FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Liam

Suzette Kotzé

Spelers: Anthony Barrows, Ian Hart, Claire Hackett, Megan Burns, David Hart
Regisseur: Stephen Frears

As jy Angela’s Ashes, die film gebaseer op Frank McCourt se trefferroman, oorleef het, behoort jy goed voorbereid te wees op Liam. Soos McCourt dit stel: “Worse than the ordinary miserable childhood is the miserable Irish childhood, and worse yet is the miserable Irish Catholic childhood.”
     Die sewejarige Liam (Anthony Barrows) en sy gesin woon in Liverpool in die Depressietyd van die 1930’s. Die elemente van sy haglike kinderlewe sluit darem nie ’n dronk pa wat ma en kinders slaan in nie, maar die grootmense in sy lewe se aggressie en frustrasie smeul voortdurend net onder die oppervlak — sekerlik nie die minste van die oorsaak van Liam se hakkelprobleem nie.
     Die film begin met ’n Oujaarspartytjie en die kinders (Liam en sy tienersuster Teresa, gespeel deur Megan Burns) word op tipiese wyse uitgesluit van die feestelikhede. Dit verhinder hulle egter nie om te loer nie, ’n tema wat regdeur loop vir die klein Liam, wat probeer sin maak uit ’n ingewikkelde grootmenswêreld. Altyd is die kinders in die rol van stilswyende toeskouers, wat kleiner en kleiner krimp terwyl argumente om hulle woed, om later die stukke te probeer optel (vergelyk Liam wat gou ná ’n konflikvoorval by is om sy ma se hare te borsel).
     Die eenvoudige storielyn fokus op twee groot gebeure: Liam se pa (Ian Hart) word afbetaal by die werk kort ná die aanbreek van die nuwe jaar, en Liam se eerste konfessie en Nagmaalgebruik in die Katolieke Kerk lê voor. Soos die verhaal opbou tot dié belangrike gebeurtenis in elke Katolieke kind se lewe, bou die spanning ook op in die verarmende gesin, tot dit eindelik breekpunt bereik.
     Stephen Frears, regisseur van sulke uiteenlopende films soos Dangerous Liaisons en High Fidelity, maak tot aan die bitter einde geen toegewings aan sy stof nie. Hier is nie ’n heroïse ma-figuur wat haar kinders moederlik teen ’n swakkeling-man en ’n wrede buitewêreld beskerm nie — Claire Hackett is ’n stroewe, moedelose ma wat net soos haar man veg vir oorlewing, en dit gaan maar broekskeur. Die hoofspeler in die film is eintlik armoede — en die verlammende, vernederende, aftakelende effek wat dit op mense het.
     Nog minder probeer Frears die Katolieke Kerk vergoeilik. Liam se onderwyseres vind omtrent ’n sadistiese behae daarin om die voornemende lidmate voor te berei vir hul groot geloofstap deur middel van bangmaakpreke oor swart harte vol sonde en die brandende vlamme van die hel. Hoe is dit moontlik, vra mens jouself af, dat ’n liggaam wat sulke pragtige musiek kan voortbring sulke onmenslike leerstellings kan preek? Na nóg ’n preek oor die hel en vagevuur begin die gemeente roerend ’n ou gesang sing, maar hoe kan die musiek hulle raak as vrees die hele tyd by hulle ingehamer word? Geen wonder nie dat die jong Liam, wie se ontwakende seksualiteit nog hoofsaaklik in sy ma setel, later heeltemal oorhoops is van al dié grubeelde in sy verbeelding.
     Die inkleding van Liam is in alle opsigte oortuigend, veral die stel en kostuums, en die kamerawerk en beligting versterk die effek subtiel. Nie ’n greintjie sentimentaliteit is te bespeur nie, net harde, wrede werklikheid — ’n resultaat wat nie moontlik sou gewees het sonder die uitstekende toneelspel van al die akteurs nie.
     Die film het verlede jaar twee welverdiende pryse ontvang by die Venice Film Festival.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.