FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Amandla! A Revolution in Four Part Harmony (2002)

Suzette Kotzť
verbatim@intekom.co.za


DokumentÍr geregisseer deur Lee Hirsch


Dit lyk na ’n goeie fliekjaar om ons menslikheid in oŽnskou te neem. Daar was al The Pianist oor die gruwels van die Holocaust, Apocalypse Now Redux oor die ViŽtnam-oorlog, Rabbit-proof Fence oor die AustraliŽrs se eiesoortige vorm van apartheid, en nou hierdie dokumentÍr oor die Suid-Afrikaanse bevrydingstryd, oftewel die struggle.

Met die tienjarige viering van ’n demokratiese Suid-Afrika om die draai, is die gevoel van die meeste witmense dat hulle net die verlede wil vergeet. Die WVK is agter die rug, skrywers skryf nie meer oor die apartheidsjare nie, swart politici word geblameer as hulle die ou tamboer bly slaan. Dat dit net die wit deel van ons samelewing is wat so maklik en vinnig kan vergeet, word baie duidelik in een van die treffende tonele in Amandla! ’n Gemeenskapsaamtrek in Soweto word in 2000 gehou, weliswaar vir die skiet van die film, maar desnieteenstaande. ’n Comrade voer ’n nogal takkerige groep aan in sang en slagspreuke, maar een ding is duidelik: oud en jonk ken nog die songs, dit is immers minder as tien jaar gelede nog in die townships gesing.

Dus ’n goeie tyd vir “apartheid revisited”, en die keuse van musiek as invalshoek was ’n briljante idee. Musiek, soos godsdiens en sport (onthou die reddende rugby-WÍreldbeker van 1995?), kan grense in ’n samelewing transendeer. En watter wonderlike musiek hoor die kyker nie! Soos die jazzmeester Abdullah Ibrahim dit stel: “Suid-Afrika is die enigste land in die wÍreld waar ’n revolusie in vierstemmige harmonie voltrek is.”

Dit ontvou voor die kyker se oŽ saam met die hele treurige ou apartheidsgeskiedenis. Dit begin in 1948 met die Nasionale Party se bewindsoorname, gevolg deur die geleidelike infasering van apartheid en die onmenslike “forced removals”. Die 1950’s bring swart opstand teen die paswette en op 21 Maart 1960 volg Sharpeville. ’n Naam wat vir my heeltemal onbekend is, duik telkens op: Vuyisile Mini, die eerste skrywer van struggle-liedere. Sy bekendste is “Voertsek, Verwoerd, die swartman gaan jou kry” en ’n argiefopname wys hoe ’n skare dit lustig sing terwyl Verwoerd glimlaggend hande skud, salig onbewus van die inhoud van dit “wat die swartes so mooi sing” ter ere van sy besoek.

Rivonia en die arrestasie van Nelson Mandela en ander swart leiers in 1964 word gevolg deur ’n tydperk van ysere onderdrukking, maar ’n nuwe geslag stryders staan op: die kinders van 1976 in Soweto en ander townships. In die 1980’s word die struggle militant en ’n nuwe element word by opruiende begrafnisliedere en optogte gevoeg: die toi-toi, oorgeneem van die militÍre opleiding van guerillas in Suid-Afrika se buurlande — nog ’n interessante brokkie geskiedenis vir die wit kyker. Die 1990’s breek aan, Mandela word bevry, dit raak 1994 en die struggle-liedere gaan oor in jubeling.

Musiek is integraal deel van Afrika-mense se lewe op ’n manier wat ek hulle nog altyd van harte beny het. Hierdie film gee ’n besondere kykie in ’n groepgebaseerde kultuur, gestel teenoor die individualistiese Westerse samelewing. Ou opnames wys hoe skares mense telkens byeenkom, verenig in hul stryd. Wat besonder opvallend is, is die ooglopende armoede van mense se kleredrag en woongebiede, sekerlik een van die bitterste — en gevaarlikste — gevolge van apartheid.

Die meeste van die groot name in (swart) Suid-Afrikaanse musiek word in onderhoude gewys: Hugh Masekela (wie se uitvoering van “Stimela” ’n hoogtepunt is), Miriam Makeba, Vusi Mahlasela, Dolly Rathebe, die reeds genoemde Abdullah Ibrahim, Sibongile Khumalo. Ek het net verwysing na Steve Biko en spesifiek Jonas Gwangwa, wat die lieflike klankbaan vir Cry Freedom geskryf het, gemis.

Ek koester nie dikwels grandiose drome nie, maar as ek die diktator van Suid-Afrika was, het ek elke enkele mens gedwing om hierdie film te gaan kyk.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.