FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

FilmFundi word geborg deur
Cinema Nouveau

Angela’s ashes

Met: Emily Watson; Robert Carlyle; Joe Breen; Ciaran Owens; Michael Legge
Draaiboek: Laura Jones
Regie: Alan Parker

Hierdie fliekvlooi het helaas nog nooit die bladsye van Frank McCourt se trefferboek tussen sy vingers laat deurkriewel nie en kan dus net op die fliek self kommentaar lewer.

Hoewel daar baie elemente in die verhaal is om ’n mens deeglik depressief te maak, is depressie glad nie die oorheersende emosie waarmee ’n mens by die fliek uitstap nie. Al word die McCourts se armoedigheid meedoŽnloos uitgebeeld, red die humor en die strewe na sukses nie alleen die hoofkarakter nie, maar ook die kyker uit neerslagtigheid.

Die hoofkarakter, Frank McCourt, kyk terug op sy jeug. Sy kinderjare was, volgens hom, die mees misrabele soort wat ’n mens kan kry: ’n misrabele Ierse Katolieke kindertyd. Hy was as vyfjarige (Breen) ’n lid van die enigste gesin wat uit Amerika terug is Ierland toe. Bowendien was hy ’n kind in ’n “gemengde” huwelik: sy ma was ’n Limerick Katoliek, sy pa ’n Protestant iewers uit Noord-Ierland. Tog word die kinders uit die huwelik Katoliek grootgemaak, en ’n mens beleef saam met Frankie sy eerste bieg, sy eerste kommunie, en ook die vernedering wanneer die kerk hom nie as altaarknaap wil oorweeg nie. Sy ouers dink dis bloot omdat hulle te arm is. Die kerk speel duidelik ’n groot rol in die gemeenskap se lewe, maar word nie juis as liefdevol en barmhartig uitgebeeld nie. Ook die godsdienstige familie se naasteliefde is maar beperk.

Frank se pa (uitstekend gespeel deur Robert Carlyle van Priest, Trainspotting en The full monty faam) skep ook ’n groot probleem vir die gesin: hy is ’n volslae alkoholis en nie daartoe in staat om ’n werk te kry en te behou nie. Enige geld waarop hy sy hande kan lÍ, word uitgedrink, selfs geld wat die familie stuur om vir ’n nuwe baba se versorging te betaal. Daar is ’n hartverskeurende toneel waarin die tienjarige Frank (Owens) begin verstaan waarom sy ma so beledigend met sy pa praat en haar woorde met begrip eggo. Wanneer die pa Engeland toe gaan tydens die Tweede WÍreldoorlog om in die fabrieke te gaan werk, sien die gesin uit na die geld wat hy huis toe gaan stuur. Behalwe een toesending van drie pond sien hulle egter nooit ’n pennie van die geld nie.

Frank se ma (eweneens deeglik en deernisvol vertolk deur Emily Watson van Breaking the waves) moet planne beraam en gereeld haar trots in die sak steek om die gesin na liggaam en siel te versorg.

Soos Frank ouer word en meer omtrent sy situasie leer, begin hy streef na ontsnapping. ’n Onderwyser met deernis en insig maak sy kop oop. Op ongeveer vyftienjarige leeftyd (nou gespeel deur Legge) begin hy werk en maak soveel geld moontlik bymekaar (nie altyd op eerbare of wettige maniere nie!) om ten slotte weer eens die Amerikaanse Vryheidstandbeeld te kan sien. Hy wil letterlik ’n ander “rigting” inslaan.

Hoewel die aanbieding nie doekies omdraai omtrent die haglike lewe van die gesin nie, dra die deernisvolle momente daartoe by dat ’n mens lief word vir die karakters. Die genot waarmee die sopnatgereŽnde jong Frank en sy broer Malachy mekaar winter na winter natspat in die oorstroomde onderste verdieping van die huis, sal my nog lank bybly.

Dis ontstellend om te dink dat daar vandag nog mense is wat so leef. En as hulle die geld en kans het om te gaan fliek, soos die jonge Frank wat so nou en dan ’n pennie daarvoor kon afknyp (as hy nie kon inglip nie!), sal hulle eerder gaan kyk na Bruce Willis wat die wÍreld red. Hulle sal nie na so ’n onthutsende uitbeelding van armoede wil gaan kyk nie.

Ons stap die aand uit die teater met ’n ontroerde glimlag, op pad hyser toe, kar toe. ’n Vrou vra ons om asseblief op hŪťrdie strook van die kleurryke teŽls van die kooptempel se vloer te loop: sy is met ’n dweil besig om die res te was. Dis halftwaalf in die nag.

(’n Klip in die bos as voetnoot: is verpligte kotstonele nou die nuutste skoktegniek van rolprentmakers? Is ons al so afgestomp vir seks en geweld? Daar is VIER sulke momente in Angela’s ashes, een en almal onoortuigend: wie is nou klaar na een enkele spasma?!? Miskien is ek oorsensitief, maar te erg is te erg.)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.