Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Meesterlike samesyn van kleurvolle mense en stories

Marenet Jordaan

 

Imbumba/Samesyn
Vertolkingsprogram
Absa-burgersentrum
R75 tot R95

Wanneer kunstenaars pret het op die verhoog, word dit vir die gehoor soveel makliker om ook ‘n produksie te geniet.

Met die eerste opvoering van Imbumba/Samesyn op die fees het die handeklap al voor die einde van die eerste toneel spontaan begin opklink. En nie sonder rede nie. Hierdie stylvolle versnit van eg Suid-Afrikaanse verhale en musiek roer duidelik die hartsnare van die gehoorlede én die akteurs.

Jy voel kompleet of jy saam met Karolina Mooinooi (Anna-Mart van der Merwe) en Kruger Strydenburg (Gys de Villiers) deur die platteland op reis is. Teen die agtergrond van hul tere liefdesverhaal en soeke na mekaar, ontmoet die kyker ‘n string eiesoortige karakters wat hul eie staaltjies wil vertel.

Die skrywer-regisseur Jaci Smith het die woorde van woordmeesters soos N.P. van Wyk Louw, Elisabeth Eybers en Breyten Breytenbach ingespan om dié tablo’s te skep. Die teks is ‘n soomlose vermenging van Afrikaans, Engels en Xhosa.

Die akteurs vervleg die onderskeie stories sonder enige ongemak. Boonop is die wyse Umprofeta (Lerato) die heeltyd byderhand om ‘n mens deur die karakters se emosies te lei. Van die oomblik wat De Villiers, saksofoon in die hand, langs die orkes verskyn, weet ‘n mens die musiek gaan ook ‘n karakter op die verhoog wees. Die befaamde musiekregisseur Janine Neethling en haar orkes skep vir die akteurs ‘n platform waarop hulle kan lostrek met jolige danspassies en hartroerende ballades. Veral De Villiers se weergawe van Anton Goosen se “Sy’s ‘n Lady” en Jolette Odendaal se “Darling” het beïndruk. Odendaal (voorheen van Cut Glass) lei ook haar mede-sangers, Jill Middlekop en Relebogile Mabotja, in ‘n baie effektiewe weergawe van Chris Chameleon se toonsetting van die Ingrid Jonker-gedig “Pop val stukkend”.

Die akteurs se fynafgeronde spel en sang word gekomplementeer deur goedgekose kostuums - van helder aandtabberts tot nagkabaais en ‘n goue pruik vir De Villiers as ‘n winkelpop.

‘n Mens kan dit nie waag om Imbumba/Samesyn in ‘n boksie te probeer druk nie. Dit het nie verniet verlede jaar die Beeld Plus-Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk by Aardklop gewen nie. Dis ‘n teaterervaring wat jou wil maak dans, laat sing en van voor af lief maak vir alles wat van hiér is.





LitNet: 5 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.