Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Nederig van stasie na stasie

Riaan Smit

Die wêreld soek nie meer 'n skurwe hand nie, hy soek nou 'n gladde bek, sê Faan in Pieter Fourie se gevierde drama, Faan se Stasie.

Te midde van 'n jonger geslag gladdebek akteurs, is die bekroonde akteur Paul Eilers, wat die karakter Faan vertolk, 'n skurwe hand, 'n vakman.

Op 61 het Eilers, ná 'n afwesigheid van 20 jaar op die verhoog, by verlede jaar se KKNK die veeleisende rol van Faan in Faan se Trein gespeel en is hy met 'n Kanna as die beste akteur bekroon.

Tydens die laaste kleedrepetisie by verlede jaar se fees het hy met sy gesig teen 'n werkbank op die verhoog geval en drie van sy voortande gebreek. Die volgende dag was hy op die verhoog nadat dit 'n tandarts vier ure geneem het om sy tande reg te maak. As sy tande nie reggemaak kon word nie, sou hy sonder tande gespeel het, want dit sou nogal die karakter van Faan gepas het, het hy toe geskerts.

Vanjaar word beide Faan se Trein en Faan se Stasie by die KKNK opgevoer. Die karakter Faan is in beide produksies van bykans twee ure elk deurlopend op die verhoog. "Wat Eilers doen, is wêreldklas," sê die regisseur Albert Maritz. "Die beste akteurs in die wêreld kan nie doen wat hy doen nie."

Faan se Trein is in 1975 die eerste keer opgevoer en is binne 'n paar maande deur 80 000 mense gesien. Pieter Fourie het Faan se Stasie as opvolg geskryf. Beide tekste is 30 jaar later nog net so aktueel. "Die trefkrag vir die hede lê dalk in die aksent op klasseverskille - 'n erfsonde waaraan die mens seker nooit sal ontsnap nie," sê die program van Faan se Trein.

Eilers meen dat die stukke werk omdat daar 'n "egtheid" daaraan is. "Daar is nie politieke of enige ander agendas daarin nie. Dis konsert; 'n greep uit die lewe uit." Hy sê die rol van Faan is "'n fantastiese voertuig vir enige akteur" en dat Maritz "'n medalje verdien" omdat hy die guts gehad het om die stukke te doen. "Dis vir 'n paar regisseurs aangebied wat nee gesê het."

Hoe doen hy dertien fisiek uitputtende vertonings in sewe dae? Eilers waai beskeie in die rigting van 'n opwarmingsfiets in die kleedkamer. Hy is 'n uur-en-'n-half voor elke vertoning in die kleedkamer, ook om sy stem op te warm, sê Maritz.

Eilers het teologie aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en "halfpad deur" 'n toneelstuk van die Johan Fouriegeselskap in Wellington gesien.

"Ek het gedink: Hier is die regte universiteit," lag hy. In so 'n rondreisende "toneelgeselskap" doen 'n akteur alles van programme verkoop tot stelle bou en afbreek. Sy eerste rol was in 1964 in Niemand se Liefling.

"Dit was vir vier jaar lank 'n ongelooflike leerskool. Daar is nie 'n dramaskool wat jou dit kon leer nie," sê hy.

Daarna het hy by die destydse streeksrade gewerk en met die koms van TV in verskeie treffers gespeel, mees onlangs in Jan Scholts se Song vir Katryn. "Jan het my alles van film geleer," sê hy.

Faan se Trein word van einde Mei in die Kunstekaap-teater opgevoer en Faan se Stasie wys middel-Junie by die Hoërskool Durbanville.


LitNet: 6 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.