FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nurse Betty

Resensie deur Coenraad Walters

Renťe Zellweger; Morgan Freeman; Chris Rock; Greg Kinnear; Aaron Eckhart; Tia Texada; Crispin Glover
Draaiboek: John C. Richards
Regie: Neil LaBute

waar is die waarheid
ja waar is hy
dis waar
maar waar is hy

Ek haal doelbewus vir Langenhoven aan sonder sy leestekens en met my eie reŽlverdeling (ek kon nog nooit die oorspronklike publikasie van diť spreuk opspoor nie — kan iemand help?). Maar die skerpsinnige woordspeling vat iets van LaBute se ernstige komedie saam wat ’n mens nie in ’n ander taal kan sÍ nie.

Betty Sizemore (Zellweger) lei ’n vervelige lewe as kelnerin in ’n stadjie in Kansas, in die middel van nÍrens in Midde-Amerika. Haar man Del (Eckhart) is ’n walgvogel-motorverkoper, en daar is nie kinders nie. Betty se ontsnapmiddel is (soos vir miljoene wÍreldwyd) haar gunsteling strooisage, Reason to love.

Een aand bly sy tuis om ’n gemiste episode op video in te haal, maar haar man weet nie sy’s tuis nie en nooi twee “besigheidsvennote” huis toe: Charlie (Freeman) en Wesley (Rock). Stelselmatig raak dit duidelik dat Del hul besigheid met hom misverstaan het. Skouspelagtig raak hulle van hom ontslae (sensitiewe kykers moet vir ’n rukkie maar luisteraars wees). Hul besigheid is derhalwe onsuksesvol afgehandel.

Eers in die koerantberigte die volgende dag verneem hulle dat Betty ’n ooggetuie was — en hulle moontlik kan help om hul besigheid te voltooi. Betty is egter spoorloos: weens die trauma het sy in ’n parallelle werklikheid inbeweeg. Sy is nou Doctor David Ravel se gewese verloofde, en sy is vasbeslote om hom terug te wen, selfs al moet sy die hele ent aflÍ in ’n Buick wat sy by Del se winkel “geleen” het.

In die filmstad Los Angeles sukkel sy om op Ravel se spoor te kom, doen haarself as verpleegster voor (want dit is mos wat sy is!) en kry werk en onderdak weens nog ’n skouspelagtige stukkie geweld en ’n handvol misverstande. Haar Spaans-Amerikaanse hospita Rosa (Texeira) hoor haar hartseer liefdesverhaal aan en versit hemel en aarde om Betty en David weer bymekaar te kry — tot sy by ’n vriendin die waarheid verneem omtrent die sepie. Dan bewerkstellig sy ’n ontmoeting tussen Betty en die akteur wat David speel, George McCord (Greg Kinnear). George en sy kollegas raak betower deur diť kundige aanhanger wat minutelange stukke dialoog kan opsÍ (met die nodige gevoel) en haar rol so foutloos kan volhou.

Dan veroorsaak George nog ’n traumatiese situasie wat Betty na die werklikheid laat terugruk — en dan moet sy die feit die hoof bied dat haar verlede haar inhaal — in die vorm van Charlie en Wesley, en gelukkig ook ’n paar inwoners van haar tuisdorp. So tussen al die ongelukke en gelukke deur kry elkeen sy verdiende loon of beloning en die prent eindig met ’n toneel wat op die oog af so soetsappig lyk dat ’n mens wonder waar het dinge die spoor byster geraak. Maar spoedig besef jy met hoeveel genot die skrywer en regisseur met die waarheid speel, en al die strominge wat tot werklikheid verweef kan word, en jy sit terug om diep en deeglik te kan lag. Betty se reis vanuit Kansas word iewers gelykgestel met Dorothy se reis vanuit dieselfde staat, al langs die Geel Baksteenpad na die Wonderlike Towenaar in Oz — en nie om dowe neute nie.

Zellweger bewys waarom die Golden Globe as Beste Akrise in ’n komedie aan haar toegeken is — sy oortuig totaal as die dommerige blondine met ’n missie, selfs al is al haar varkies nie neffens haar nie. Greg Kinnear is ’n oortuigende ambisieuse sepiespeler, en lyk net goed genoeg om die woorde van Betty (“My friend says if you were any more handsome it would be a crime. It’s a shame you’re such an asshole.”) waar te maak. Of was dit nou Betty?

Morgan Freeman is een van die grootste vreugdes in die prent. As die bejaarde misdadiger besig met sy laaste stukkie besigheid raak hy so betower deur die visie van Betty dat hy ook ervaar hoe die grense van realiteit vervaag.

Ek het Nurse Betty terdeŽ geniet. Dit het my in sekere opsigte herinner aan Wag the dog en The Truman show, en kykers tot wie die Coen-broers se prente spreek, sal sekerlik ook LaBute se prent so interessant ťn vermaaklik vind as ek. (Kan iemand dalk egter vir my verduidelik hoekom die Internet Movie Database The godfather aanbeveel vir kykers wat van Nurse Betty gehou het?!?)

Wat is nou ten slotte die waarheid? Man, weet jy, ek het nog altyd gedink ek sal seepglad inpas in die span van Fish en Cage. Iemand moet vir Larry bewys dat daar interessanter moontlikhede as die rietmaer Ally is, en dalk sal my teenwoordigheid hom lok om vinniger uit Detroit uit terug te kom Boston toe. Sowaar!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.