FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The Mexican

Suzette Kotzé

Spelers: Brad Pitt, Julia Roberts, James Gandolfini en ander Regisseur: Gore Verbinski

Kort op die hakke van Nurse Betty volg nog ’n rampokkerfliek met ’n anderster aanslag. Hoewel The Mexican veel lighartiger is as eersgenoemde, is daar ’n paar interessante ooreenkomste tussen die twee: beide is “road movies” en het skurke met ’n goeie kant diep daar binne.

Jerry (Brad Pitt) is ’n boef met ’n klein hartjie wat minder belangrike opdragte uitvoer vir ’n stedelike misdaadsindikaat. Maar Jerry wil rehabiliteer, want hy en sy meisie, Samantha (Julia Roberts), gaan na ’n ondersteuningsgroep vir paartjies en hy’t ter wille van Sam en hul verhouding besluit om hom van sy slegte weë te bekeer.

Jerry het egter sy vorige opdrag liederlik opgemors: hy het in die grootbaas se motor — met verdagte ware in die bagasiebak — vasgery en die grootbaas sit nou in die tronk. Om te vergoed moet hy nog een laaste opdrag uitvoer: hy moet ’n kosbare rewolwer genaamd The Mexican in Mexiko gaan opspoor en terugbring.

Toe Sam hoor Jerry is op pad Mexiko toe in plaas van Las Vegas waar hulle ’n nuwe lewe saam sou begin, is die gort gaar. Binne oomblikke staan Jerry onder op die sypaadjie met skelwoorde en sy skamele besittings wat op hom neerreën en dis die einde van hul verhouding. As hy Mexiko toe gaan, gaan sy alleen Vegas toe en dis oor en verby met Jerry-en-Sam.

In Mexiko beleef Jerry, om dit sagkens te stel, vele avonture. Hy kom ook die storie agter die beroemde rewolwer te hore: volgens die legende is die rewolwer gemaak deur ’n arm wapensmid wat sy dogter beloof het aan die seun van ’n ryk landheer, met die rewolwer as ’n spesiale geskenk aan sy nuwe skoonseun. Die smid se assistent en sy dogter was egter minnaars en op die dag van die troue speel ’n treurspel hom af met die einste rewolwer. Van daardie dag af sê die Mexikane die rewolwer is vervloek.

Jerry kry die rewolwer in die hande maar verloor dit in sy onbeholpenheid. Die baas dink egter Jerry probeer hom afpers en stuur ’n berugte huurmoordenaar (James Gandolfini) om Sam in Las Vegas gyselaar te neem om Jerry af te pers. Intussen blyk dit dat meer as een skelm agter die rewolwer aan is, en ná ’n paar skouspelagtige jaagtogte word die saak in ’n stofstraat in Mexiko besleg. ’n Mens kan The Mexican vir twee redes gaan kyk. Die een is om te sien hoe prettig pop sielkunde, met al die bypassende Dharma & Greg-frases, en die misdaadwêreld ontmoet. Hoewel nie nuut nie (vergelyk byvoorbeeld Analyze This met Robert de Niro en Billy Crystal) is die opstuurdery van ondersteuningsgroepe en selfhelptegnieke heerlik snaaks. En die kinkel oor die huurmoordenaar se ware identiteit — op meer as een vlak — sorg vir iets nuuts. Die ander rede is om die samespel tussen Brad Pitt en Julia Roberts te sien. Om gróót name saam te gooi om loketsukses te waarborg is ’n beproefde Hollywood-resep, een wat hier skitterend werk. Pitt en Roberts speel hulle harte uit as die hippierige sukkelaars met ’n kat-en-hond-liefde wat tog alles deurstaan. Die mooi-lelike Roberts skel soos ’n viswyf, maar haar sagte hart en bokkiebruin oë laat die kyker net so gou vermurwe soos die huurmoordenaar. Pitt is sy aantreklike slordige self, ’n akteur wie se sjarme daarin lê dat hy homself nie te ernstig opneem nie. Hulle word weliswaar nooit regtig die karakters wat hulle speel nie, maar hul vertolkings bly genotvol. James Gandolfini as die huurmoordenaar met ’n verskil is eenvoudig uitstekend, en sorg vir van die beste oomblikke in die fliek.

Aan die negatiewe kant het die fliek sy tipiese kwota Hollywood-soetsappighede (wat veral uitslaan in die gesprekke tussen Sam en die huurmoordenaar), en die intrige het ’n hele paar kronkels en draaie te veel. Tog is The Mexican lekker ligte vermaak vir daardie fliekaand wanneer jy net breinloos wil ontspan, en dit het ten minste twee baie skouspelagtige jaagtogte vir die aksievrate.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.