FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

America’s Sweethearts

Suzette Kotz
Spelers: Catherine Zeta Jones, John Cusack, Julia Roberts, Billy Crystal, Hank Azaria, Stanley Tucci, Christopher Walken, Seth Green
Regisseur: Joe Roth
Vertoontyd: Vanaf 26 Oktober


As Hollywood net kon wegkom van hulle alewige formules, sou hierdie komedie sommer ’n ekstra ster bygekry het. Soos met Forget Paris hou komediant Billy Crystal sy lyf mede-vervaardiger/draaiboekskrywer n akteur in hierdie parodie op die Glansstad se filmbedryf.
       In egte Hollywood-styl, hier is die rolverdeling:
       Die akteurs: Megasterre Gwen Harrison (Catherine Zeta Jones) en Eddie Thomas (John Cusack) is “America’s sweethearts”, maar nou het die jmpot gebreek, want Gwen het Eddie gelos vir ’n Spanjaard met ’n onverstaanbare aksent. Die fliekpubliek is geskok en onthuts, Larry King blameer Gwen, die depressiewe Eddie sit in ’n retreat waar ’n Rooihuid-ghoeroe hom moet regruk, en hul laaste film saam loop die gevaar om ’n reuse flop by die loket te wees.
       Die vervaardiger: Dave Kingman (Stanley Tucci), natuurlik Joods, stinkryk, blink geskoen en glad gelek.
       Die regisseur: Die geniale en hoog aangeskrewe Hal Weidmann (Christopher Walken), maar hy’s eienaardig, man. Het die houthutjie gekoop wat die UnaBomber gebruik het en dit voor sy paleis van ’n huis opgeslaan. Daar doen hy die redigering van sy meesterlike films. Maar toe Dave bogenoemde film met Gwen en Eddie in die hoofrolle ontvang, is dit net die titel en die name. Weidmann weier dat enigeen die prent voortydig sien — die eerste vertoning gaan aan die pers wees by die groot mediabekendstellingsweek.
       Die mediaman: die supergladde en lank-in-die-land Lee Phillips (Billy Crystal), wat net laas week deur Dave uitgeskop is. In sy plek is ’n bloedjong jabroertjie (Seth Green) wat nie eens weet watter Hepburn in Breakfast at Tiffany’s gespeel het nie. In elk geval, die enigste man wat nou Dave se bas kan red, is Lee.
       Die strategie: 1) Rel die mediabekendstelling by ’n afgele hotel iewers in die woestyn sodat die joernaliste nie kan ontsnap as hulle besef daar’s nie ’n film om te kyk nie. 2) Kry Gwen en Eddie weer bymekaar om die pers iets te gee om hulle mee besig te hou.
       Die probleem: Nadat Eddie vir Gwen en haar nuwe minnaar, Hector (Hank Azaria), met ’n motorfiets probeer platry het, is Gwen en Eddie nie op goeie voet nie. Soos in ab-so-luut nie.
       Die oplossing: Kry Gwen se assistent, haar muiserige suster Kiki (Julia Roberts), om Gwen te oorreed. Kiki s nie nee nie, want sy was nog altyd doodverlief op Eddie 
       Nou ja, die fliek het sy swakker en beter oomblikke. By eersgenoemde lys ek houterige toneelspel, veral aan die begin tussen Dave en Lee, en geykte dialoog. By laasgenoemde staan Lee se onderonsies met Gwen se opvreethond-op-Prozac uit. Ook Hector se pogings om almal te oortuig sy jy-weet-wat is GROOT genoeg (kyk uit vir die lipstiffie-toneel).
       Wanneer Weidmann se film uiteindelik vertoon word, is daar ’n lekker verrassing, maar net toe ek daai ekstra sterretjie wil gee, gebeur dit  ai tog, die einde. Nogmaals en weer eens die groot liefdesverklaring uitgebasuin in die openbaar, voor 300 pare o, soos die geliefdes kamma inkennig vir mekaar fluister. Ja, kan mens seker s, dit moet so wees, want dis mos deel van die parodie, maar dit ondergrawe die werklikheidsgevoel en die mate van egtheid wat tog te midde van al die kunsmatigheid geskep is.
       Catherine Zeta Jones is nommerpas as die veeleisende en verwende superster, John Cusack sorg grootliks vir bogenoemde egtheid, en dis verstommend dat Julia Roberts vaal n glansryk, soos die superster wat sy is, kan lyk (ongelukkig kry mens dit nie altyd reg om laasgenoemde feit te vergeet nie). Billy Crystal is eenvoudig dierbaar as die uitgeslape kalant met die sagte hart en hou die toutjies onopsigtelik bymekaar.
       Van ’n komedie met sulke groot sterre het ek meer verwag, maar die prent het sy onvergeetlike oomblikke. Gaan kyk gerus as jy net vermaak wil word en nie vreeslik krities ingestel is nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.