miskien is daar iets meer aan as net ’n grillerige en oppervlakkige verhaal, maar jou afkeer van wat jy sien, verhoed jou om daardie diepte te probeer peil.

Ons het nou al in onlangse prente die manlike roede in vroulike monde gesien (vergelyk Romance en Intimacy); hier sien ons asof tydens ’n biologie-les presies waar die man lateks-blink die vrou penetreer. Dié “ontbloting” word geplaas te midde van ’n verkragtingstoneel wat vroeg in die rolprent plaasvind. Een van die verkragte vroue, Manu (Anderson), pleeg daarna per ongeluk moord en moet vlug.

Sy ontmoet ’n ander vrou, Nadine (Lancaume), wat ook van ’n moord wegvlug, dié enkele keer nie deur haar gepleeg nie. Uit desperaatheid vertrek hulle op ’n reis van moord tot moord met uitvoerige sekstonele tussenin. Wie hulle ontmoet en die lewe behou, moet hom/haar gelukkig ag. Nie alleen seksmaats nie, maar ook onskuldige omstanders moet boet. Die slot is voorspelbaar, maar eerder die “whimper” waarvan TS Eliot in “The hollow men” praat as die “bang” waarmee Thelma and Louise eindig.

Wat ek van Susan Sarandon en Geena Davis se fliek onthou, is dat die twee Amerikaanse vroue op hul omstandighede reageer op ’n buitengewone wyse. Die geweld daarin het logies voortgevloei uit wat met hulle gebeur en het onwrikbaar op die slot afgestuur.

Die twee Franse dollas waarmee ons hier te doen het, kom nou wel uit omstandighede waarin seks koud en harteloos is (Manu tree om den brode in pornoflieks op en Nadine is ’n prostituut op klein skaal), maar hul gewelddadige reaksie op wat met hulle gebeur, kom geensins gemotiveerd voor nie. Die rolprent spring ook maklik van die pornografie van seks na die pornografie van geweld en spaar die kyker eweneens bloedweinig.

Interessante materiaal vir ’n gesprek oor die grense van goeie smaak in films, met enkele ernstige kwessies wat ingegooi word om die pretensie van diepte te skep. Verpligtend? Wel, vir elke diertjie sy plesiertjie, of wat sê ek? Die banaliteit van hierdie reaksie is sekerlik ’n soort selfbeskerming teen die verskrikking van Baise-moi, nie alleen wat inhoud betref nie, maar ook in terme van kwaliteit.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.