Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Groot inspirasie uit groot beperking

Ingrid Lehmensich

 

Boekbekendstelling
Twee Siklusse deur Wilhelm Knobel
CP Nel-museum.

Die lewe kan ook maar verstommend ironies wees. Jou grootste beperking kan ook jou grootste inspirasie wees. Só was dit ook die geval met die Ongewapende Man, oftewel die digter uit die sestigs Wilhelm Knobel.

In 1954, terwyl hy in sy eerste jaar op Stellenbosch was, word hy oorval deur sy eerste akute maniese aanval van bipolêre versteuring, 'n toestand wat hom die res van sy lewe geteister het en hom ook uiteindelik sy lewe kos.

Ten spyte van hierdie geweldige, psigies verlammende toestand, of "die dier" soos hy dikwels daarna verwys het, behaal hy groot sukses met sy gedigte en lei dit inderwaarheid tot insipirasie.

André P. Brink het Wilhelm in sy huldeblyk in Rapport van 13 Januarie 1974 "een van Suid-Afrika se merkwaardigste intellektuele" genoem. Die digter se broer, prof. Deon Knobel, sê die nuwe bundel Twee Siklusse en die ander herdenkings van sy 70ste verjaardag is nie net bedoel om hom te huldig nie. Die jonger digters wat hom nie geken het nie en die ouer digters wat hom vergeet het, moet hom ook deur sy gedigte ontdek en herontdek. Want daar is soveel warmte, drama, patos en skoonheid in sy gedigte.

"As mens al die geskrifte bymekaar kon sit, sou dit tien sestien-sitplek tafels vol gemaak het," het Amanda Botha, kuns- en literatuurjoernalis, by die boekbekendstelling gesê.

Wilhelm Knobel het in sy slaap in 'n verpleeginrigting, waar hy vir 'n hiperakute maniese aanval behandel is, doodgegaan. Prof. Knobel het gesê hy het tóé spesifiek aangedring dat daar 'n na-doodse ondersoek gedoen moes word "want ek het geweet, mense sou nou weer sê dat hy selfmoord gepleeg het".

Twee Siklusse kan by die Boekeparadys gekoop word.





LitNet: 6 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.