FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Auto Focus

Conraad Walters

Met: Greg Kinnear; Willem Dafoe; Ron Leibman; Rita Wilson; Maria Bello.
Draaiboek: Michael Gerbosi, gebaseer op die boek van Robert Graysmith.
Regie: Paul Schrader.

Is Auto Focus werklik deel van ’n nuwe rolprenttendens? Tog seker nie. Miskien is ek om die een of ander rede net sensitief daarvoor op die oomblik, maar ek het die afgelope ruk ’n hele paar flieks gesien wat handel oor mense wat ge-”get” wil word en wat nie deur die samelewing ge-”get” word nie. In The good girl het ’n mens ook die eksplisiete gebruik van dié woord in dié sin, maar ’n mens sou ook Red dragon, One hour photo en Tadpole kon noem. En dit maar net uit die afgelope maand.

Greg Kinnear klim oortuigend uit sy soetseuntjiepakkie en word Bob Crane, ’n televisie-akteur van die sestigerjare, op wie se lewe dié draaiboek gegrond is. Crane was aanvanklik ’n radioster tot hy veel wyer roem verwerf het as hoofkarakter in ’n sitkom wat in ’n Duitse krygsgevangenekamp afgespeel het, Hogan’s Heroes.

Sy nuutgevonde roem en die ander sosiale kringe waarin hy beweeg, bied hom die kans om ’n aspek van sy persoonlikheid vryer uit te leef nadat hy dit tot dusver versigtig moes versteek: hy is naamlik aan seks verslaaf. Sy eerste vrou is bewus van en ongelukkig oor die pornotydskrifte in die garage.

Wanneer hy John Carpenter (Dafoe) ontmoet, ontdek hy nuwe maniere om sy obsessie te laat botvier: video. Hy en Carpenter werf gereeld meisies vir tuisvermaak— én tuisflieks. Wat aan die kykers gewys word, is nogal eksplisiet en gewaagd, maar kykers wat deur Romance, Intimacy en Baise-moi gesit het, sal dit flou vind.

Sy verslawing laat sy lewe stuk-stuk ineenstort: sy huwelik vou, en sy tweede huwelik met ’n medester gee ook later mee, ten spyte van haar begrip en verdraagsaamheid. Sy roem taan en die skinderbrokkies oor hom plaas perke op sy loopbaan. Sy verhouding met sy lanklydende agent Lenny (Leibman) word ook onder groot druk geplaas.

Tog hou hy vol dat hy normaal is. Het hy verdien om vermoor te word in ’n hotelkamer tydens ’n toneeltoer (Scottsdale, Arizona, 1978)? Was die moordenaar Carpenter, soos die fliek suggereer? Dié is in werklikheid vrygespreek— was dit bloot weens die lompe hantering van die saak deur die polisie?

Auto focus werp lig op ’n hele klomp interessante temas, soos die invloed van roem op ’n enkeling, en natuurlik die krag van seksobsessie. In hoe ’n mate was Carpenter ’n oorsaak, of bloot ’n fasiliteerder?

Sowel Kinnear as Dafoe kwyt hulle goed van hul taak om hul karakters oortuigend uit te beeld— selfs al is dit karakters waaraan ’n mens nie werklik met ’n tang wil vat nie. Maar nóg die interessante (en ontstellende) gegewe, nóg die knap spel het verhoed dat dié kyker met ’n mate van onvergenoegdheid uit die teater gestap het. Was dit bloot omdat ek ’n soort standpuntinname gesoek het en dit nie gekry het nie? Dis moeilik om ’n vinger daarop te lê— byna so moeilik as om te besluit of ek dié fliek kan aanbeveel, en indien wel, aan wie. Dié resensie sluit dus ook sonder standpuntinname.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.