FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The contender

Coenraad Walters

Met: Joan Allen, Jeff Bridges, Christian Slater, Gary Oldman
Draaiboek en regie: Rod Lurie

Soms, net soms, wil dit lyk of die Amerikaners nie ’n voet verkeerd sit in ’n fliek nie. The contender is een van daardie flieks. Wat ’n vreugde!

Die dienende visepresident van die VSA sterf, en die president (Bridges) soek ’n geskikte kandidaat. Goewerneur Jack Hathaway (William L Petersen) lyk na die ideale man, maar ’n onlangse heldedaad laat te veel Chappaquiddick-herinneringe in die kas rammel. Dus oorweeg die president vir die eerste keer in die geskiedenis ’n vrou, senator Laine Hanson. Natuurlik word haar hede, toekoms en vergange deur allerhande regeringsinstansies gefynkam (selfs al kon hulle nie vasstel of Clinton die daggarook ingeasem het of nie …).

Die voorsitter van die kommissie wat haar moet ondervra oor haar standpunte en beleid, senator Runyon (Oldman), is sterk gekant teen haar aanstelling en probeer haar op allerlei maniere in ’n slegte lig stel. Dis natuurlik Krismis vir hom wanneer foto's gevind word van ’n seksorgie waaraan sy sou deelgeneem het tydens haar studentejare. Hierdie onthulling maak die lewe vir haar baie ongemaklik.

Koelkop weier sy om te verduidelik, om verskoning te vra of die aantygings as vals af te maak. Sy stel dit onomwonde dat dit niemand se besigheid is nie. Die media geniet die onthullings en haar houding soos haaie ’n prooi sal geniet — soveel so dat sy aanbied om haar te onttrek. Die president wil egter niks weet nie.

Die president, self ’n ervare politieke dier, sorg vir die nodige manipulasie om te kry wat hy wil hê: ’n aanvaarbare visepresident. Die verhaal gooi ’n paar draaie wat ’n mens uitasem laat van skok en lekkerkry, en loop uit op die een vals noot in die verhaal: ’n Hollywood jippiekajater-slot.

Verder is daar een dowwe noot: Hanson verduidelik wel wat in haar studentejare gebeur het, maar waar net een persoon (o, en natuurlik al die kykers) dit kan hoor. Een van die sterkste pluspunte in die draaiboek is dat sy onwrikbaar by haar standpunt bly, en ook nie geheime inligting misbruik om haar vyande te ondergrawe nie.

Dis juis die aard en kwaliteit van die draaiboek wat die prent na iets buite Hollywood laat lyk. Ook die tegniese aspekte laat ’n mens dit vermoed: hoewel alles seepglad verfilm en verpak is, is daar ’n buitengewone stukkie realiteit in die swak, ongeoefende mikrofoontegniek van sowel Hanson as Runyon in die verhoortonele. Uitstekend.

Ook die spel is van hoë gehalte. Allen en Bridges het beide ’n Goue Oscar-knikkie ontvang, hoewel geen handdruk nie (goed dan, Erin Brockovich kon nou maar haar beeldjie gekry het …) en Oldman (byna net so onherkenbaar as in Hannibal!) verdien ook eervolle vermelding vir die uitbeelding van ’n verkose waansinnige.

Enigeen wat belangstel in die Amerikaanse politieke bestel (of bloot hou van uitstekende prente!), behoort The contender te sien. Dit staan in die tradisie van The candidate (1972), die flou Primary colors (1998) en die briljante Wag the dog (1997). Met die besondere aspekte van hierdie verhaal maak dit ’n vars bydrae tot die reeks verkiesingsflieks. Kom daarby uit — of kry die video!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.