Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Duik vir cover, hier kom nog stank-klanke

Jan Gerber

As ek nog ‘n cover hoor, gaan ek kots! En gister was maar net die tweede dag van die fees.

Waar jy ook al stap, word die klankgolwe besoedel deur ‘n Nashville country twang of ‘n tribute aan ’n ontslape held uit die sestigs.

Vrydagaand: Ná ‘n lang tog in die motor is rock ’n roll net wat ek nodig het om te herstel. Ons sit in ‘n watergat waar ‘n rockgroep optree. Die sanger trek los: “Kos ai mm frie! Frie fô lieng!”

Ek en my tjommie kyk vir mekaar, glimlag hartseer, roep die kelnerin nader vir die rekening en sluk ons drankies af.

Ongelukkig is die kelnerin nie haastig nie en word ons met nog ’n Amerikaanse pop-rock-nommertjie gefolter voordat die rekening kom. Ons kan nie vinnig genoeg uit die plek kom nie.

Saterdag: Ek loop verby die RSG-verhoog. ‘n Frisserige knaap basuin in ‘n hoë stemmetjie uit: “Hei Joed! Dount meik iet bêd.”

Hoe later hoe kwater by RSG. ‘n Paar hoërskool-laaities wat hard probeer om hul kuiwe lank te laat lyk, probeer Metallica se “Nothing Else Matters”. Nou hoe wil ‘n mannetjie wie se stem skaars gebreek het, soos growwe-rowwe James Hetfield klink? En dan sê ek maar niks van die kitaarspel nie.

Haastig stap ek in Baron van Reede af. Iewers uit ‘n donker tent hoor ek dat “ôl ien ôl iets jast anôderr … briek in de wôl”. Hiert, Pink Floyd is in die Klein-Karoo! Nee, toe nie.

Ek stap verder, verby die watergat van Vrydagaand, waar middeljarige mans vir Dire Straits cover. Ek stap maar aan, alleen, leen, leen …

“Lalie was onherkénbaar!” vertel ‘n vriendin, wat nie skaam is om te erken sy was by die Klipdrift-verhoog nie. Iemand het dié Koos Kombuis-liedjie daar probeer sing.

Gisteroggend: Ek stap verby ‘n klompie tente waar die lug na braaivleis ruik. Vanaf ‘n verhogie kraai ‘n tannie: “Mamma mie-ah, heer aai ghou a-ghên! Maai, maai! Ai could nêver lêt joe go.” Sjit! Hoekom onthou enigiemand nog vir ABBA?

Weer eens by RSG. Twee omies en ‘n backtrack dink terug aan die “sammer of siekstie naain”. Hoekom lyk dit vir my die meeste mense wat covers sing, is nie meer so nat agter die ore nie? Hemel mense, as jy dit nou nog nie in die musiekbedryf gemaak het nie, gaan jy dit wragtag nie met tweedehandse, oorsese treffers doen nie. Oom, as jy ‘n middeljarekrisis het, speel jou kitaar in die garage, of koop ‘n motorfiets. Tannie, ‘seblief, jou kinders kry skaam.

Daar is genoeg regte musikante in Suid-Afrika. Mense wat kreatiewe dinge aanvang, hart en siel in hul musiek inploeg. Hoekom is hul stemme so skaars op die fees? As ek dit nie mis het nie, staan KKNK tog vir Klein Karoo Nasionale Kunstefees.




LitNet: 3 April 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.