FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The princess diaries

Coenraad Walters

Met Julie Andrews, Anne Hathaway, Hector Elizondo, Caroline Goodall, Heather Matarazzo Robert Schwartzmann; Erik von Detten
Draaiboek: Gina Wendkos, gebaseer op Meg Cabot se jeugroman
Regie: Garry Marshall

Analise van die titel

In sekere streke op aarde, veral in die sogenaamde Westerse samelewing, leef ons in ’n tyd waarin die demokrasie en individualiteit tot uiterstes gevoer word. Op alle vlakke van die samelewing word daar op verskillende maniere teen gesag gerebelleer: ons sal ons nie laat sÍ nie! Maar ons het nog nie ons fassinering met adellikheid afgeleef nie. Die Britse vorstehuis verkoop nog stapels Huisgenote en Hello’s, dokumentÍre oor hulle word nog gereeld gemaak, en almal het ’n opinie oor hulle. Hoewel ons van ander vorstehuise min hoor, spits die ore wanneer daar ’n kontroversiŽle huwelik is, of ’n seksskandaal, of so iets. En iets binne ons (stry maar as jy wil!) registreer ’n tikkie romantiek wanneer ons so ’n storie hoor: daardie mense wat beter is as ons oor hulle adellik gebore is Ö Maar almiskie, ons is mos demokrate!

Deesdae is ons om die een of ander rede grensloos nuuskierig oor ander mense se lewens. Moontlik omdat ons verveeld is met ons individualiteit en ons deeglik verskansde privaatheid. Egodokumente (briewe, dagboeke, onderhoude, outobiografieŽ, selfs van onmondige popsterre) is gewilde literatuur. Verder hoef ek net een van die mooiste onlangse nuutskeppings in Afrikaans hier te noem: loerbroer!

Wanneer ’n fliek met ’n titel soos The princess diaries wys, speel dit dus op twee hartsnare van die hedendaagse mens. Wat kry jy nou as jy jou kaartjie gekoop en jou sitplek ingeneem het?

Analise van die verhaal

’n Lomp tienermeisie (Hathaway) woon in San Francisco saam met haar kunstenaar-ma (Goodall). Haar ouers is geskei, en haar pa het uit haar lewe verdwyn. Hy stuur vir haar verjaardaggeskenke, maar van kommunikasie is daar g’n sprake nie. Dus haat sy hom eintlik.

Dan kom die nuus dat hy oorlede is en dat sy ma, haar ouma (Andrews), haar wil spreek. Wat sy egter nie geweet het nie, is dat ouma eintlik koningin van Genovia is, ’n posseŽlrepubliekie in Europa, en met die kroonprins dood, is sy nou kroonprinses. Wat nou gemaak?

Die roman waarop die fliek gebaseer is, is in dagboekvorm gegiet. Haar emosies word dus duidelik daarin vervat - iets wat natuurlik volg wanneer ’n eerstepersoonverteller gebruik word. Wat word nou in die fliek gedoen?

Analise van die rolprent

Tussen die idee en die uitvoering val ’n skaduwee (nie my slimmigheid nie).

Die eerste wat ’n mens op die skerm sien, is die Disney-embleem: die spierwit sprokieskasteel met die boog feetjiestof wat bo-oor strek, terwyl “When you wish upon a star” opklink (onthou julle nog Pinocchio?). Van alle korporatiewe logo’s van filmproduksiehuise is daar bloedweinig wat enigsins beter sou pas by hierdie produk: dis “gebrandmerk” nog voor die eerste raampie vertoon word!

Die draaiboek probeer nie eers om die dagboekformaat te volg nie (anders as die onlangse Bridget Jones’ diary, wat baie goed met diť vorm gewerk het). Dit word dus nog ’n lelike-eendjie-verhaal.

Soms probeer die draaiboek effens diep raak, en word daar interessante situasies opgestel. Hoe beÔnvloed die nuus haar verhouding met haar ma? Met haar vriende? Wat doen dit aan haar liefdeslewe, en haar privaatheid? Ongelukkig word die diepsinnighede vervlak en gekelder deur stereotiepe situasies, gebeure en karakters.

Dis heerlik om Julie Andrews op die skerm te sien. Niemand anders kon hierdie tipiese koningin met soveel grasie gespeel het nie! Geen grensverskuiwende vertolking nie, maar tog ’n genot.

Die jonge Anne Hathaway (met haar histories beduidende naam) skitter in die titelrol - in ag genome al die beperkings wat aan haar gestel word! Sy is ’n wonderlike lelike-eendjie-kloon, en het al die eienskappe om haar die volgende Julia Roberts te maak, soos sy reeds in Hollywood genoem word. Die groot verskil is dat Hathaway werklik mooi is.

Waarmee bly ’n mens dan nou oor? ’n Goeie uitvoering van ’n swak draaiboek; ’n stereotiepe verhaal wat ons onlangs in ander produkte op vergelykbare vlak gesien het (dink maar aan Julia Roberts-flieks soos Pretty woman en selfs My best friend’s wedding, asook iets soos die onuitstaanbare Miss Congeniality met Sandra Bullock as die eend) - die ideale inlÍfliek, dus. Regisseur Garry Marshal is hoeka bekend vir Runaway bride (1999), Pretty woman (1990) en televisiereekse soos Happy days en Murphy Brown.

Maar wie is ek nou om te oordeel? Dalk is hierdie soort romanse en romantiek net waarna jy soek! Dit gaan mos oor ’n prinses, nie waar nie, en nogal een met ’n dagboek!

Ideaal vir eksamenskrywende tieners wat afleiding soek sonder om die brein te wil inspan. En die goeie nuus is: daar is nog twee romans wat op hierdie een volg!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.