FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Gaudi Afternoon

Suzette Kotz

Gegrond op die roman deur Barbara Wilson

Spelers: Judy Davis, Marcia Gay Harden, Lili Taylor, Juliette Lewis
Regisseur: Susan Seidelman

Gaudi Afternoon is ’n speurverhaal met ’n verskil. Miskien kan ’n mens dit ’n vroulike speurverhaal noem, want die storie is gebou om vier vroue (waarvan minstens een ’n manlike identiteit het). As dit vreemd klink - dit is nogal, want die speurwerk gaan oor die vasstel van identiteite en lojaliteite, en di verskuif nogal heelwat deur die loop van die film.

Om by die begin te begin: wreldburger Cassandra Reilly (Judy Davis) werk as ’n vertaler in Barcelona. Sedert sy op agtien Amerika se stof van haar voete afgeskud het, reis sy die wreld vol en stop waar sy wil vir so lank soos sy wil. Sy’s sinies en effens hardgebak en is aan niks of niemand verbonde nie.

Toe sy egter probleme optel met haar nuutste vertaalprojek en haar woonstel se krag ook nog afgesny word omdat sy agter is met die huur, lui haar interkom se klokkie net betyds. Die heesste, mees verleidelike stem klink op: di van Frankie Stevens (Marcia Gay Harden), ’n Amerikaanse vrou met baie geld wat haar vervreemde man met nog meer geld in Barcelona soek. Met tipies vroulike logika soek sy nie ’n privaatspeurder om hom op te spoor nie, maar ’n vertaler - iemand wat Spaans praat, en Cassandra voldoen aan die vereiste.

Cassandra het die geld nodig en stem in om speurder te speel, ’n speletjie wat gaandeweg vreemder en vreemder raak in ’n mengsel van man, vrou, minnares, minnares se vriend, en kind. Op ’n dieper vlak konfronteer di soektog Cassandra met haar eie verlede: haar ma met wie sy alle bande verbreek het en haar afkeer van kinders (di subtema word vernuftig saamgebind deur die tema van die Spaanse roman wat Cassandra besig is om te vertaal).

Soos die titel aandui, is die plasing van die film in Barcelona, bekend vir die wonderbaarlike skeppings van die Spaanse argitek Antoni Gaudi, belangrik, en veel van die sjarme van die prent l in di besondere agtergrond (dit begin al in die openingstoneel waar die titels as ’t ware geprojekteer word teen die pragtige Art Nouveau-brandglasvensters ontwerp deur Gaudi).

Gaudi Afternoon is ’n lekker, anderster kykervaring. Al wat my gepla het, is dat dit teen die einde oorsentimenteel word, maar dit lyk my dis nou maar eenmaal die Amerikaners se styl wanneer dit om kinders gaan. Origens kwyt regisseur Susan Seidelman (wat onlangs heelwat episodes van die gewilde TV-reeks Sex and the City geregisseer het) haar goed van haar taak. O ja, en daar’s darem net ’n kinkeltjie of twee te veel met die ontknoping, maar dis ’n kleiner klagte.

Die film word gedra deur die karakter van Cassandra, en die Australiese aktrise Judy Davis (A Passage to India, Husbands and Wives) is onverbeterlik in di rol. Die ander groot vertolking is di van Marcia Gay Harden, wat vanjaar die Oscar vir beste aktrise gekry het vir haar rol in Pollock. Ek kon nie veel vat kry aan Lili Taylor as Bernadette nie, en Juliette Lewis (die minnares) oorspeel na my mening hopeloos.

Desnieteenstaande, as jy iets interessants soek wat nie liggewig is nie maar ook nie swr nie, en as jy Barcelona toe verlang soos ’n mede-fliekvlooi, gaan kyk gerus.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.