FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ali

Andr Crous

cinephile2@yahoo.com

T veel oor t min.

Will Smith vertolk die rol van Cassius Clay aka Muhammad Ali. Gee die feit dat dit oor die lewe van s ’n groot man gaan, die fliek die reg om sommer net op daardie image te speel? Natuurlik nie. Die storie moet vertel word as ’n storie en as ’n fokus op iemand of iets, nie een of ander poging om deur gebeure te vlieg asof hulle van geen belang is en dan onbelangrike dinge op te blaas nie.

Ali is die heelpad een of ander verteenwoordiger: ’n verteenwoordiger vir alle swartes, ’n verteenwoordiger vir alle Moslems, ’n verteenwoordiger vir almal wat veg vir wat reg is, ensovoorts, ensovoorts, ensovoorts. Met ander woorde, Ali word uitgebeeld as iemand van die buitekant af, en selfs dt word nie so goed gedoen nie.

Die hele storie voel soos agtergrond. Die hele fliek voel soos ’n rowwe skets van die tydperk en die mense (Idi Amin, Mobutu Sese Seko, Malcolm X en Martin Luther King Jnr is almal daar), eerder as ’n fokus op Ali self. Terselfdertyd wil ek ook net s dat hierdie “agtergrond” in tientalle stukke opgebreek is, en dat die storie rondspring van die een toneel na die volgende. Die meeste van die tyd weet die kyker glad nie hoe twee karakters (soms twee opponente) ewe skielik mekaar op ’n sekere plek op ’n sekere tyd ontmoet nie.

Die storie is regtig stukkerig, en dit ly ellendig daaronder. Die regisseur, Michael Mann (wat met The insider in 1999 gewys het dat hy kn direct), het hier weer ’n enorme doek waarop hy verf, en die karakters en crowd scenes word wonderlik uitgebeeld. MAAR, hy geniet homself dikwels s baie dat hy vergeet daar is mense wat in ’n teatersaal moet sit en hierna kyk. Sommige van die bokstonele is uitgerek en almal lyk min of meer dieselfde. Raging Bull, die groot boksfliek van 1980 wat b Ali uittroon, het verskillende kamerategnieke en -bewegings vir elke geveg gebruik. S iets sou veel beter gewees het in hierdie fliek, waar musiek s baie gebruik word dat ek op ’n stadium gedink het die karakters gaan begin sing en die straat af dans.

Die fliek het wel sy positiewe punte. Die tyd waarin die film afspeel, word baie gedetailleerd uitgebeeld en ek was daarvan oortuig dat die mense op straat en agter die vensters en in die ander motors nie ekstras nie, maar regte mense van hierdie tyd is. Die hoofrol van Ali, wat sekerlik ’n uitdaging vir enige akteur sou wees — veral die gevegte — word baie professioneel en met baie oortuiging deur Will Smith vertolk. Vir my was die karakter van Ali se tweede vrou, Belinda, gespeel deur Nona Gaye, egter die beste, omdat sy die kyker en Ali se o oopgemaak het en die werklikheid laat sien het.
Michael Mann gebruik weer, soos in The insider, ’n baie ongewone tegniek met die kamera se racking of focus, wanneer die shot soms heeltemal geblur voorkom voordat dit reggestel word. In die outydse Hollywood van die studio-dae is s iets nooit toegelaat nie, maar Mann is dapper om sy flieks anders as die res te laat voorkom.

Ali is ’n sogenaamde antihero. Hy is iemand wat op soek is na iets — die wreldtitel — maar hy word teruggehou deur elemente, waarvan sommige binne-in homself is. ’n Antihero is ’n wonderlike karakter in ’n fliek, en die meeste beste flieks ooit het s iemand in die hoofrol: Citizen Kane, Taxi Driver, Raging Bull. Maar hierdie karakter moet beheer word, en ons moet ingetrek word in sy wreld. Die karakter moenie eenvoudig daar wees — soos wat met hierdie fliek die geval is — en speel op die image wat deur die jare deur die regte Muhammad Ali opgebou is nie.

Die fliek vereis ook van ons om iets te weet oor die tydperk waarin dit afspeel. Een voorbeeld is wanneer ons net eenvoudig ’n man bebloed voor sy hotelkamer sien l. Nrens word verduidelik wie hierdie man is nie. By the way, dit is Martin Luther King Jnr. Nie almal wat die fliek kyk, sal dit weet nie, en sal daarom heeltemal verwar word deur hierdie toneel. Dit dien geen ander doel nie as om te s: “Aha! Ons is nou by hierdie datum.” Wie gee om?

Die film se draaiboek is ’n absolute fiasko. Ali het wel interessante dinge om te s, en maybe he was a poet and he did know it, maar sommige stukke dialoog is net t moeilik om te sluk en daar is geen behoorlike lyn wat die hele spul tonele aanmekaar heg nie. Dis ’n klomp emosies en woorde en houe bymekaar gegooi en rondgeroer met ’n houtlepel. Voil! Die draaiboek.

Gelukkig het die spelers dit reggekry om by die draaiboek verby te kom, en dit is danksy hlle dat die film kykbaar is. Die finale toneel — met sy eie verrassings — is die mees opwindende van die hele film en red dit waarskynlik net-net uit sy stadige, twee en ’n halfuur lange afwaartse kronkelpad.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.