NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Asdag

Johan Nieuwoudt

Dinsdag is asdag. Vroeër het Tshwane die asdae laat tred hou met vakansiedae, sodat ons telkens moes onthou die dag het verskuif. Nou werk dit baie beter, want al wat ons moet onthou is dat Dinsdag ons dag is.

Dinsdag was ook altyd die dag wat Stefaans by ons kom werk het, langer as twintig jaar al. Ons het hom by Francis, my ma se oudskolier en lewenslange vriendin, geërf. Eintlik het ons haar dikwels verwens oor dié erflating, want Stefaans was lui, meesal dronk en altyd aan die geld leen. Hy was ook versot daarop om te snoei waar hy nie moes nie en om die snoeiskêr buite te vergeet en so te laat oproes.

Maar Stefaans kon lag, selfs vir my geringste grappies wat niemand anders eers effens snaaks sou vind nie. Dit was ook nie 'n gemaakte lag nie. Jy kon sien hy lag uit sy binneste uit. Ek onthou hoe hy geskater het die dag toe ons Roelof se sywurm begrawe het, hoe hy dit geniet het as ek hom plegtig by die hek gehandgroet het as ek die dag in 'n goeie bui was.

Waarom het ek hom nie so gegroet die laaste Dinsdag toe hy kom werk het nie? So het ek gedink toe die tyding by ons uitkom, Stefaans het verongeluk. Hy was dronk en het hom deur 'n groot venster dood geval.

Dit het ons 'n hele paar weke geneem om te weet hy is dood. Ons het wel geweet iets is verkeerd, want hy het nie sy Kersfeesbonus kom haal nie. Omdat ons nie wis waar hy bly nie, kon ons nie seker wees nie. Toe die sekerheid kom, het ons aardig gevoel, want ons het die ou dikwels weggewens.

Stefaans se werksklere in die buitebadkamer het egter agtergebly totdat Maria, die swart vrou wat by ons werk, daarop aangedring het dat die klere moet weg. Vanoggend het ek sy bruin broek wat met 'n das vasgemaak is, sy witterige hemp met die bruin klawers versier, sy ou bruinvaal trui en die wit gehawende hardloopskoene alles in een plastieksak gesit. Die erflating het ek buite op die asblik gaan sit vir die asmanne.

Toe ek die pakkie op die asblik sit, begin ek huil. Ek huil want ek besef dis al begrafnis wat Stefaans gaan kry. Langer as twintig jaar het ons paaie Dinsdae gekruis en al graf wat hy by my kry, is die plastiek-asdrom. Ek huil vir Stefaans, maar ek huil ook omdat die wete van menswees in my binneste brand.


Johan Nieuwoudt
Ek's op die plaas Oorskot (Boshoff distrik) in die Vrystaat gebore. Daarna het ek draaie gemaak by Krugersdorp, Maraisburg en oplaas Pretoria waar ek nou nog woon. Ek het by Stellenbosch, UP en Unisa geswot.
Vir baie jare al hou ek my doenig met die sielkunde. Noudat aftrede om die draai is, gaan ek probeer om stories te skryf ...
  Johan Nieuwoudt



LitNet: 23 Mei 2005

Wil jy reageer op hierdie verhaal? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.