FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Pavilion of women (2000)

Coenraad Walters

Met: Willem Dafoe, Yan Luo, Shek Sau, John Cho, Ding Yi, Anita Loo
Draaiboek: Yan Luo en Paul Collins, gebaseer op Pearl S Buck se roman
Regie: Ho Yim

In ons tyd van interkulturele konflik is dit ’n riem onder die hart dat ’n prent soos hierdie ontstaan het deur die samewerking tussen Amerikaanse en Chinese produksiehuise (spesifiek die Beijing Film Studio en die China Film Co-production Corporation). Samewerking is egter nie noodwendig ’n onbedekte seën nie.

Die prent beeld die lewe in China uit in die jaar 1938. Die vrou (Yan Luo) van ’n baie ryk man (Shek Sau), wat hoog geag word in die dorpie waarin hulle woon, vier haar veertigste verjaardag. Sy oortree ’n belangrike sosiale reël deur aan te kondig dat sy vir haar man ’n tweede vrou gaan kies. Tweede vroue (selfs meer!) is nie vreemd in hierdie kultuur nie, maar dis die man se keuse!

Sy druk egter deur en kies die bloedjong Chiuming (Ding Yi), oor wie baie geskinder word: sy is arm en het reusagtige voete. Die arme kind word gedwing in ’n situasie waarin sy nie kan voldoen aan die verwagtinge wat aan haar gestel word nie, en mnr Wu begin om professionele vroue te besoek. Om die gesin se posisie te vererger, raak Chiumng en die oudste seun, Fengmo Wu (John Cho), verlief op mekaar.

Sake word meer kompleks wanneer ’n Amerikaanse priester, vader André (Dafoe), by die weeshuis begin werk. Hy word aangestel as Fengmo se onderwyser, en spoedig is Ailian en Chiuming ook lede van die klas. André se Westerse agtergrond maak hom egter ongeduldig oor sekere Chinese gewoontes en bring hom meermale in konflik met die gemeenskap. Sy en Ailian se gevoelens vir mekaar vergemaklik ook niks.

Fengmo raak stelselmatig meer betrokke by die politieke strominge in China. Die Japannese word ’n bedreiging, aangesien hulle reeds die Chinese provinsie Mantsjoerye binnegeval het, maar mnr Wu en Ailian leef voort asof niks gebeur nie. Wanneer die dorpie uiteindelik aangeval word, verander al die karakters se lewens ingrypend — op voorspelbare en minder voorspelbare maniere.

Hierdie komplekse verhaal van kultuurkonflik, sterk persoonlikhede en verbode liefde word visueel aantreklik vertel en ook baie goed gespeel — onder die omstandighede. Die Amerikaanse element in die samewerking veroorsaak dat die verhaal in Engels verfilm word: ook die Chinese akteurs praat Engels. Dit het ’n valsheid tot gevolg wat baie steurend is. Dis soos om na ’n uitvoering van pragtige koormusiek te luister — net jammer die koor is die hele tyd onder die noot!

Hierdie taalvalsheid en die prentjiemooi einde (wat die Kommunistiese China darem erg verheerlik!) skaad ’n prent wat grotendeels heel verdienstelik is. U as kyker moet maar self die korrels van die kaf gaan sif, en besluit of ons hier te doen het met iets meer as The thorn birds gekruis met Pearl Harbor.

(Die meesleurende musiek van Conrad Pope verdien spesiale vermelding.)

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.