FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

25th Hour

Suzette Kotzé
verbatim@intekom.co.za

Spelers: Edward Norton, Philip Seymour Hoffman, Barry Pepper, Rosario Dawson, Brian Cox, Anna Paquin
Regisseur: Spike Lee


Tussen ’n hele klompie resepmatige flieks van die afgelope tyd staan 25th Hour uit danksy sy ongewone tema en gestroopte aanslag. Regisseur Spike Lee waag met ’n film waarvan die hoofkarakter op die feite geoordeel nie veel simpatiek sal uitlok nie - en slaag skitterend.

Monty Brogan (gespeel deur Edward Norton) is ’n dwelmhandelaar. Sy pragtige woonstel in Manhattan en sy sensuele, heelwat jonger Latyns-Amerikaanse minnares (Rosario Dawson) word onderhou met geld wat, soos sy een vriend dit stel, uit ander se ellende verkry is. Maar in ’n uitbeelding wat nooit veroordeel nie, en een waarin talle kante gestel word, word die kyker betrek by nóg ’n soort lewe, ánder aspekte van menswees.

Die sukses van Lee se film hang in ’n baie groot mate van sy hoofakteur af, en vaalseun Ed Norton, daardie verkleurmannetjie van die silwerdoek wat al ’n reputasie ontwikkel het dat hy ongewone films kies, beïndruk deurgaans. Van die openingstoneel word Monty se karakter stewig gevestig en sien jy ’n roekeloosheid gemeng met ’n soort weerlose menslikheid wat jou regdeur die film bybly. Een dag in sy lewe word uitgebeeld - die dag voordat hy vir sewe jaar tronk toe moet gaan - en die kyker sit vasgenael soos menseverhoudinge én die verlede gedurende hierdie dag ontvou. Jy wonder hoe dit gaan uitspeel, wie die persoon uit sy noue kring vriende en medemisdadigers is wat hom verraai het, en of die straatwyse Monty ’n manier gaan vind om uit sy situasie te ontsnap. Sy vriend Slaughtery (let op die simboliek van dié naam in die klimaktiese bakleitoneel later) stel sy drie opsies: tronk toe en ’n groepsverkragting op die eerste aand, selfmoord, of die stadige dood van oor die grens vlug en alles - sy identiteit, sy verlede, sy vriende, familie en minnares - vir altyd moet prysgee.

Die mense wat Monty omring, word in al hul naakte menslikheid uitgebeeld: dalk nie veroordeelde misdadigers soos hy nie, maar elkeen met hul eie swakhede, vooroordele én hul liefde vir Monty. Daar is sy pa (Brian Cox in ’n sterk vertolking) wat alles in sy vermoë sal doen om sy kind te help, veral aangesien sy eie rekord uit die verlede nie so silwerskoon is nie, en sy vriende Slaughtery (Barry Pepper) en Jacob (Philip Seymour Hoffman) wat elk op hul eie manier slagoffers van hul lewens is. Wat ’n mens die diepste tref, is die duidelike besef dat wat jou lewe raak, onteenseglik ook die mense naaste aan jou raak. Dat die liefde, lojaliteit en gedeelde geskiedenis wat mense met mekaar het ook pyn bring. Hierdie boodskap word brutaal en grafies in jou bewussyn ingemoker in die genoemde bakleitoneel. Dié klimaks som Monty se lewe ontstellend en onvergeetlik op, met ’n soort oerlogika wat jy nie soseer verstaan nie as dat jy dit vóél.

Soos dikwels tevore wil ek Philip Seymour Hoffman se spel uitsonder. Van sy eerste verskyning as die bedorwe rykmanskind in Scent of a woman het hy ’n loopbaan gevestig wat getuig van uitstaande talent. Sy karakter, gespeel met trefsekere tydsberekening tot in die fynste beweging en lyftaal, gee ’n ongewone warmte aan die film. Anna Paquin, as die hardgebakte skoolmeisie teenoor hom, verras ook. Om so ’n onaantreklike, onsimpatieke karakter so oortuigend te speel, sit nie in elke jong Hollywood-aktrise se minirompie nie. Barry Pepper en Rosario Dawson se eweneens goeie spel rond hierdie karaktergedrewe drama af.

Afgesien daarvan dat die film bietjie lank is en dat die Amerikaanse sentimente te oordrewe aangebied word - veral Monty se lang monoloog in die kleedkamer, maar die Ground Zero-toneel is ook taamlik opsetlik - is 25th Hour beslis die kyk werd.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.