FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Story of an African Farm soms te blatant

Christine van Deemter

Ek moet bieg: ek het nie Olive Schreiner se The Story of an African Farm gelees nie. My kopie se skrif is te klein vir my konsentrasievermoëns. Gelukkig het ’n pommie geld gegee sodat die eerste Suid-Afrikaanse roman verfilm kan word. So ek (en die res van Jo’burg se cheapskates wat weier om R36 vir ’n fliek uit te haal) staan in die ry vir die Europese Unie se gratis filmfees by Cinema Nouveau in Rosebank. Gelukkig kon ek voor by vriende indruk, anders sou ek ook nooit ’n kaartjie gekry het nie.

Mens kan ’n fliek op vele maniere kyk en interpreteer. Jy kan die storielyn, karakterontwikkeling, simboliek en ideologie ontleed. Jy kan na die acting en die tegniese aspekte kyk. Jy kan dit vergelyk met die boek (nie ’n opsie in hierdie geval nie). Of jy kan terugsit en dit geniet. Ek verkies om puntenerig te wees en alle detail uitmekaar te trek. Foute dui vir my op ’n onderskatting van jou kyker se intelligensie.

En foute is daar wel. Meestal kleine irritasies, soos die spelfout in die opening credits. Net soos spietkops kens raak as jy oor ’n rooi lig jaag, haak skrywers uit oor spelfoute. Okei, om in Engels “1870’s” in plaas van “1870s” te skryf, is weliswaar nie grammatiese selfmoord nie, maar dit pis my af. Dis klein, maar sê baie van professionaliteit en afronding. Lisa rol net haar oë toe ek haar stamp en dit uitwys. Fotograwe worry mos net oor die prentjies.

Die storie loop so: Lyndall en Em is wees niggies. Hulle bly by Em se mislike stiefma, tant Sannie, op ’n godsverlate Karoo-plaas. Lyndall is slim en Em is dom. Dinge is redelik cut and dried hier innie Karoo. Tant Sannie mag nie trou tot Em 17 is nie, anders verloor sy die plaas. Sy is oordonnerend en gefrustreerd. Die ou Duitser Otto is ’n loser. Sy slim kind Waldo is vasgevang in ’n bastervel. Op ’n snikhete dag strompel ’n voos Ingelsman daar aan, stel homself voor as Bonaparte Blenkins, en wurm homself in.

The Story of an African Farm is by tye te blatant na my sin. Die klankbaan probeer vir jou die storie voer, soos die komiese sound effects as tant Sannie heel onoortuigend neerdonner. Vir iemand wat nie die storie ken nie (het net vlugtig die blurb beetgekry na die tyd), is die ontknoping van die verhaal en die karakterontwikkeling nogal belangrik. Met Bonaparte (Richard E Grant) se eerste verskyning op die skerm speel eerie musiek wat dit duidelik uitspel dat hy die baddie is. Ek het dit nie geweet nie, en was hoogs de bliksem in dat die punchline daarmee heen is.

Geeneen van die kinders kan toneel speel om hulle lewens te red nie. Dis te geoefen, te vals. Hoeveel jong plaaskinders het perfek-geronde uitspraak, 100 persent van die tyd? En perfekte timing en emphasis? Lyk my die arme goed is te hard gedril, want dis heeltemal onnatuurlik. Die 12-jarige Kasha Kropinski speel Lyndall, en sy’s blykbaar ’n gesoute kinderakteur met rolle op Broadway agter haar (imposante) naam. Mens sal dit nooit sê nie. Sy’s blikkerig, obvious en grensloos irriterend. Terug na my analiteit: hoe kan Lyndall al vir jare op ’n Karoo-plaas rondhardloop, maar ’n spierwit porseleinvelletjie hê? Dit terwyl Bonaparte na ’n paar dae se omswerwinge te voet soos ’n ou stuk biltong lyk?

Daar is wel vele goeie punte ook. Tant Sannie het die fliek vir my gemaak. Karin van der Laag (Maggie van Isidingo) lewer uitmuntende spel, en is ook die trotse eienaar van die Eerste Geloofwaardige Afrikaanse Aksent op die Groot Skerm. (Sy’s ook die eienaar van die enigste paar perfek-geplukte wenkbroue in die 19de eeu, maar dit daar gelaat.)

Richard E Grant is in sy element. Sy Bonaparte is by tye comic relief, en dan weer yskoue, berekende euwel. My tone het gekrul. By tye het ek kliphard gelag (twee dik tannies wat in ’n ysterbed lê en skinner; tant Sannie wat Bonaparte pap voer) en ek wou ook amper ’n traan pik. Die kinematografie is goed, met geen van die Film Studies 101-trieks wat Promised Land so gekelder het nie.

Toe ons uitstap, merk Adriaan Basson droogweg op dat dit Oh Schuks I’m Gatvol ’n run vir sy money sal gee. Dis nou wel nie die beste fliek wat ek in my lewe gesien het nie (come back Dirty Dancing, all’s forgiven!), maar vir ’n gratis movie op ’n Maandagaand is dit nie te bad nie.

Steeds hartseer dat dit nie met Suid-Afrikaanse geld gemaak is nie.



LitNet: 25 Mei 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.