NetFiksie - nuwe fiksieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW Hiemstra Trust



Elias P. Nel word groot in Verneukpan en later in Kraaifontein. Hy is ’n pakhuisbestuurder by die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap. Sy bundel kortverhale, Iets goeds uit Verneukpan?, het einde 1998 verskyn. Elias is ook ’n bestuurslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging.
  Elias P. Nel
Nog kortverhale deur Elias P. Nel:

Wanneer twee wêrelde bots ...

“Ja Boetie, dissie storie,” begin oom Dawie Olifant van Kenhardt sy verhaal oor sy eerste besoek aan die Kaap iewers in die vyftigerjare.
    Jy sien Boetie, ek wat Dawid Olifant is was in my dag des lewens nog nooit in ’n anner dorp as Tjênnart’ie. Hiers ek geboor, opgegroot, bietjie skool gegaan, vrou gevat en gewerk. Toe kommit so lat ekkie slag hier moet op Kaap toe. My oudste broer wat hier innie voorjare Kaap toe getrek het, is mos so skierlik geoorlere. Nouja, sy tjeeners het hier opgelui na Meester Mouers toe. Dis nou lat ek moet opkom Kaap toe virrie begrafnis, want ek is mossie enigste broer wat nog lewe en da ôk noggie jongste. Ek woo eersie. Kyk ek tjên nie daai wêreld daarlangsie. Maar my oumens wil niks weetie. Blo sy my daar: ‘Dawid Olifant, jy maak lat jy innie Kaap kom om vir Boeta Wikkels soose ordentlike mens te loop bêre. Hoe sallit nou lyk as sy enigste broer nou nie êns by sy begrafnis issie? En nogge ding; jy staan nou op en loop soek ’n slagding solat jy da’em ’n vleisraggeitjie ka saamvat. Jy kan mossie oppie stomme tjeeners watte geval gehadit se nekke loop lê nie.’
    Nouja Boetie, as my Oumens eersie dag sy voet neergesitit, ka jy ma hierie kant toe of doerie kant toe prebeer ma loskom sal jy loskommie. Ek reël toe vir my ’n gelegenteit mette skaaplorrie tot byrie slagpale in Mytlint waar broer Willem se tjeeners my moet kom kry. Val ons da een Vrydagmôre sommer nog halfnag hier innie pad, Kaap toe. Toe die son uitkom toet ek my da’em geverkyk aanie wêreld hierop. Tot hierso kort duskant Seerus lyk hy maar soos onse wêreld, ma ou Boetie, daarna! Groen, Boetie, vreeslik groen en so vrugbaar! Ek wens toe nog ek kan so ’n stukkie van daai aarde kry om petats en pampoen te plant. Nouja, op die wikkels Boetie, voor ek my kom kry toes ons innie Kaap. Maar hoe, daai mouterkarre loop daar bamper aan bamper. Dis net so sjoep-sjap dans hulle verbyrie lorrie. Laai Piet Metlaar my voorie slagpale se hekke af. ‘Oom Dawie moet maar so ’n bietjie vertoef, ons is ’n bietjie vroegerag. Oom se mense sal seker nou enige tyd hier aankom.’ Toes hy daar weg. En daar staan ek op godsverlate vlakte in ’n vrinne wêreld wat ek va ga adamskant af tjên nie. Nou moet jy weet Boetie, ek het biesaaids my soetkys ôk nog ’n hele slagding in ’n streepsak by my. Staan ek daar en ek wag en ek wag. Maar al wat uitkom is oorel broer Willem se tjeeners. En ek raak benoud wat ek sien hier kom ’n ding. Maar daai wêreld se mense is da’em vir jou ongemanierd. Tjên hulle da van groet en welstanings vra? Nee, hulle loop net verby, hoe ek nou ôkal groet en môre sê. Laterie marrag kom daar twee meisiemense aan, groterage vrouens. Kom staan hulle so ’n distansie van my af. Ma ou Boetie! Praat daai mense vir jou ’n soort taal, ek kan eersie uitmaak wat hulle sê nie. Dis net “joe nou, verstaan djy, kinners wat net klaa iet en rondloop en ag sjym,” soos hulle stane gesels. Later kan ek dit nettie meer hou nie. Ek staan toe naders en ek vra: Askies tog, maar kan Miesies-goet altemit vir my beduie waffer kant lê Tiervlei se wêreld? Hulle stane kyk my so snaaks aan skoon of ek ’n anner taal praat. Toe ek weer vra, toe vra die een: Issie Mister van buite af? Kan jy dit glo Boetie? Hier staan ons aldrie buite oppie vlak ennie vroumens wil by my weet of ek va buitekant af kom. Hoe bedoelie Miesies dan nou? Nei, ôs mien ma net, waarvanaan kommie Mister? Dis da’em toe so ’n bietjie beterder. Ek is ôkkie linksie en ek vertel daar vir hulle presies hoelattie hele affêring nou einklik werk. Hoelat ek uit Tjênnart se wêreld uit mettie skaaplorrie gekommit om my oorel broer Willem in Tiervlei te kom begrawe. En hoelat Meester Mourens met sy tjeeners gereël het om my byrie slagpale te kom kry. En vannie slagding wat ek spessiejaal geloop koopit solat hulle wattie die onnerwêreld tjên nie, da’em ka proe hoelat onse onnerwêreld se vleis smaak. En ek vertel vir hulle hoelat Piet Metlaar my vimôre waffer tyd hier afgelaai het en van oorel broer Willem se tjeeners wattie uitkommie. En of hulle nie altemit vir oorel broer getjên hettie. En ou Boetie, hulle stane luister my so in en ek sien hoelat hulle vir mekaar grim. En toe ek sien lat hulle so effens met mekaar stane lag, toe stjêp ek sommer nuwe moed. Ek vra toe ôk sommer: Wil Miesies-goet my nie asse-Here-blief help lat ek net in Tiervlei ka uitkom om my broer te gaan begrawe nie. Sê die vooropppie-wa ene: Nei, daa’sie foutie Mister, ôs ken virrie mister se broe. Ag sjym, sou sêd lattie Mister se broe nou afgestêfit. Ma moenie warrie nie, ôs sal sôg lattie Mister in tyd is om agte Mister se broer se lyk te gaan.
    Stane gesels ons nog so Boetie, toe skrou een vannie vrouens, ek dink dissie stil enetjie: Mister, hie kôrie bas! Vat sogelank Mister se soetkys, ôs twie sallie Mister se bêg innie bas in sit. Ek is ôkkie linksie, ek het gehoor lat jy innie Kaap se wêreld wakker moet slaap. Toe daai bus stop, toe bespring ek hom daar en ek gaan sit en wag lattie twee vrouens moet inklim. Ma wat hulle wat daai wêreld tjên is toe te starag, voor hulle kan inklim, toe ry daai bus onner hulle uit. Ek skrou virrie drywer: Asseblief stop tog net gou, daai anties moet ôk nog inklim. Hulle het my vleis wat ek uit Tjênnert uit vir oorel broer Willem van Tiervlei se begrafnis saamgebring het! Ma dink jy hy steur vir hom aan my? Hy traak’ie, ry net aaneen. Later kom vra ’n anner een: Tiekets plies! Ek sitte kyk hom so, toe vra hy: Hoe vê gaatie Uncle? Tiervlei toe, Boetie, sê ek vir hom. Dans ou Grootman oppie verkeere roet. Hierie bas ga depou toe, ôs is klaa gewêk virrie dag. Amper in trane wil ek van hom weet: My Here my ou tjeent, hoe sal ek da glo nou maak? Nei ou Grootman moet byrie depou afklim en davanaanaf vêrre gaan. Ek sien toe hys gladtie lus om verder met my opgeskeep te sittie. Ek prebeer trugkyk offie anties met my vleis noggie aankommie. Maar ek kan niks sien nie. Sien net die groot agtervenster vannie bus. Daars in sukke rooi letters geskrywe. Nadat ek lank gespelle het, kons ek da’em toe lees wat latit sê. Daar staan: Ien kys of êmmerjênsie fors dis glas out. Weet toe ôkkie so mooi wat lat dit betekendtie en lossit toe maar. Ek voel te aardig, vreeslik teleur oorlat my vleis nou by daai twee vrinne anties is en ek weetie hoe om hulle innie hanne te kry nie. Daar byrie bus se staning laai hulle my af en ry is so ’n groot jaarts in. Ek sien lat daar binne innie jaarts sommer nog baie anner buste staan. En daar staan ek toe! Ek weetie waffer kant toe nie. En ek hou al wat ’n bus is wat daar verbykom dop om te kyk offie vroumense met my vleis nie altemit in een van hulle issie. Ek meen ek kan my mos da’em gevoel hoelat hulle moet voel. Hiers ek wat hulle net wil gehelpit weg en daar staan hulle met my sak vleis. Dis mos lat enige mens sal sleg voel. Maar wat hulle kommie uitie. Ek troos my toe daaraan lat mos da’em gesê het hulle tjên vir oorel broer Willem. So sal hulle seker maar laterie vleis soontoe vat. Later toesit al sterk skemer en ek is so na aan trane soos lanklaas. Ek sien al in my gedagtes hoe dood ek hier in hierie vrinne wêreld en niemand sal weet wat van my geword hettie. En nou moet jy weet ou Boetie, die karre loop nou eers bamper aan bamper en pertykeers loop hulle sommer so sy aan sy ôk hier voor langs my verby.
    Later kom daar ’n man verby, hy lykkie vir my te onaardiggie en ek loop hom storm. Asseblief tog my Mister, vra ek mettie trane wat sommer so van self loop. Help my da om in Tiervlei uit te kom. Hy stane beluister my so toe ek my storie vertel van hoelat ek innie ding in gekomit. Toe sê hy al raad wat hy het is lat ons poelieskamp toe gaan. Die poliese sal my altemit ka help om in Tiervlei by broer Willem se mense uit te kom. Sit ek daai heel godse nag in daai poelieskamp en wag. Hulle ka my nie vattie want hulle moet eers die kant toe en da weer doerie kant toe ry vir prebleme. Eersie volgenne môre net so met lig saam toes hulle los en hulle vat my Tiervlei toe. Ek, Dawid Olifant wat nog nooit poeliesvên gery hettie, ry daar in daai grote Kaap agter innie poeliesvên!
    Toe ons daar by oorel broer Willem se huis stop, toes ek so hartseer, smaak vir my ek het virrie eerste keer gehoor lat broer Willem dood is. Seker maarie blygeit oor als nou oor is wat my so gelat huilit. Die tjeeners is toe ôk al dood gebekommer oorlat hulle my daar byrie slagpale gemis het. Maar wat, toes als mos da’em weer olraait en ek moet net wikkel om klaar te maak vir oorel broer Willem se begrafnis. Ons kôns hom da’em toe oppie ou ent mooi bêre daar in daai sawwe grond van daai wêreld. Narie begrafnis het ek nog byrie tjeeners verneem offie anties mettie vleis dalkies al daar opgedaagit. Maar hulle sê toe nee. Ek is seker daai twee vrouemense het nog lank daar in Tiervlei se wêreld rondgedraai soos hulle vir my gesoekit om vleis vir my trug te sjee. Maar ou Boetie dis laas! Ek sittie weer ’n voet hier uit my wêreld uit om in ’n anner vrinne wêreld te loop draai nie!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.