FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

A Knight’s Tale

Suzette Kotzť

Spelers: Heath Ledger, Rufus Sewell, Alan Tudyk, Mark Addy, Paul Bettaney, Shannyn Sossamon, Laura Fraser
Regisseur: Brian Helgeland
Vertoontyd: Vanaf 14 September

A Knight’s Tale is die Amerikaanse Droom in Middeleeuse terme, in ’n idioom wat veral jonger kykers geskool in rekenaarspeletjies soos Dungeons & Dragons sal bekoor.
       Dis so ongeveer 1360. Die jong William Thatcher (Heath Ledger) van Engeland en sy twee vrinne Roland (Mark Addy) en Wat (Alan Tudyk) is die agterryers van ’n Franse ridder wat pas gesterf het. In Middeleeuse terme beteken dit hulle is nou sonder werk en heenkome, en toe ’n boodskapper kom sÍ dis die ridder se laaste kans om in te skryf vir die volgende jousting-toernooi, vat William seepglad die gaping en sÍ hulle oorle baas sal daar wees.
       Nou eers die geskiedenisles: jousting (narerig in Afrikaans vertaal as “steekspel”) was ’n gewilde toernooisport in die Middeleeue waarmee die ridders hul tyd verwyl het tussen oorloŽ. Die twee deelnemers jaag te perd van teenoorgestelde kante op mekaar af en moet die ander met ’n reusagtige lans van sy perd afstamp. Dit terwyl die toeskouers mal raak: die kleinboere en ambagsmense spring op en af op die houtpaviljoene en gil hulself hees en die adellikes klap beheersd hande.
       Terug by William-hulle: William se plan is om self die dooie ridder se wapenrusting aan te trek en deel te neem, en die feit dat net die adellikes aan ’n toernooi mag deelneem, kan hom glad nie skeel nie. Sy pa het hom van kleins af ingeprent dat ’n man “sy sterre” kan verander, so hy steur hom nie aan die streng kastestelsel van sy tyd nie.
       So gesÍ en so gemaak, en toe William die toernooi (’n onbelangrike een iewers in die platteland) wen, besluit hy om sy wengeld te gebruik om ’n propperse ridder te word, toernooie te wen en so ’n bestaan te maak (die roem van ’n jousting-kampioen is natuurlik ook nie te versmaai nie). Sy vrinne stribbel eers teŽ: Roland wil net by die huis (Londen) kom en Wat is net geÔnteresseerd in wat die volgende herberg kan bied in terme van drank en kos, maar William oorreed hulle.
       Nou volg die voorbereidingsfase, en toe William geoefen en geoefen het tot hy die teiken perfek kan tref, is hulle reg vir die pad na roem. So stap hulle aan (die een perd tussen hulle word gespaar vir die toernooie) en hier kom ’n poedelkaal jonker van voor af (waarom hy sy klere kwyt is, blyk later). Stel homself voor as ene Geoffrey Chaucer, skrywer. Die manne krap bietjie kop oor die heer Chaucer (Paul Bettaney) se pennevrug (nog nie van gehoor nie, nog nie gelees nie), maar die feit dat hy ook patente (letterlik uit die 14de eeuse Latyn) vir ridders opstel, wek William, wat homself intussen as Sir Ulrich von Lichtenstein voorgestel het, se belangstelling. Geoff kry klere en die patente-opdrag, en nou’s hulle ’n viermanskap.
       By die volgende toernooi aangekom, sorg Geoff se patente dat William toegelaat word en met sy nuut aangeleerde tegniek wen William, oftewel Sir Ulrich, die een na die ander tweestryd. Soos dit ’n ridder betaam, raak hy ook terstond verlief op die pragtige Lady Jocelyn (Shannyn Sossamon). Maar daar’s ’n regte ridder wat ook meeding om Lady Jocelyn se hand: Adhemar (Rufus Sewell), en dis die begin van ’n bittere tweestryd tussen hulle twee waarin adellike vuilspel glad nie uitgesluit is nie.
       Die fliek is deels sportverhaal, deels liefdesverhaal, in al die bekende Hollywood-formules. Die inkleding is pop (soos in populÍr) en die onderliggende idees modern: ons is almal gelyk; as jy jou droom nastreef, kan niks in jou pad staan nie; medemenslikheid is in, brute krag en geweld niť. Die verpligte stukkie feminisme in die vorm van Kate die ystersmid is natuurlik ook daar. Maar dis veral die musiek, met ’n paar Queen-treffers prominent, wat sorg vir ’n heerlike tong-in-die-kies spel tussen outyds en hedendaags.
       As jy daarvan hou dat ’n periodefilm outentiek en histories geloofwaardig moet wees, moet liewer nie gaan kyk nie. Die liefdesverhaal het nie veel om die lyf nie, maar vir die res is dit plesierige, ligte aksievermaak. En Heath Ledger is sooooooooo oulik Ö

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.