FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Goya en Burdeos / Goya in Bordeaux (1999)

Coenraad Walters

Met: Francisco Rabal, Josť Coronado, Daphne FernŠndez, Maribel Verdķ
Draaiboek en regie: Carlos Saura

Indien ’n mens ’n dokumentÍre kyk op die lewe van die beroemde Spaanse skilder Goya soek, moet jy elders gaan soek. Hierdie prent van is nie eens ’n dokudrama of biofliek nie: dis ’n visuele fees, ’n byna surrealistiese filmiese interpretasie van Goya se lewe (1746 — 1828), sy inspirasie en sy demone.

Die bejaarde Goya (Rabal) kyk terug na sy lewe as ’n jonger man (Coronado) toe hy onder meer die Hertogin van Alba (Verdķ) ontmoet, bemin en geskilder het. Deur sy herinneringe, drome en angsaanvalle ervaar ’n mens heelwat van sy belewenisse, asook van sy politieke oortuigings en die wyse waarop dit gebots het met die heersende orde. As ondersteuner van die liberale generaal Riego moes Goya ondergronds gaan en na Frankryk verhuis nadat die koning Ferdinand VII weer volle beheer oor Spanje verkry het. As ou man beleef hy weer ’n kreatiewe fase, bemeester hy die moeilike tegniek van litografie en lewer hy ten slotte nog enkele meesterwerke.

Verskeie filmiese tegnieke word ingespan om insig in die skilder se psige uit te beeld. In een toneel word een van sy skilderye (Die pelgrimstog van Saint Isidore) byna letterlik lewendig: akteurs, gegrimeer om soos figure uit die skildery te lyk, kom na vore en kring om Goya, wat beangs probeer wegkruip. In ’n ander sekwens word die verskrikking van oorlog uitgebeeld, en die kamera beweeg verby ’n tablo van ’n teregstelling wat Goya in een van sy bekendste skilderye, Die derde Mei 1808: die vuurpeleton op Berg Pius, verewig het. Ook die skildery Saturnus verorber sy eie seun kom in ’n belangrike droom voor. Hierdie satire op die toestand in Spanje word natuurlik deur Saura benut in sy kriptiese uitbeelding van die komplekse mens en tydperk waarmee die kyker gekonfronteer word.

Goya en Burdeos is ’n visuele kunswerk wat die kyker se vermoŽ om te interpreteer deeglik uitdaag. Dis nie ’n maklike prent vir massavermaak nie, en kunsonderwysers sal dit net kan gebruik vir uitsonderlik talentvolle leerlinge. Maar dit is oor en oor die moeite werd vir kykers wat daarvan hou om te sien hoe filmmakers met die grense van hul medium speel.

boontoe


NOT FOUND