FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Adaptation

Andrť Crous


cinephile2@yahoo.com

Waar begin ek? Hierdie film is ’n waterskeiding. Grense word nie net verskuif nie. Grense word verpletter. Lyne tussen feite en fiksie word geheel en al geÔgnoreer. Die dele van die draaiboek is nie klinies aanmekaar gepas in terme van tema en struktuur en dramatiese boŽ nie.

Hollywood word totaal en al gedekonstrueer in ’n spel waar dit regtig voel asof die draaiboekskrywer nie net die karakters en die wÍreld van sy storie vir ons opdis nie, maar waarlik ook sy idees — vanaf konsepsie, regdeur hul evolusie en aanpassing by die wÍreld rondom hom, tot by die eindproduk.

’n Paar jaar gelede het Being John Malkovich die wÍreld se skerms getref. Dit was ’n film oor die moontlikheid vir enigiemand om vir vyftien minute lank John Malkovich te wees, en het gespeel met die begeerte van baie mense om iemand anders te wees. Die draaiboek van daardie film is geskryf deur Charlie Kauffman, en geregisseer deur Spike Jonze.

Adaptation is nog ’n Kauffman-Jonze-samewerking. Hier is “Charlie Kauffman” die hoofkarakter, wat puik deur Nicholas Cage vertolk word. Charlie Kauffman word geskets as ’n skrywer wat deur niemand (nie eens die akteurs van Being John Malkovich nie, by name John Cusack en Catherine Keener) herken word nie. Charlie word deur sy agent gevra om die boek The Orchid Thief, geskryf deur Susan Orlean, te verwerk na ’n draaiboek.

Charlie het — so het hy al met Malkovich bewys — aweregse idees wanneer dit kom by stories vertel. The Orchid Thief gaan oor ’n man, John Laroche, wat danksy ’n loophole in die wet sy Indiaanse vriende kan gebruik om seldsame orgideŽ uit natuurparke te neem.

Charlie weet nie waar om te begin nie. Die hele roman gaan eintlik meesal net oor orgideŽ, en so ’n storie werk nie in Hollywood-terme nie. Hy lÍ nagte lank wakker en sit ure voor die leŽ bladsy in sy tikmasjien, sonder idees vir iets wat tegelyk kuns sal wees en kommersiŽle potensiaal sal hÍ.

Intussen dink sy werklose, identiese tweelingbroer Donald (ja, ook gespeel deur Nicholas Cage) dat dit lekker sal wees om draaiboeke te begin skryf. Hy gaan na een van daardie driedag-Screenwriting for Dummies-seminare en leer die sogenaamde reŽls by Bob McKee, iemand wat eerder draaiboekwerkswinkels aanbied as om self draaiboeke te skryf.

Donald skryf ’n absoluut banale draaiboek, met car chases, reeksmoordenaars wat ly aan multiple-personality disorders, ens Ö elke clichť in die boek. Natuurlik is Hollywood mal hieroor en bied hom miljoene aan. Charlie se agent raai hom selfs aan om sy broer by die draaiboekproses te betrek.

Intussen ontvou ’n hele aantal stories. Almal deurmekaar: terwyl ons nog besig is met een, verskyn ’n teks wat ons inlig dat dit nou “three years earlier” of “two weeks later” of “ten billion years earlier” is.

Daar is die storie rondom die skrywer van The Orchid Thief, Susan Orlean (gespeel deur Meryl Streep). Sy begin deur ’n artikel vir die New Yorker te skryf oor ’n orgideedief, John Laroche (Chris Cooper), en ontwikkel ’n obsessie met hom. Sy soek jaloers passie in haar lewe. ’n Verhouding ontstaan wat uiteindelik onthul word as iets baie meer onwettigs as blote orgideesmokkelary.

Charlie begin sy draaiboek skryf, maar niks werk nie. Hy dink dat hy beter sal vaar as hy die skrywer, Susan Orlean, ontmoet. Maar hy is te skaam en hier kom niks van nie. Hy ontwikkel ook ’n obsessie met Orlean, en voeg homself skielik by die storie van sy draaiboek.

Lees daardie sin weer. Hy plaas homself in die storie. As die hoofkarakter. Moenie worry nie: hierdie is nie nog ’n film oor iemand met ’n identiteitskrisis nie! Ten spyte van die doelbewuste teenwoordigheid van Charlie se alter ego, Donald. Kauffman meng sy eie idees oor wat gebeur het, en oor die hele proses waarvolgens sy idees ontwikkel.

Die fliek noop ons natuurlik om die vraag te vra na die “waarheid” van Kauffman se werklikheid. Wat het wel en wat het nie gebeur in sy eie lewe nie? Dit is irrelevant en sekondÍr tot ons genot. Een punt: Charlie Kauffman het nie werklik ’n identiese tweelingbroer Donald nie. Hulle is vanjaar egter saam vir ’n Oscar vir beste draaiboek genomineer. DŪs die pret van goeie postmodernisme.

Dink aan die problematiese identiteit van Charlie Kauffman. Daar is die “regte” Charlie Kauffman — die een wat die draaiboek van Adaptation geskryf het en nie ’n broer Donald het nie. Daar is die voorstelling van Charlie Kauffman soos deur Nicholas Cage gespeel; dit is hierdie een wat ’n fantasiewekkende obsessie met Susan Orlean het. Daar is die draaiboek Adaptation, wat gedurende die loop van die film geskryf word, en in daardie draaiboek word ’n derde weergawe van Charlie Kauffman geskep.

Met elke woord wat Charlie Kauffman skryf, verander hy meer aan ons persepsie van wat sy wÍreld behels. Met elke woord wat hy skryf, skep hy nuwe karakters en nuwe situasies in die film se diŽgetiese wÍreld. Daar is sekerlik ’n hele aantal dinge in die fliek wat waar is, maar hulle is so vryelik vermeng met fiksie dat ons nooit die verskil sal agterkom nie.

En as hy die hele draaiboek skryf, skryf hy dan sodoende dan ook sy eie lewe? Ja. Die draaiboekskrywer is God in die wÍreld waaroor hy skryf.

Die twee motorongelukke is die beste wat nog ooit op film vasgelÍ is. Ek het Adaptation twee dae na Frida gesien. Op daardie stadium het ek gedink dat laasgenoemde se trollie-ongeluk goed aangebied is. Maar die ongelukke in hierdie film het eenvoudig net soveel krag — soveel rou brutaliteit — dat ek my respek vir Frida se geforseerde lirisme verloor.

Charlie Kauffman skryf ’n draaiboek soos niemand anders nie. Hy gebruik self die clichťs waarteen hy (eintlik die karakter van “Charlie Kauffman” in die fliek; maar hoe skei ons die twee?) so hard veg, en stel homself bykans buite enige kritiek.

Die dubbelbetekenis wat in die titel opgesluit is, word deeglik deur die fliek ondersoek; dit is een van die beste titels van enige film van die laaste aantal jare.

Buiten in Bringing out the dead het ek Nicholas Cage nog nooit behoorlik sien toneelspeel nie. Hier is hy uitstekend. Meryl Streep ook. Ons het haar nog nooit in hierdie gedaante gesien nie. Sy vertoon ’n hele reeks emosies met die grootste oortuiging. Ek dink byvoorbeeld aan die toneel waar sy op die bed lÍ en met Laroche op die telefoon praat.

Spike Jonze se regie is foutloos; elke toneel het energie en passie. Geen ander film het al ooit nader gekom aan ’n stream of consciousness-voorstelling van sy storie nie. Die storie is maklik om te volg; die konstante flitse tussen hede, verlede en oerverlede borrel met innovasie, en hou ons betower.

Kauffman en Jonze het weer ’n kunswerk geskep, en dit sal my nie verbaas as hierdie die beste komedie van die jaar gaan wees nie.

Hierdie is ’n mind-blowing film wat die wedersydse invloed van twee wÍrelde (een fiktief, een werklik — vir sover laasgenoemde term gebruik mag word) met swierigheid illustreer.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.