NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Willem de Vries is gebore in Durban. Hy het klas geloop by die Kaapse Technikon en die destydse Blou Okapi-koffiewinkel in die Eikestad. Hy was ’n kort tydjie ’n vryskut in Tafelberg en Human & Rousseau se bemarkingsafdeling. Tans is hy in Die Burger se redaksie. Hy geniet vakansies in Ladismith in die Klein Karoo. Baie.   Willem de Vries

Heimdal

Heimdal is ’n klein dorpie in die vallei tussen die Vier Windberge. Die dorpenaars se grootste uitvoerprodukte was, tot ’n paar jaar gelede, bottels mineraalwater en verlange.

Teen die einde van die vorige eeu moes krygsgevangenes ’n pad bou wat deur die bergreeks sny. Waar Heimdal vandag is, het die krygsgevangenes suksesvol gerebelleer teen die klein groepie soldate wat net so siek was van die pad bou. Dit is in dié vallei waar hulle, ver van hulle moederland en destydse onderdrukkers, Heimdal gebou het, die klippe gemessel het met hulle bloed en sweet.

Lang jare later is die dorp geïndustrialiseer met die aanleg van ’n mineraalwater-bottelary. In díe jare word die hele Heimdal betrokke by die wateraanleg en word hulle weer slawe, die keer in diens van drinkwater vir oorsese beursies. Heimdal is slegs nou en dan besoek deur mense van die buitewêreld, uitsluitlik tegnici wat geroeste pype by die aanleg vervang het met plastiekpype en draaikrane met digitale krane.

Met een van die rare grootskaalse opgraderings het elke huis in die dorp ’n telefoon gekry as ’n welwillendheidsgeskenk vir al die harde werk teen so min geld. Die dorp se deursnee is nie langer as tien minute se rustige stap nie, maar mense hou mos van gadgets.

Die dorp is onherroeplik verander met die telefone. Veral vir die tannie by die Tuisnywerheid. Die mense het later gesê dit was glo net na Paasfees daardie jaar dat sy die eerste oproep ontvang het wat haar ’n vreemde bevlieging laat kry het.

“Swaeltjie Gouws, Heimdal-tuisnywerheid, wie praat nou?”

“Môre, dame,” klink ’n skaars hoorbare stem oor die gehoorstuk. Skaars hoorbaar, maar dringend soos ’n wens. Swaeltjie bly stil en luister fyn, die stem klink verder as oor enige telefoonlyn.

“Sentrale, gaan dit goed met my engel? Rus sy nou uiteindelik?”

Swaeltjie praat verder nog met haar eie stem, haar eie woorde, maar dit is asof sy ’n sentrale geword het vir iemand wat nie in Heimdal is nie. Sy sê:

“Jou vrou het laat weet sy verlang na jou ook, maar sy is gelukkig anderkant ... Byt net vas, die reëns kom. Julle kom nader aan mekaar, dag na dag. Sy is by jou.”

“Dankie, dankie ...” Die stem aan die ander kant vervaag.

Swaeltjie sit die gehoorstuk terug op die mik. Sy staar voor haar uit asof sy helder oordag droom. Dan lui die telefoon weer. Sy lig die gehoorstuk na haar oor. Dit is ’n ander stem hierdie keer, maar net so ver soos die vorige. Die navrae is altyd dieselfde, alles wat menslik was bly menslik.

Teen vroegskemer begin die mense tuiskom. As die rus toegesak het, begin die telefone oral in Heimdal lui. Verlange se sagte stemme fluister gerusstellings as die nag toesak.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.