FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

American beauty

Met: Kevin Spacey, Annette Bening, Thora Birch, Wes Bently, Mena Suvari, Peter Gallagher, Chris Cooper, Allison Janney, Scott Bakula, Sam Robards
Draaiboek: Alan Ball
Regie: Sam Mendes

Soms boul ’n prent hierdie fliekvlooi sů uit dat hy dit ’n tweede maal moet sien om daaroor te kan dink / skryf. American beauty is so ’n fliek. Dit lyk byna na ’n prent wat beplan is as voorgeskrewe materiaal vir ’n kursus in lewenswaardes. Hierdie opmerking klink na ’n belediging, maar wanneer ’n mens agterkom hoeveel nuanses, verhoudinge, kwessies, probleme, pyn en tog ook vreugdes blootgelÍ word in hierdie doodgewone mense se lewens, besef jy hoe genuanseerd Ball se draaiboek is en hoe indringend gekyk word na die komplekse web van mense se lewens.

Die sentrale karakter is Lester Burnham (Kevin Spacey), ’n gewone ou met niks om te verloor nie. Sy lewe het totaal saai geword en hy het dit nie agtergekom nie. Dan sien hy een aand sy dogter Jane (Thora Birch) se vriendin Angela (Mena Suvari) en diť laat ou passies in hom oplewe. Nog ’n skoolmaat van Jane, Ricky Fitts (Wes Bentley), terselfdertyd ook ’n nuwe buurman, tree as tweede katalisator op vir Lester om sy lewe te verander.

Die veranderinge vang sy vrou Carolyn (Annette Bening) onkant. Haar loopbaan as eiendomsagent is nie juis skouspelagtig suksesvol nie, en sy vind ontvlugting daarin om haar roosbome te manikuur met ’n snoeiskÍr en tuinskoene van dieselfde kleur. Lester sien deur sy nuwe oŽ dat sy vreugdeloos en materialisties geword het, terwyl sy die nuwe bevliegings waaraan hy toegee, nie verstaan of goedkeur nie.

Jane is ’n tipiese tiener. Natuurlik is haar verhouding met haar ouers sleg: hulle is te besig, en die wedersydse onbegrip is onoorbrugbaar. Haar pa se hulpelose belustiging met Angela is vir haar ’n intense verleentheid. Jane glo ook (soos alle tieners) dat sy ’n uniek is (daarom werk haar en Angela se vriendskap so lank). Angela werp op haar beurt alles in die stryd om nie ordinÍr te wees nie, en sy draai die meeste mense ’n rat voor die oŽ.

Die tweede belangrike gesin is die nuwe bure. Kolonel Fitts (Cooper) het onlangs afgetree, maar hy regeer sy vrou (Janney) en sy seun (Bentley) met ’n ystervuis. Ricky se dwelmgebruik was vir hom ’n groot krisis en hy probeer nou alles om te sorg dat sy seun skoon bly. Ricky is egter buitengewoon intelligent, kreatief en selfversekerd. Hy speel sy pa soos ’n musiekinstrument, hoewel hy nie altyd die geweld van sy lyf kan weghou nie. Die doodsheid waarmee mevrou Fitts deur die lewe gaan, is angsaanjaend, miskien meer so as enigiets anders in die prent.

Die derde huishouding waarvan daar sprake is, word byna glad nie getoon nie, omdat hulle so kerngesond en dus vervelig voorkom: die stabiele, gelukkige verhouding tussen die twee Jims (Bakula en Robards) wat ook die Burnhams se bure is. Indien hulle rol groter sou wees, sou die draaiboek sekerlik oorlaai gewees het; ’n mens sien net genoeg van hulle om die kontras met die Burnhams en die Fitts op te let.

Die interaksie tussen al hierdie gewone en tog uiters boeiende karakters lei tot ’n verhaal wat ’n mens byna nie by ’n Amerikaanse prent verwag nie: komedie en tragedie word byna naatloos versoen - op ’n wyse wat hierdie fliekvlooi amper gedink het net die Britte kan regkry. (Four weddings and a funeral sou as voorbeeld kon dien).

Bowendien is daar elemente wat ’n mens laat wonder wat die kreatiewe span agter die prent in gedagte gehad het: as eers Ricky Fitts en later Lester Burnham vertel hoe hulle harte amper ingegee het toe hulle agterkom hoeveel skoonheid daar in die wÍreld is, beweeg diť uitsprake op die mesdun grens tussen sentimentele kitsch en snydende satire. Die siniese kyker van vandag wil byna nie glo dat dit so eenvoudig kan wees wanneer hulle sonder kommentaar deur die filmmakers aangehaal word nie - as daardie karakters natuurlik wel opreg is oor hulle waarnemings.

Ricky is veral die karakter wat bewustelik waarneem. Hy beweeg deur die lewe met ’n videokamera voor sy oŽ en vind skoonheid in ongewone situasies. Angela is ontsteld omdat hy haar nie raaksien nie, maar dis Jane wat sy aandag trek. Hulle verhouding spruit uit albei se ongewone uitsig op die lewe.

Lester word eers later tot intense waarneming geskok. Dan begin hy raaksien wat hy werklik uit die lewe wil hÍ, en wat nie werklik belangrik is nie. Sy fantasieŽ, wat hy jare lank onderdruk het, word vrygestel. Nou word hy ook in staat gestel om te sien dat sy mislukte lewe eintlik veel skoonheid bevat. Ook net betyds, wil ’n mens byvoeg!

Tegnies is die prent van ’n hoŽ gehakte. Interessante redigeertegnieke beklemtoon klein beweginkies wat onbelangrik voorkom, maar die gang van die prent bepaal. Die herhaalde roosblaarfantasie met die diep, ryk rooi van die American beauty roos beklemtoon Lester se soeke na skoonheid en sin.

Voorts is die toneelspel uit die boonste rakke. Spacey se vermoŽ om Lester se aanvanklike rusteloosheid uit te beeld, en later die oorgang van hulpelose jagsheid na doelgerigtheid en dan na deernis en tevredenheid oor te dra, is beslis ’n goue beeldjie of twee werd. Bening as die gefrustreerde Carolyn, wat ’n beeld van sukses probeer projekteer ter wille van haar loopbaan, staan skouer aan skouer met Spacey. Dis egter die jong Bentley wat die komplekse Ricky ontstellend tot lewe laat kom. Die ondersteunende akteurs laat hul leiers nie in die steek nie, veral Cooper as die aartsmilitaris, wie se donker geheim, en sy een werklike dapper daad, die finale tragedie van die prent veroorsaak.

Hierdie prent staan en val egter by die intelligente draaiboek. Die subtiele manier waarop dinge teenoor mekaar gestel word, gee struktuur aan ’n prent wat andersins byna maar net ’n familievideo sou kon gewees het. Let op hoe die Fitts-gesin op ’n ry voor die televisie sit, en die Burnhams in ’n driehoek om die etenstafel. Kyk hoe verskil die twee eetkamertonele in die Burnham-huis, die drie tonele waarin Carolyn huil, die twee tonele wanneer Carolyn by die huis terugkom. Kontrasteer Lester se twee poste met mekaar. Die draaiboek is nog lank nie uitgesels nie.

Ek gaan nou ophou. Wanneer ek gaande is oor ’n fliek, praat ek gewoonlik te veel daaroor. Maar dit het u moontlik nou reeds agtergekom.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.