FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

American psycho (2000)

Coenraad Walters

Met: Christian Bale, Willem Dafoe, ChloŽ Sevigny, Jared Leto, Reese Witherspoon
Draaiboek en regie: Mary Harron (gebaseer op die roman van Bret Easton Ellis)

Enige kultuur ondersoek sigself op verskillende maniere, onder andere deur die kuns wat geskep word. Hoewel die Amerikaners nie die rolprenttegniek / rolprentkuns uitgevind het nie, het hulle dit tot so ’n hoŽ mate ontwikkel dat dit sekerlik as ’n Amerikaanse kunsvorm beskou sou kon word. Geen wonder nie dat ’n groot aantal rolprente dus ’n kykie bied op die Amerikaanse samelewing nie.

Wanneer ’n mens die woord “American” in die Internet Movie Database se soektuig intik, lewer die soektog die volgende op: 424 rolprente, 79 televisieprente, 13 rolprente gemaak vir video, 44 televisiereekse en 2 videospeletjies met die woord “American” in die titel, of in een van die verwante titels. In die jaar 2000 alleen is daar 14 rolprente met titels gebou op die patroon van “(Die) American [iets]”.

Bekende titels uit die verlede sluit in American beauty, American gigolo en An American tail. En het u geweet dat die befaamde Citizen Kane tydens produksie onder meer as “American” bekend gestaan het?

Ironies genoeg is van die belangrikste onlangse filmondersoeke na die Amerikaanse samelewing deur nie-Amerikaners geregisseer. Die Taiwannees Ang Lee was aan die stuur van The ice storm (1997), die AustraliŽr Peter Weir het die beeld van die samelewing as ’n strooisage in The Truman show (1998) blootgelÍ, en die Britse teaterregisseur het in sy rolprentdebuut American beauty (1999) ondersoek.

American psycho is ook geregisseer deur ’n tipe buitestaander: ’n vrou, Mary Harron, wat in Kanada gebore is. Sy het gedebuteer as skrywer en regisseur van I shot Andy Warhol (1996). In American psycho fokus sy, aan die hand van ’n roman deur Bret Easton Ellis, op die psige van jong Amerikaanse mans wat skynbaar die Amerikaanse droom leef: hulle is nie alleen aantreklik en talentvol nie, maar ook ryk genoeg om te sorg dat hulle hulself fisies in stand hou en hul talente kan benut. Soos in die geval van Ang Lee se genoemde prent, word ’n vorige dekade onder die loep gebring, in hierdie geval die tagtigerjare.

Patrick Bateman (Bale) is een van ’n groep jong, ambisieuse makelaars wat werk vir ’n firma op Wall Street. Die hele groep aan wie ons voorgestel word, is visepresidente, en een belangrike gebied waarop hulle wedywer, is hoe hul visitekaartjies lyk. Natuurlik is hul pakke klere en verloofdes ewe belangrik, terwyl minnaresse die lewe interessant hou.

Patrick begin egter besef dat hy nie uniek is nie, en dit grief hom grensloos, veral omdat hy dikwels as iemand anders aangesien word. Hy probeer sy gesigloosheid omseil deur ’n interessante private lewe te lei. Hy doen al die dinge wat nodig is om sy liggaam in stand te hou: oefen, gebruik skoonheidspreparate, trek perfek aan, maar terwyl hy hiermee besig is, speel pornografiese video’s in die agtergrond. Of hy kyk na gewelddadige rolprente, soos The Texas chain saw massacre: kyk uit vir die huldeblyk aan diť kultusprent! Sy ensiklopediese kennis van die musiek van sy dag suggereer dat hy ’n omvangryke studie daarvan gemaak het, of dat hy die moeite doen om andere se uitsprake daaroor te memoriseer. Die “diepte” van sy musiekkennis weerspreek die oppervlakkigheid van die musiek waaroor hy so breedsprakig hoog opgee.

Ons het al op laerskool ’n Latynse frase as lewensles geleer: Mens sana in corpore sano. Maar Harron en haar span wil skynbaar diť stelling op sy kop omkeer: ’n kennelik gesonde liggaam soos Patrick s’n huisves nie noodwendig ’n gesonde gees nie. Die verhaal speel ’n fyn spel met die grens tussen waarheid en verbeelding, maar of Patrick doen wat hy doen en of hy dit bloot dink, maak weinig verskil. Feit bly, hy dink dit: wilde seks, wilde skietery, (koel)bloedige moord, noem maar op. En steeds maak dit hom nie uniek nie: selfs wanneer hy al sy misdade bely, word hy weer eens as iemand anders aangesien.

Bale speel uitstekend as die versteurde Patrick. Hy slaag daarin om die stygende waansin goed uit te beeld, asook die leegheid wat voortkom uit die katarsis wat op geen manier werklike klassieke katarsis is nie. Die twee vroue in sy lewe, sy verloofde en sy sekretaresse, word onderskeidelik gespeel deur Witherspoon en Sevigny. Witherspoon pas goed in die rol van die ambisieuse samelewingvlinder wat hoog wil vlieg, en Sevigny oortuig as die sensitiewe, onsekere sekretaresse wat nie werklik weet wat sy sÍ of wat vir haar gesÍ word nie (“I don’t want to bruise you” klink hier soos iets wat Hannibal Lecter kon sÍ.) Willem Dafoe met sy klipgesig (sekerlik verhard deur grimering) is ook feitlik ideaal as die polisieman wat Patrick se misdade ondersoek.

Dis nie ’n aangename rolprent nie. Plakkers oor die plakkate waarsku kykers teen eksplisiete seks en geweld, en sensitiewe kykers moet dit maar ter harte neem. Maar dit is ’n interessante gegewe wat tereg deur die Internet Movie Database geskakel word met die verfilming van Robert Louis Stephenson se beroemde Dr Jekyll and Mr Hyde (1931, met Fredric March in die dubbelrol), en wat ook herinneringe oproep aan James Thurber se kortverhaal, “The secret life of Walter Mittie”, in 1947 verfilm met Danny Kaye in die hoofrol. Die aanbieding van die verhaal, naamlik as swart humor met ’n tikkie misterie ingeroer, maak dit verteerbaarder as wat ’n mens vooraf dink. (Met so ’n benadering sou Paul Verhoeven se onlangse Hollow man dalk ’n aangenamer ervaring kon wees!)

As jy van rillers hou en nie omgee om ook ’n bietjie na te dink nie, is American psycho dalk net die fliek vir jou. Maar is dit iets wat ’n mens regtig wil / moet sien? En is dit so stylvol suggestief soos Hitchcock se Psycho? Besluit maar self!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.