FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Far from Heaven

André Crous
cinephile2@yahoo.com

Die storie speel af in 1957. Julianne Moore vertolk die rol van Cathy Whitaker, die vrou van ’n groot besigheidsman op ’n klein dorpie in Connecticut, VSA. Dit kom voor asof sy die perfekte lewe het.

Haar man, Frank (Dennis Quaid), die baas van die maatskappy Magnatech, ondergaan soveel stres soos enigiemand in sy posisie. Hy kan dikwels nie saans by die huis wees nie, maar sy vrou verduur alles met ’n glimlag.

Een aand na werk volg hy twee mans in ’n donker stegie af, tot by ’n deur waar groen lig uitstraal. Binne is daar ’n kroeg, met ’n stuk of 15 mans wat rustig sit en drink en gesels. Frank gaan na die toonbank en bestel iets om te drink. Frank, en ons, kyk nou rond: dit is ’n gay-bar. Frank kom eers laat die aand by die huis aan.

Die volgende dag voer ’n vrouetydskrif ’n onderhoud met Cathy. Sy dien as model vir die res van die dorp, word daar aan haar gesê. Maar die skok is groot wanneer sy waag om met haar swart tuinman te praat asof hy ’n vriend (’n gelyke!) is.

’n Paar aande later betrap Cathy haar man by sy kantoor waar hy en ’n ander man besig is om te soen. Frank breek en sê vir haar dat hy hulp nodig het. Daar volg ’n toneel waar Frank ’n sielkundige raadpleeg en vra om van hierdie “probleem” (dis nou homoseksualiteit) ontslae te raak. Volgens die sielkundige is daar ’n aantal moontlike oplossings, sodat hy ’n “normale lewe” kan lei. Een is skokterapie!

Ek het hierdie toneel regtig snaaks gevind, en so ook ander dele van die fliek. Is dit net, soos my vriend sê, omdat ek in ’n sogenaamde “liberale” vriendekring beweeg? Omdat ek dink dat homofobie en rassisme maniere is waarop bekrompe individue op grond van een of twee onveranderlike verskille hulself op hoogs onsosiale wyse van ander mense distansieer?
Miskien. Die punt is egter dat hierdie fliek — wat weens Hollywood se “morele kode” nooit in 1958 gemaak sou gewees het nie — vandag ’n baie goeie insig gee tot die kleinsielige natuur van mense wat kies om ander te veroordeel op grond van wie of wat hulle is.

Die wêreld rondom Cathy begin in duie stort. Die enigste persoon wat haar verstaan, is die vriendelike jong tuinman, Raymond Deagan (gespeel deur Dennis Haysbert). Maar elke keer veroorsaak ’n gesprek tussen hulle ’n nuwe skokgolf in die gemeenskap. Cathy geniet Raymond se geselskap, en bewonder hom ook, omdat hy byvoorbeeld nie omgee om die enigste swart man tussen ’n klomp wit mense by ’n kunsuitstalling te wees nie. Sy het nog altyd omgegee wat ander mense van haar dink. Maar dit is bevrydend om hierdie konstante vrees te oorkom.

Deur beide die homofobiese en die rassistiese houding van die gemeenskap in die film te probeer bespreek, slaag regisseur Todd Haynes eintlik nie daarin om een van die twee behoorlik te behandel nie.

Cathy is die onbetwisbare middelpunt van die fliek. Sy is die een wat geskok word by Frank se kantoor, sy is die een wat deur ’n besope Frank verneder word, sy is die een wat deur Raymond vertroos word, en sy is die een wat veroordeel word deur die res van die dorp. Die ander karakters het ook waarskynlik hul krisisse — Raymond definitief — maar ons word dit nie gewys nie.

Is dit ’n “woman’s picture”? Ja, want daar is baie moeite gedoen om ons daarvan bewus te maak dat hierdie ’n groot ommeswaai in die huishoudelike lewe van ons vroulike hoofkarakter is. Haar verhouding met haar man, haar vriende en haarself verander. Sy word iemand anders — ’n geëmansipeerde vrou wat haar eie kop volg. Cathy is nie die enigste karakter wat verander nie, maar die kamera volg haar oral waar sy gaan.

Die film is uitermate gestileer. Die klere van Cathy en van haar vriendinne is netjies gekies om soos die 1950’s se modetydskrifte te lyk.

As dit Haynes se bedoeling was om — soos vele ander resensente gemeld het — ’n 1957-melodrama te maak wat voorheen verbode temas aanraak, mag ons die film kritiseer vir sy melodramatiese natuur? Ja en nee. Die film kry reg wat dit probeer regkry. Dit is ’n doelbewuste melodrama wat dieper grawe as die res, maar die aandag is baie meer op die styl as op die inhoud, en die vrae word grotendeels onbeantwoord gelaat. Oor die uiteindelike ervaring sal kykers verdeeld wees.

Die film bespreek twee belangrike kwessies wat ongelukkig nog steeds in 2003 groot spanning in die samelewing veroorsaak. Daar is waarskynlik ’n gebrek aan geloofwaardigheid — uit die bloute duik twee groot sosiale probleme op wat Cathy se lewe ’n U-draai laat maak — maar dit het my nie erg gepla nie. Dis net jammer dat Haynes soms té graag die ongeregtigheid van Cathy se wêreld in ons kele afdruk.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.