NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Hanru Niemand
(oorspronklik van die Paarl) is tans ’n tweedejaar-Sielkundestudent aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy hou egter vol dat enige ooreenkomste tussen laasgenoemde universiteit en “StudenteDorp” bloot toevallig is. “Die Verhale van Jacobus Grimm” is sy eerste gepubliseerde werk.
  Hanru Niemand

Aankoms en landing: epiloog

Hanru Niemand

Rob skink vir hom ’n glas whiskey. Dit is 02:00, en hy’t pas die laaste set van die aand gespeel. Desnieteenstaande is daar nog redelik baie mense in Die Versteekte Kelder/The Hidden Cellar.

“So what’s up with the BeskermingDiens Agent, Jack,” vra hy vir Jacobus, “why isn’t she getting more people out of jail?”

“It’s difficult for her. They’re watching her more closely now, so she can’t try anything too risky.” Soos om met Jacobus Grimm te tango so deur die tafels deur. Soos om ’n enkele koppie koffie saam met hom te drink.

“Shit. We need more people, Jack.” Hy lig die whiskeybottel op, en beduie daarmee of Jacobus ’n glas wil hê. Jacobus weifel ’n oomblik. Hy drink nooit whiskey nie, maar die plek se koffie is nie baie lekker nie. Of dis net nie lekker genoeg nie. Rob het al die bottel moedeloos neergesit wanneer Jacobus Grimm oor die tafel leun en die bottel met ’n stewige hand beetkry.

“Glad to see you’ve come along.” Rob lag soos ’n veteraan wat al baie vriende in oorlog verloor het. Is dit waarop alles neerkom, wonder Jacobus, ondergrondse oorlewing? Tim Banjo weg, Ryna vir alle praktiese doeleindes ook. Maar hy kan nie omdraai nie, hy kan nie teruggaan Buiteland toe nie. Die staatsmusiek sal hom laat kots, soos Die Idool hier in StudenteDorp. En daar is Tim Banjo ook weg, asook Ryna vir selfs praktieser doeleindes.

“Can we live like this forever, Rob?” Jacobus se mond trek skeef van die whiskey se smaak.

“It’s all we’ve got, Jack.”

“I know, but you’re not answering my question.” Rob vat ’n sluk van sy whiskey, leun terug en maak ’n opname van alles wat in Die Versteekte Kelder/The Hidden Cellar aangaan, asof hy daaruit wysheid wil put.

“It’s a question of hanging on.”

“Just hanging on?”

“You Afrikaans people have a good word for it: vasbyt. Till we know what we can do. In the meantime, what good is it to sit and sulk about Tim Banjo? He’s not here now, that’s the fact.” Ryna ook nie, dink Jacobus. So dis vasbyt, Jacobus Grimm, vasbyt tot daar miskién ’n uitkomkans is.


Aankoms en landing:
I: Botsing met die gereg
II: Op soek na Tim Banjo
III: Die verbanning van die blues
IV: Die blues underground

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.