FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Two Family House

Suzette Kotzé
Spelers: Michael Rispoli, Katherine Narducci, Kelly Macdonald, Kevin Conway
Regisseur en draaiboek: Raymond DeFelitta

Ná die gruwele van 11 September voel ’n mens jy’t ’n bietjie ontvlugting nodig, en Two Family House is net die antwoord. Hoewel dit ’n Amerikaanse film is wat in 1956 in (nogal) Manhattan se Bronx-distrik afspeel, het dit ’n warm Italiaanse hart.
      Buddy Visalo (Michael Rispoli), ’n dikkerige jong Amerikaanse Italianer met sulke sielvolle tjoklitbruin-oë, het ’n taamlike talent as neuriesanger. Trouens, toe hy in die weermag was, het ’n besoekende TV-ster hom eendag hoor sing en gesê hy moet hom kontak. Dit sou Buddy se groot kans wees, maar sy verloofde, Estelle (Katherine Narducci) en haar ouers wou niks weet nie. Die uiteinde was dat die jonggetroude Buddy in ’n fabriek begin werk en by skoonma en skoonpa in die huis intrek.
       Maar dit was nie die einde van Buddy se drome om sy eie man te wees en iets méér van sy lewe te maak nie. Toe begin hy met allerhande geldmaakskemas: limousines te huur, pizza-aflewering en so aan. Maar elke skema misluk klaaglik, nie die minste nie omdat Estelle elke keer verklaar en voorspel dat dit sál misluk.
       Buddy het egter heelwat van die bulhond in hom, en toe hy die kans kry om ’n vervalle tweeverdiepinghuis te koop, meen hy sy droom is binne bereik. Hy en Estelle sal in die boonste verdieping woon, en op die onderste verdieping sal hy sy kroeg-eetplek, Buddy’s Tavern, oopmaak, met lewende musiek verskaf deur … Buddy Visalo!
       Soos gewoonlik is daar probleme: in dié geval die onbeskofte dronk Ier (Kevin Conway) en sy hoogswanger vrou (Kelly Macdonald) wat die huurders in die boonste verdieping is. En volgens ’n obskure wet uit die 1920’s wat van toepassing is op ’n “two family house” mag Buddy hulle nie uitgooi voor oor ’n jaar nie. In regte Mafia-styl trek Buddy en sy groepie kroegvrinne op om die Iere te oorreed om die huis te verlaat, maar net toe begin mev. O’Neary kraam! Dié gebeurtenis sorg vir ’n baie onverwagte wending, wat oploop tot ’n gelukkige en bevredigende einde.
       Buddy verteenwoordig die stereotipe van die middelklasmens: ’n klein mannetjie met ’n (vir hom) groot droom, een wat hy ten spyte van al die teenstand uiteindelik tog waar maak in sy eie (soms pynlike) individuasieproses. Hierdie boodskap word op die ligte, subtiele manier tuisgebring wat so eie is aan Italiaanse films.
      Daar is egter ook ’n dieper boodskap: dié van verdraagsaamheid in die aangesig van kleingeestigheid en rassevooroordeel. Omdat die gebeure afspeel in die konteks van die lewensbeskouings geldend in 1956, het die boodskap besondere oortuigingskrag. Maar ons almal weet, veral nou, dat dit ’n universele boodskap is waaraan ons almal soveel harder sal moet werk om dit by ieder en elk in die wêreldgemeenskap tuis te bring.
      Ek het hierdie fliek van harte geniet. Dis menslikheid op ’n klein skaal, dis lig en romanties en ietwat nostalgies, maar dit het genoeg diepte om jou gedagtes vir langer as net die fliektyd besig te hou.
      Two Family House is deur die gehore by die 2000 Sundance Filmfees as beste drama gekies, en dis geen wonder nie. Gaan kyk gerus!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.