FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pearl Harbor

Coenraad Walters

Met: Ben Affleck, Kate Beckinsale, Josh Hartnett, Jon Voight (as F.D.R.), Cuba Gooding Jr, Alec Baldwin
Musiek: Hans Zimmer
Draaiboek: Randall Wallace
Regie: Michael Bay

As ’n Baie Aktiewe Lid van die Ster Kinekor Filmklub is ek genooi na die premiŤre van Pearl Harbor by Cavendish Square in Kaapstad. Sonder diť uitnodiging sou ek sekerlik nie die prent gesien het nie. Ek is genoeg van ’n pasifis om nie oorlogprente nodig te hÍ nie. Platoon staan wel op my hetgesien-lysie — weens die Oscars. Saving private Ryan en The thin red line skitter egter in hul afwesigheid. En eintlik was ek reg.

Oor die prent self wil ek so min as moontlik sÍ Ö dink maar daaraan as Titanic met bomme. As jy van James Cameron se skip-as-monster-sage met ’n reeds bekende einde gehou het en nie omgee vir die oorlogsaspek van die verhaal nie, gaan kyk gerus. En hou NOU op met lees!

Die fliek is lank genoeg om vir homself te spreek: drie uur! Dis een van ’n paar dinge wat ’n mens (selfs sonder ’n kristalbal) laat besef dat Pearl Harbor heelwat groen en goud in sy toekoms behoort te versamel. En my mening gaan min daaraan verander.

Oor die implikasies van die prent val daar heelwat te sÍ. Daar word heelwat gesels oor die potensiaal om anti-Asiatiese sentiment aan te wakker — ’n vrees wat versterk word deur die rasse-onluste wat onlangs in Brittanje opgevlam het. Tog word die Japannese nie as wrede, onmenslike monsters uitgekryt nie, net as slim krygers wat ’n briljante strategie uitvoer, met die nodige twyfel oor die effek daarvan. Maar dit bly opvallend dat ’n mens geen Japannees as mens ontmoet nie, en ook niks weet van die inheemse bevolking van Hawaii of van Japannese Amerikaners nie. Ook maar goed: die prent is klaar lank genoeg!

Die liefdesdriehoek en die newe-intriges onder die Amerikaanse vlieŽniers en verpleegsters skep wel ’n menslike element in die verhaal van mag en vernietiging, maar dis duidelik eensydig. Bowendien lÍ die draaiboek veral vir Alec Baldwin se karakter die ongelooflikste patriotiese dialoog in die mond. G’n wonder daar word aan die prent gesny vir internasionale vrystelling nie.

Die groot vraag wat ’n mens bybly, is: Hoekom is dit nodig om ’n verhaal soos diť een te vertel? Natuurlik wil ons nie vergeet nie, maar waarom is dit nodig om patriotiese gevoelens so op te sweep? Verwag Amerika binnekort ’n oorlog? In sekere opsigte herinner Pearl Harbor aan Mrs Miniver (1942), ’n Britse prent met die strekking van: in die swartste oorlogmodder groei die witste lelie van hoop. Daar was egter ’n verskoning voor: 1942 was midde-in die Tweede WÍreldoorlog, spesifiek nŠ die Amerikaanse toetrede — derhalwe die gryp na ’n prent wat hoop uitbeeld en die toeken van ses Oscars daaraan, o.m. Beste Prent, Regisseur en Aktrise. (Ja, sekerlik het die voortgesette toeken van Oscars die volk laat voel dat die oorlog nie so erg is nie!) Watter rol vervul Pearl Harbor tans in die Amerikaanse psige?!?

In terme van genre is dit ’n wegbeweeg van die rampflieks van die einde van die twintigste eeu (soos Armageddon, ook van regisseur Michael Bay), na ’n verhaal waarin mense ’n ramp doelbewus kan oorkom, hul noodlot in eie hande neem en ’n nuwe lewe vir hulself skep. Die emosioneel gelade toneel waarin president Roosevelt sy militÍre raadgewers verbied om vir hom te sÍ iets is onmoontlik, lei tot ’n waagmoedige terugslaan wanneer ’n groep vegvliegtuie Tokio in 1942 gaan bombardeer met feitlik geen hoop om lewend daarvan af te kom nie. Hierdie trefslag draai egter die emosies van sowel die Amerikaners as die Japannese — wel, ten minste volgens een van die karakters in Pearl Harbor. Ons weet egter hoe akkuraat Hollywood omgaan met historiese feite.

As Pearl Harbor een oorlog kan voorkom, sal ek dit as ’n briljante en suksesvolle prent beskryf. Maar is die verhouding tussen kuns en die lewe so eenvoudig, so idealisties?

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.