FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In America

Steyn du Toit
movies@mfm.sun.ac.za

Spelers:

Paddy Considine - Johnny
Samantha Morton - Sarah
Sara Bolger - ChristyM
Emma Bolger - Ariel
Djimon Hounsou - Mateo

Regisseur:
Jim Sheridan

Die Heelal weet, daar is niks wat my meer aan my gat kan krap as oulike kinders of diere in films nie. ’n Vyfjarige, Ierse dogtertjie met blou oŽ op die plakkaat van In America het my dus nie laat sidder van opgewondenheid nie. Maar toe ek twee ure later by die teater uitsweef, was ek terdeŽ bewus van die feit dat ek iets seminaal in Jim Sheridan se semibiografiese verhaal ervaar het.

Wanneer ’n Ierse gesin na Amerika emigreer, neem hulle baie meer bagasie saam as wat in die kattebak van hulle verslete motor sit. Die ouers, Johnny en Sarah, is ’n bloedjong getroude paartjie wat eintlik self nog hul rigting in die lewe moet vind - terwyl hulle hul drie kinders, Frankie, Christy en Ariel speen. Hulle ondergaan egter ’n blitskursus in realiteit wanneer hul enigste seuntjie, Frankie, sterf. Alhoewel daar nooit in die film ’n werklike rede gegee word vir die gesin se eksodus na Amerika nie, vermoed ons dat dit dalk ’n groot bydrae daartoe kon gelewer het.

Snaaks genoeg is daar van die immigrasieonderwerp bitter min ter sprake in diť film. Die fokus val eerder op die gesin - hulle nuwe blyplek in ’n krotwoonstelblok, armoede, ouerskap en die kinders se grootword in ’n vreemde wÍreld. ’n Ander tema in die film wat beklemtoon moet word, is die gesin se vriendskap met ’n huurder in dieselfde gebou as hulle - Mateo, ’n sterwende kunstenaar uit Afrika, wat sy emosies op wit oppervlakke met bloed en verf uitspat. Net soos sy kuns is hy vol rou, verterende woede - heeltemal toegekluister in sy woonstel, verwyder van die samelewing. Dit is eers wanneer hy een aand sy deur oopruk vir Sarah en Ariel en hulle simbolies by sy woonstel inlaat dat sy siel begin ligter word en sy verslawing aan selfisolasie en -pyniging opgehef word.

Die kinders, vir wie ek so bang was, is essensieel vir die voortbestaan van die gesin. Nie omdat hulle bestaan die ouers fisies besig hou sodat hulle nie aan Frankie hoef te dink nie, maar omdat hulle die grootmense direk inprop by ’n onontbeerlike bron van onvoorwaardelike liefde.

Met nabetragting besef mens dat een van die eenvoudigste tonele in die film ook een van die belangrikstes is. By ’n straatkarnaval raak Ariel verlief op ’n sagte speelding by ’n sideshow. Die vangplek is dat dit gewen moet word deur ’n reeks sagte balle suksesvol deur ’n gat te gooi - en elke keer dat jy misluk, verdubbel die koste. Die eerste paar balle wat Johnny gooi, gly maklik deur, maar dan mis hy die laaste een. ’n Gevaarlike speletjie word dan aan die gang gesit wat deur sy verbete gesig (en hulle huurgeld in die weegskaal) beaam word - hulle gaan nie huis toe voor die laaste bal nie ook deur die gat is nie. Hy wen dit dan uiteindelik en tree as held uit die stryd. Maar was sy motivering ’n liefde vir sy kinders - om alles in sy vermoŽ te doen om hulle gelukkig te sien - of dalk ’n simboliese vrees vir ’n tweede mislukking as ouer?

’n Pluimpie moet gegee word vir Paddy Considene wat die rol van Johnny vertolk. Ons kan sien dat sy karakter die konsepte van liefde, hartseer, woede ens kan begryp, maar fisies blyk hy gestroop te wees van die vermoŽ om uiting daaraan te gee. Of hy dit verloor het deur die dood van sy seuntjie, of dit gedwonge moes afgooi vanweŽ die blote gewig daarvan, is ons nooit heeltemal seker nie. Dit plaas ons gevolglik in ’n baie moeilike situasie, omdat ons dus geen maatstaf het waaraan ons ons toleransie vir hom kan meet nie.

Ter wille van Ariel sit die gesin aan die einde van die film op hul balkon en waai vir Frankie - wat hulle in die wolke kan “sien”. Ons besef dan eers hoe erg laasgenoemde se dood hulle werklik getref het en wat hulle alles in die laaste paar maande moes prysgee. Wanneer die film oomblikke later eindig met ’n digitale kameraskoot van die regte Frankie, voel ons amper skaam oor ons irritasie met party van die karakters vroeŽr in die film. Oplossings wat vir ons so voor die hand liggend was, blyk dan nie meer so eenvoudig te wees nie.

LitNet: 17 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.