NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Toast Coetzer
se bankrekening nommer is 40 444 70405, ABSA, Cradock, kode 632005. Donasies is welkom. Hy skryf en neem foto’s, maar ken vriende wat salaris trek. Hy braai en sy band, The Buckfever Underground, is beskikbaar vir 21sts
  Toast Coetzer

“her name is Yoshimi, she’s got a black belt in karate” — The Flaming Lips


Toast Coetzer

Kyk, hier staan ons weer. Nie heel bo-op die berg nie, maar êrens laer af, op ’n growwe rant, dalk ’n rif of die nek tussen twee kranse. Agapantas woel bloupers tussen die klippe deur, wortelstokke êrens met hulle rokke in die water. Dalk fluit daar ribbokke, dalk klap daar skote in die verte, dalk dreun die weer, ruk die wind die besembosse en suurpol, ruik die lug na bossies en stof, straal ’n vliegtuig hoog bo verby, skarrel ’n rooihasie niksvermoedend met sy klein oortjies vol kloppende are en radargereedskap.

Dalk is jy vyftien, jonk en jags, jaggeweer in die hand, skerp oë bespiedend teen die hang af en weer op, fynkam die knolle klip en struik vir iets vir biltong en rou lewer, soos witkruisarend vir skeerbekmuis. PT-broek en kakiehemp, kamoefleer-keps, belt met koeëls en slagmes, blink en nuut. En jou hart klop wild sonder rede, want jy’s kalm en fiks, spiere taai en ongemaklik aan jou bene en ribbes, jou skouers eers breed en dan hangerig, puisies op jou ken, vol Clearasil tussen jou stubble, tande gedraad en getrek tot een of ander nuwe idee.

En jy wonder oor fokkol presies, net dit of dat, krap nou en dan jou ballas en wonder of mens alles kan doen wat jy wil voor jy doodgaan. Jy maak lyste op in jou kop van plekke om te besoek, bakkies om te koop en girls om te soen. Jy kyk TV en lees tydskrifte, surf die internet en gesels met jou vriende. Dit lyk asof julle dieselfde dinge weet en doen.

Dalk is jy vyf-en-dertig, in die middel van jou eerste of tweede skeisaak, besig met jou tweede miljoen, of dalk skuld jy die bank tweehonderdduisend na daai suikerbeet-debakel. Wie weet, dalk’s jy gelukkig met jou vrou en jou kinders, jy knyp haar tieties in die donker, sy klap jou op die pens, die kinders speel rugby en netbal, begin lees en skryf, ruk hand uit, soen, naai, drink en gaan dan varsity toe, waar hulle alles wat jy hulle geleer het, gaan ignoreer, dagga gaan rook, met seks gaan eksperimenteer, ’n lesbiese ding doen, swart mans verafgod omdat hulle gehoor het hulle’t langer en dikker piele, met ’n musikant deur die land toer, dalk tyd afknyp vir ’n aborsie, ten minste ’n detox in Plett en god weet wat nog.

En jy wonder oor dit alles, dalk het jy al moed opgegee, dalk is jy nog lus vir baklei. Vat-vat aan jou verkyker, soek deur die hang vir nuwe voëls om af te merk in jou Robertson’s voëlboek, vee jou sweterige palms af aan jou netjiese groen broek, een van daai ou gunstelinge in jou kas wat net so ’n paar olievlekke dra van die keer wat die kar op pad see toe gebreek het teen die pas af. Jy maak lyste op in jou kop van plekke om te besoek, bakkies om te koop en jou beste vriende se vrouens wie jy graag sou wou bykom wanneer die buurt stil is en die passie hoog loop tussen tuisgebakte koekies en die reuk van pasgesnyde grasperke. Jy kyk TV en lees koerante, surf die internet en gesels met jou vriende oor ’n whiskey. Dit lyk asof julle dieselfde dinge weet en doen.

Dalk is jy vyf-en-sestig en vryf jou hand oor jou neus, droë snot vee jy aan jou corduroy-broek af, want jy voel ’n fok en kan nie onthou waaroor dit alles gaan nie. Of dalk is jy selftevrede en rustig, nog vol moed vir die wêreld, ondanks al die oorloë en swaarkry wat jy in jou lewe al op TV gesien het, van gelees het in koerante en kan onthou uit jou kinderdae. Jou oë spring nou lomp oor die hang, en jy soek na niks nie, jy hou eenvoudig van die manier waarop die kranse en die rif en die berg en die lug bymekaar uitkom, asof dit nooit sal verander nie, asof dit die troos is waarna almal soek.

En wanneer die wind begin opkom, met ’n lae kreun, die gekla van bokke en die eensame getuimel van ’n hamerkop teen die donderwolke, wat saampak en druk, blou en wit en hoog, dan trek jou vel styf oor jou hande, stol iets onsigbaars in jou gewrigte en trek jou gesig ’n skryngroef teen die wind.

En die wêreld om jou begin beweeg, stadiger en dan vinniger, tot dit ’n tempo bereik waar alles wegglip, asof jy stilstaan langs ’n roltrap, ’n roltrap waarvan jy die bo- en onderkant nie kan sien nie. En die wind begin stukkies vel en hare van jou lyf afskuur, eers bietjies-bietjies skilfers en nerwe, maar weldra sommer stukke op ’n slag, dan jou klere en jou naels en die leer van jou skoene, met net jou skelet geanker teen die rant, asof met ’n ysterpaal, ’n mannekyn van krummels, vir ’n enkele oomblik gevorm soos die vinger van god, dan weggeskuur deur die sand. En later, net los dolosse oor die bewende grond, rondgeskommel in die sangoma se palm tot ’n volgende keer.

Lees ook Hier is ons nou (entertain us), Toast Coetzer se bydrae by Aardklop se Sol Plaatje Diskoers-reeks in September 2002.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.