NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Hierdie gruverhaalreeks is moontlik gemaak deur Party Tricks

Skrik vir niks?

Verkorte notule

Tiens Pretorius

Notule

Gesondheidsdepartement: Streekkantoor

Die Laaste Vergadering van die Bestuurskomitee, gehou by Kerslig in ‘n Betongebou om vieruur in die Oggend

Teenwoordig:

Dokter: Skraal man met ‘n goudkleurige brilraam wat blink in die kerslig. Sy skraal, intellektuele gesig is geplooi en ‘n frons ontsier sy voorkop.

(Voorsitter)

Verpleegbestuurder: Kort, plompe dame met grys hare. Sy lyk haastig om dinge afgehandel te kry. Haal vinnig asem.

Gesondheidsinspekteur: Lang, skraal man met swart en grys hare. Hy lyk rustig en skud sy notas reg om volledig en sinvol te rapporteer, soos altyd.

Die Finansiesklerk: Skraal dame met rooierige hare wat grys word. Haar oë is angstig en sy frons ook, asof sy kwaad is, maar dit is eerder vrees.

Die Administratiewe Klerk: Vet man met donkerbruin hare en ‘n rooierige snor. Sy vet gesig is uitgeswel en wys nie plooie of ‘n frons nie, maar sy donker ogies flikker benoud en hy tik senuweeagtig met sy regterskoen op die vloer.

(Sekretaris )

Notule van vorige vergadering

Die voorsitter sê die notules moet oorstaan, daar is nie tyd nie. Elkeen moet net bondig rapporteer, hy moet alles oordra aan die militêre noodkomitee. ‘n Vragmotor sal hulle netnou kom haal. Hulle word na ‘n veilige plek geneem om later ‘n nuwe kantoor te stig. Hy dra hulle gesinne op aan God.

2 Verslagdoening

2.1 Verpleegdienste:

Die nuwe entstof vir die siekte het byna te laat gekom. Spanne verpleegsters en gesondheidsinspekteurs ent mense in die streek in. Hulle word beskerm deur soldate. Gewapende bendes val hulle aan, maar die soldate kon nog alle aanslae afweer. Oorlewende personeel en die militêres is ingeënt. Daar is sover nog genoeg medisyne.

Dit lyk maar chaoties. Brandstof is min. Dit is moeilik om net met die militêre radio’s te kommunikeer.

Die siekte het die apteker ook opgeëis. Hy is te laat ingeënt.

2.2 Die Gesondheidsinspektoraat:

Lyke word uit damme en riviere verwyder en begrawe of verbrand. Knaagdiere neem oral toe. Daar is ‘n gevaar van pessiektes. Watersuiweringswerke funksioneer nog redelik goed.

Voedselvoorrade word opgeberg en beskerm, kuddes vee word deur soldate opgepas. Veevoer word ook opgeberg.

Volgens Statistieke sal net sowat ‘n kwart van die bevolking die epidemie oorleef.

Bendes waansinnige mense, gedryf deur die siekte en vrees, plunder en steel. Die Weermag verseker hom hulle begin dinge onder beheer kry.

2.3 Finansies:

Sy is bang en wil nou gaan. Tasse met lêers is ingepak. Sy en die administrasieklerk slaap op die vloer in die teekamer, ver van mekaar af. Sy kan dit nie meer hou nie, hulle móét nou gaan!

2.4 Algemene Administrasie:

Die vet man klink angstig. Sy dokumente is ook in die tasse. Dinge lyk sleg, mag God hulle help! Trane biggel uit sy oë, hy snuif en vee sy neus met die agterkant van sy hand af.

Die voorsitter lyk of hy hom wil vererg, maar bedwing hom. Die vragmotor sal nóu hier wees. Hy sal afsluit met gebed.

………………………………………………………………………………………………

Voor hy egter verder kan gaan, swaai die deur oop en die kerse waai dood. Twee donker figure met flitsligte kom die vertrek binne. Hulle skrik eers en wil opspring, maar dan sien hulle in die lig wat van die mure weerkaats word die persone het weermaguniforms aan. Dit is die soldate wat hulle kom haal het.

Hulle moet dadelik kom, die vragmotor wag onder. Die vet administratiewe klerk gryp sy tas en kyk by die venster uit. In die ligte van vragmotors sien hy stapels lyke onder in die straat. Die lorries hou stil en soldate gooi die lyke agter in. Oral brand vure, groepies mense sit daarby of hardloop rond.

Dan val hy agter die ander in. In stilte sukkel hulle in ‘n ry teen die trappe af met die flitsligte.

Die vragmotor staan gereed. Hulle sukkel om in te klim, die soldate raak ergerlik. Die vet man moet deur drie soldate gehelp word.

Hulle trek met ‘n ruk weg en val in by ‘n konvooi. Onder in Hoofstraat draai hulle teen die bult op. In donker plekke kopuleer naakte paartjies, hul wit boude en bene sigbaar in die dansende vlamme van die vure. Mense hardloop rond, kort-kort klap daar skote. Drie mans druk ‘n swart vrou vas en sny haar keel af. Die bloed spuit met ‘n boog in ‘n smeulende vuur in.

Die konvooi ruk tot stilstand. Die vet man val amper en gryp na die verpleegster. Sy vloek hom. Hulle sit twee ure en wag. Die son kom rooi op oor die see. Die vet man is geskok dat hy ‘n erotiese gevoel ervaar toe hy weer ‘n kopulerende paartjie sien. Hy kyk weg en probeer sy gedagtes beheer. Die lorrie vertrek weer, agter hulle is die vure, die rookmis en die malende mense gedryf deur waansin in die wete dat hulle gedoem is.

Hulle ry ure lank teen die bult uit. Die geboue daar onder, omgeef van die rookwolke, vervaag. Die bult het nie ‘n einde nie, hulle ry, die son steek en die vet man sweet. Hy voel koorsig, lighoofdig en hyg na asem. Maar die bult het nie ‘n einde nie. Hulle ry asof hulle na die son toe ry. Die vet man kan dit nie hou nie, hy pluk sy klere af. Hy sien die finansiesklerk trek haar bloesie uit en kyk na hom met begeerte.

Skielik besef hy: “Hierdie lorrie is op pad hel toe!” Die son is die hel en hulle ry soontoe! Hulle is om die bos gelei. Daar onder, tussen die sterwendes, is die ware lewe. Hulle gaan hel toe, besef hy weer toe hy uitspring.


Tiens Pretorius
Gebore 1945 in Umtata. Gaan skool op Elliot, Aliwal-Noord en laastens Oos-Londen, waar ek matriek maak in 1963. Werk by verskeie staatsdepartemente in Pretoria en Kaapstad, maar meesal in Port Elizabeth. Woon nog steeds in Port Elizabeth. Nooit getroud nie.
  Tiens Pretorius



LitNet: 31 Oktober 2005

Maak 'n draai by Party Tricks

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.