FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

The Golden Bowl

Suzette Kotzť

Spelers: Uma Thurman, Nick Nolte, Kate Beckinsale, Jeremy Northam, Anjelica Huston
Regisseur: James Ivory

Regisseur James Ivory kan as ’n veteraan beskryf word as dit kom by periodefilms gebaseer op klassieke romans. Hy het Maurice en A Room with a View geregisseer, sowel as Howards End en die uitstekende Remains of the Day. Saam met vervaardiger Ismail Merchant was hy ook verantwoordelik vir The Europeans en The Bostonians, en nou The Golden Bowl, al drie romans van die Amerikaanse skrywer Henry James (1843 — 1916).

Die film open in 1903 in Rome waar die aantreklike Prins Amerigo (Jeremy Northam met ’n aangeplakte aksent) en ’n Amerikaner, Charlotte Stant (Uma Thurman), ’n kort maar intense liefdesverhouding het. Hulle kan egter nie trou nie, want beide is ongeveer pennieloos, en vir mense uit die hoŽ klas van daardie tyd is dit uiteraard ondenkbaar om te werk. Die enigste oplossing, dus, vir Amerigo en Charlotte is om ryk te trou. ’n Jaar later ontmoet hulle weer in Londen waar Amerigo op trou staan met Maggie (Kate Beckinsale), die dogter van Adam Verver (Nick Nolte), Amerika se eerste biljoenÍr. Charlotte en Maggie was skoolmaats en Charlotte is genooi na die troue — maar niemand rep ’n woord daaroor dat Charlotte en Amerigo mekaar ken nie, veral nie Maggie se vriendin, Fanny Assingham (Anjelica Huston), wat haar aan Amerigo voorgestel het nie.

Drie dae voor die troue reŽl Charlotte om Amerigo in ’n antiekwinkeltjie te ontmoet waar sy ’n trougeskenk vir Maggie uitsoek. Sy stel belang in ’n pragtige Bisantynse kristalvaas met goud versier, maar Amerigo sien dat dit ’n (goed weggesteekte) kraak het en uit bygelowigheid verbied hy Charlotte om dit te koop.

Dis twee jaar later en Amerigo en Maggie se seun is al een jaar oud. Charlotte kom kuier en terwyl die jong getroudes ItaliŽ toe gaan met vakansie, bly Charlotte en Adam alleen agter. Adam, wat sy biljoene uit steenkoolmynwerk gemaak het, is ook ’n passievolle versamelaar van kosbare en rare oudhede. Sy groot droom, vertel hy een aand aan Charlotte, is om ’n museum in American City te laat bou waar hy al sy oudhede gaan uitstal en so iets van skoonheid wil teruggee aan die blouboordjiewerkers — “mense wat in ’n leeftyd nooit enige skoonheid sien nie” — uit wie se harde arbeid hy ryk geword het. Maar hy, ’n middeljarige man en alleen na Maggie se ma jare gelede oorlede is, kan dit nie alleen doen nie Ö

Hy vra Charlotte om te trou, en sy aanvaar sy aanbod — maar haar motivering is om naby Amerigo te wees. Die twee pare woon in aangrensende huise, en aangesien pa en dogter soveel tyd in mekaar se geselskap deurbring, is Charlotte en Amerigo al meer op mekaar aangewese. Wat volg, is die voorspelbare van huweliksontrou en leuens en geheime, tot Maggie uiteindelik deur die goue drinkbeker in die antiekwinkeltjie van die minnaars se gedeelde verlede uitvind.

In die boek is Maggie die heldin van die verhaal, maar met die film skuif die fokus na Charlotte (werklik uitstekend vertolk deur Uma Thurman). Die gevolg is dat die kyker se simpatie nie by een van die twee karakters lÍ nie — nůg by die edele maar eintlik naÔwe en vervelige Maggie, nůg by die “slegte” vrou Charlotte. Hoofsaaklik dit, en die trivialiteit van leeglÍende adellikes se lewens, en die feit dat mens die problematiek wat uit so ’n lewenstyl spruit nie werklik ernstig kan opneem nie, het gemaak dat die film geen snaar by my geroer het nie. Natuurlik is daar universele waarhede in mense se verknoopte verhoudings en duistere motiverings, maar soos dit in The Golden Bowl uitgebeeld word, word daardie universaliteit nie geaktiveer nie. Wat oorbly, is ’n duur film met lieflike agtergronde en pragtige kostuums en kunswerke wat in wese twee ure se verveling is. Ek meen dis ’n jammerte dat die klomp gerekende akteurs hul tyd en talente aan so ’n produksie bestee het. Gaan kyk dit net as jy mal is oor outydse verhale (soos in Barbara Cartland of Georgette Heyer), ’n groot aanhanger is van Henry James of ’n punt daarvan maak om te sien hoe klassieke boeke tot films verwerk word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.