FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

28 days (2000)

Coenraad Walters

Met: Sandra Bullock, Viggo Mortensen, Dominic West, Steve Buscemi, Marianne Jean-Baptiste
Draaiboek: Susannah Grant
Regie: Betty Thomas

Die teenwoordigheid van Sandra Bullock sal sekerlik skares na hierdie rolprent toe lok. Dit is moontlik wat die vervaardigers hoop, aangesien hierdie ’n preekfliek vir die skares is.

Gwen Cummings (Bullock) het ’n probleem: sy is verslaaf aan alkohol en allerlei pille. Maar sy besef dit nie. Sy daag ’n driekwartier laat op vir haar suster se troue, val die koek plat en verongeluk die limousine in ’n poging om ’n nuwe koek op te spoor. As straf word sy vir 28 dae na ’n uitvarsplaas gestuur: ’n meer aanvaarbare alternatief as tronkstraf.

Aanvanklik wek die plaas se benadering sterk weersin in haar, maar stelselmatig, veral nadat sy finaal besef hoe groot haar probleem is, laat sy haarself deel word van die proses. Die oorsprong van haar probleem word vaardig gesuggereer met terugflitse. Ten slotte word sy sterk genoeg om vrede te maak met haar suster, om te besef haar geliefde Jasper (West) is ’n groot deel van haar probleem en om haar lewe eerlik onder oë te sien.

Aangesien ons hier te doen het met massavermaak, is die prent nie heeltemal wreed eerlik nie. Die onttrekkingsimptome word gesuggereer, maar gaan darem ’n bietjie maklik verby. En diegene in die gehoor wat die “boodskap” benodig (as hulle in die gehoor sou wees en die prent nie heeltemal vermy nie), sal hulself maklik kan afskakel weens die soetlikheid van die groepsgevoel wat gewek word.

Die span akteurs doen hul deel om die versuikerde pil redelik geloofwaardig te maak, en stel ’n bonte verskeidenheid karakters voor wat verenig word deur hul verslawing. Humor en erns word netjies gebalanseer in die draaiboek: nie te veel van een van die twee nie.

Kortom, ’n knap fliek met ’n sterk boodskap wat hopelik baie mense tegelykertyd sal vermaak en opvoed. (En vir fliekgangers wat nie gaan om oor Sandra Bullock te kwyl nie, is daar altyd Viggo Mortensen!)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.